Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all 263 articles
Browse latest View live

Leeus deel straf uit in honderdtal

$
0
0
Leeus deel straf uit in honderdtal

Andrew Poolman - 'n Vertoning benede hul beste is genadeloos deur 'n afgeronde opponent uitgebuit, toe die Windhoek Draught Welwitschias die naweek 'n drag slae teen die Goue Leeus op die lyf geloop het.

Die tuisspan het op Alberton met 112-14 gewen – sy tweede oorwinning uit twee in die SuperSport uitdaagreeks – nadat hy rustyd reeds met 49-0 voorgeloop het.

Meer as 'n uur was verstreke en die Namibiërs was reeds met 70-0 agter, voordat hulle die eerste keer daarin geslaag het om 'n drie te druk. Lesley Klim het afgerond toe die Welwitschias ná 'n aanvallende skrum 'n agterlynbeweging uitgevoer en senter Francois Wiese sy aangee na die regtervleuel weggekry het.

Klim het later ook 'n onder­skepdrie gedruk, maar met sestien drieë teen twee was dit eenrigtingverkeer.

“Te veel van die drieë is afgestaan wanneer 'n enkele duikslag nie uitgevoer is nie. Dit is nie verbasend dat ons verloor het nie, want uit ons ontleding vooraf het ons geweet dat dit so hard soos enige wedstryd ooit sou wees,” het die Namibiese afrigter Lyn Jones gister aan die koerant gesê.

“Ons is almal bewus van die harde werk en opofferings wat voorlê om ons span kompeterend te maak. Ons aanvallende spel was weer eens baie positief. Ons het twee goeie drieë gedruk en het meer as vier minute op die Leeus se doellyn bestee sonder dat ons beloon is.

“Aan die ander kant, 'n span wat honderd punte afstaan, maak ons almal weer deeglik bewus hoeveel werk nog voorlê vir almal wat by rugby betrokke is.

“Wat vandag belangrik is, is hoe ons volgende Sondag reageer teen nog een van die reuse in die Curriebeker, die Pumas.”

Volgens die afrigter het die losvoorspelers Thomasau Forbes en Roderique Victor, slot Max Katjijeko en losskakel Theuns Kotzé hul kant gebring.

Vir die Leeus het die Leeus se skerpskutters pale toe met elkeen van die 16 doelskoppogings geslaag. In die eerste helfte was dit losskakel Shaun Reynolds (sewe) voordat Siya Masuku (nege in die tweede helfte) opgestuur is om by hom oor te neem.

Die lang slot JP du Preez (2.09 m) was indrukwekkend met drie drieë, net soos die jong plaasvervanger-flank Hacjivah Dayimani wat opgestuur is met minder as 'n halfuur speeltyd oor.

Die jong flank James Venter was 'n ware terriër en is ook met twee drieë beloon, net soos die senter Jarryd Sage.

Die Leeus se driedrukkers was slot JP du Preez (3), plaasvervangerflank Hacjivah Dayimani (3), flanke James Venter (2) en Victor Sekekete, senters Jarryd Sage (2) en Gerdus van der Walt, vleuel Madosh Tambwe, losskakel Shaun Reynolds, heelagter Ashlon Davids en plaasvervangervleuel Selom Gavor. Doelskoppe: Reynolds (7), Siya Masuku (9).

Tags: 
Andrew Poolman

Span sal moet vasvat teen Pumas

$
0
0
Span sal moet vasvat teen Pumas

Andrew Poolman - Die terugkeer van Rohan Kits­hoff en Darryl de la Harpe vir komende naweek is welkome nuus vir die beleërde Windhoek Draught Welwitschias, ná die vernederende honderdtal wat die Goue Leeus hulle toegedien het.

In die Namibiërs se grootlikse gesukkel om aan te pas by die formidabele tempo waarteen die Gautengers hul ding gedoen het, sal Kitshoff se spel by die afbreekpunte gewis terug verwelkom word. Hy was laas naweek vanweë 'n keelinfeksie onbeskikbaar.

Afrigter Lyn Jones het verskeie veranderinge aangebring aan sy span wat komende Sondag die Steval Pumas opnuut in 'n wegwedstryd in die SuperSport uitdaagreeks aandurf.

Dit sal een van twee opeenvolgende wedstryde wees wat Sondag regstreekse televisiedekking vanaf die Bill Jardine-stadion in Johannesburg sal kry. Eerste draf die Namibiërs teen die Laevelders uit (12:00 Namibiese wintertyd op SuperSport 4), gevolg deur die Goue Leeus se tuiswedstryd teen die Valke (14:00).

In die lostrio verdien Thomasau Forbes twee weke se blaaskans, nadat hy in die afgelope weke se fisieke wedstryde 'n baie hoë werkverrigting gelewer het.

Op slot is beide Muniovita Kasiringua en Mahepisa Tjeriko deur knieprobleme platgetrek. Dit bring mee dat hul jong klubmaat van FNB Unam, Thomas Kali, vertrou word om in die nommer viertrui te begin met Max Katjijeko langs hom.

Ruan Ludick is ook terug op die reserwebank, nadat hy een week afgelê het sedert 'n besige vertoning teen die Blou Bulle in Windhoek.

Die haker Gerhard Lötter het intussen siek geword. Sy plek word deur Shaun du Preez gevul en die jong Obert Nortjé bly op die bank.

Agterlangs is senter Darryl de la Harpe en vleuel Gino Wilson teruggeroep in die plekke van Francois Wiese en Aurelio Plato, wat weggelaat is om David Philander na heelagter te laat verskuif.

Waarnemers van klubrugby is opgewonde om te sien hoe Adriaan Booysen se bekendstelling in die SuperSport-reeks sal verloop.

Die gewese o.18 Cravenweek-kaptein van Elnatan 'n klompie seisoene gelede, het as student sy rugby in Bloemfontein gespeel, voordat hy vanjaar na Windhoek verhuis het en met sy kraglopies vir FNB Wanderers impak gemaak het.

'TEMPO EN FISIEKHEID'

Afrigter Jones het gister op 'n nuuskonferensie gesê die teleurstellende nederlaag met 112-14 teen die Leeus is vir alle Namibiese spelers 'n wekroep oor die vereiste vlak vir enigiemand wat ambisies van professionele rugby koester.

“Die voorseisoen van November tot Februarie is die tyd om fiks te word. Dit is 'n wet van die natuur – nie net my siening nie.

“Dis die tyd om nee dankie vir die vleisbraai te sê en ja vir die oefensessies,” het hy geskerts.

Die voormalige Walliese toetsflank van die 1990's het herhaal dat dit belangrik is om op die opbou na Namibië se groter rugbydoelwitte te fokus.

“In die provinsiale kompetisie het die Welwitschias verlede jaar twee honderdtalle teen minder gerekende opposisie as die Goue Leeus afgestaan.

“Dit is 'n kompetisie waarin daar min genade bestaan indien jy foute begaan of nie die pas kan volhou nie. Ons werk voortdurend daaraan om vyftien spelers op die veld te kan stuur wat as 'n eenheid opgewasse is om hul man op dié vlak te staan.

“Ons weet die Pumas is een van die kragtige unies en dat ons weer net 'n skrale wenkans sal staan indien ons alles reg doen. Ons opponente in die Curriebeker eerste liga sal meer volgens ons portuur wees.”

Jones sê die Namibiërs sal nie hul wedstrydplan in twyfel trek nie, maar dat dit die spelers se verantwoordelikheid is om die spoed en fisieke aanslag van hul Suid-Afrikaanse opponente te hanteer.

Die Windhoek Draught ­Welwitschias:

15 David Philander

14 Lesley Klim

13 JC Greyling

12 Darryl de la Harpe

11 Gino Wilson

10 Theuns Kotzé

9 Eugene Jantjies (kapt)

8 Roderique Victor

7 Leneve Damens

6 Rohan Kitshoff

5 Max Katjijeko

4 Thomas Kali

3 Andries Rousseau

2 Shaun du Preez

1 Collen Smith

Reserwes: Obert Nortjé, Christo McNish, AJ de Klerk, Ruan Ludick, Adriaan Booysen, Cameron Klassen, Heinrich Smit.

Andrew Poolman

Spanje neem wraak teen Namibiërs

$
0
0
Spanje neem wraak teen Namibiërs

Die Namibiese rugbyspan sal Woensdag 'n veel meer afgeronde vertoning moet lewer as hy enigsins in die wedloop wil bly in vanjaar se Wêreldrugby Nasie­bekertoernooi wat vir die eerste keer in Uruguay aangebied word.

Die Namibiërs het heelwat foute begaan in hul openingsnederlaag met 15-13 teen Spanje.

Rustyd was die spanne nog gelykop op 3-3.

Namibië en Spanje is beide kandidate om vir die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan te kwalifiseer en dit is selfs moontlik dat hulle in dieselfde groep kan eindig – indien Namibië volgende jaar as die regstreekse Afrika-wenner en Spanje as die repechage-kwalifiseerder na vore tree.

'n Terugslag is dat die Sharks-senter Johan Deysel sy arm gebreek het toe hy op 'n bal geval het en raakgeskop is. Hy is ná 62 minute deur Darryl de la Harpe vervang.

Beide spanne het in die tweede helfte met meer aanvallende spel vorendag gekom as gedurende die eerste 40 minute, waarin strafskoppe deur Theuns Kotzé en Bradley Linklater die enigste punte was.

Namibië se heelagter Chrysander Botha het die eerste drie van die toernooi ná 49 minute gaan druk, nadat hy 'n goed geplaaste skoppie deur die senter Johan Deysel opgevolg het. Kotzé het verdoel.

In sy 42ste toets het Botha sy 20ste toetsdrie gedruk, om nou net een agter Eden Meyer te wees. Meyer (21 drieë in 21 toetse) is steeds tweede op die Namibiese rekordlys ná Gerhard Mans (27 drieë in 27 toetse).

Spanje het min gras onder hul voete laat groei voordat die Europeërs ná 56 minute teruggeslaan met 'n dryfbeweging ná 'n lynstaan wat in 'n drie deur die plaasvervanger Lionel Tauli afgerond is.

Linklater se doelskop het van die regoppaal weggespat.

In die 60ste minuut het Kotzé 'n strafdoel bygevoeg (13-8), maar Tauli het kort daarna sy tweede drie gaan druk. Hierdie keer het Linklater se skop getref vir die twee punte wat die verskil gemaak het.

Spanje het met dié oorwinning wraak geneem vir die ewe naelskraapse nederlaag met 34-32 teen Namibië in dieselfde toernooi 'n jaar gelede, toe Russell van Wyk die gelykmakende drie gedruk het en Theuns Kotzé die twee wenpunte met die skoen bygevoeg het.

Ná ses ontmoetings sover in toetsrugby het Spanje die telling nou vier-twee in sy guns gemaak en bly 'n doring in die Namibiese vlees.

Wanneer Wêreldrugby vandag vir die nuwe week sy ranglys op datum bring, sal Spanje in sy 18de posisie bly, terwyl Namibië met een plek na die 20ste plek sal terug­sak. Rusland skuif in die 19de posisie in.

Twee jong spelers van FNB Unam het hul debuut in die opdrafspan gemaak. Lesley Klim (22 jaar) het Namibië se toetsspeler nommer 299 sedert onafhanklikwording geword, met die slot Mahepisa Tjeriko (24) speler nommer 300. Tjeriko is in die 58ste minuut deur die 21-jarige Pukke-nuweling Johan Retief vervang.

Die Namibiese span was: 15 Chrysander Botha, 14 Lesley Klim, 13 JC Greyling, 12 Johan Deysel, 11 Johann Tromp, 10 Theuns Kotzé (onderkaptein), 9 Eugene Jantjies, 8 Renaldo Bothma (kaptein), 7 PJ van Lill, 6 Wian Conradie, 5 Tjiuee Uanivi, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 Aranos Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Casper Viviers.

Reserwes: Louis van der Westhuizen, AJ de Klerk, Collen Smith, Johan Retief, Christo van der Merwe, Damian Stevens, Cliven Loubser, Darryl de la Harpe. Al die reserwes behalwe Loubser is gebruik.

RUSLAND VERRAS

'n Passievolle Rusland het 'n oorwinning met 39-38 teen die Argentynse A-span behaal, wat ietwat ongelukkig was dat 'n potensiële wenskop in die laaste sekondes skeef geseil het. Rusland se kragtige skrumwerk het die Suid-Amerikaners verras en was 'n faktor in die wedstryd.

Die gasheerland Uru­guay het met 'n sege van 30-21 teen Ontluikende Italië weggespring.

In Woensdag se volgende ronde speel Namibië teen die Italianers (15:00 Namibiese tyd), gevolg deur die Argentyne teen Spanje en ten slotte Rusland teen Uruguay.

Die Namibiërs se laaste groepwedstryd is Saterdag teen Rusland.

Andrew Poolman

Phil se kaarte geskommel teen Italianers

$
0
0
Phil se kaarte geskommel teen Italianers

Andrew Poolman - Afrigter Phil Davies het vir Namibië se tweede wedstryd by die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi in Uruguay die spelers nader geroep wat nie in laas naweek se naelskraapse nederlaag teen Spanje betrokke was nie.

Om 15:00 Namibiese tyd (11:00 in Montevideo) skop die Namibiërs se wedstryd teen die Ontluikende Italianers af.

Beide spanne sal met hernude dringendheid opdraf om vir hul bloedneuse in die eerste ronde te vergoed. Namibië is met 15-13 deur Spanje geklop, terwyl Italië hom met 30-21 teen die gasheerland Uruguay vasgeloop het.

Toe die Namibiërs in verlede jaar se toernooi in Boekarest, Roemenië in sy laaste wedstryd teen Ontluikende Italië te staan gekom het, was dit die avontuurlike aanvalle deur die agterlyn wat 'n puik oorwinning met 38-26 help opstapel het.

Môre begin beide spanne egter op 'n skoon bladsy – veral met die string veranderinge in die Namibiese span.

Spelers wat uit die 23-tal gelaat is, sluit in die senter Johan Deysel wat met 'n gebreekte arm huis toe gestuur is en die haker Torsten van Jaarsveld, wat ná die naweek las van sy nek ondervind het en gespaar word om reg vir die finale toets Saterdag teen Rusland te wees.

Heelagter Chrysander Botha kry ook ruskans, met sy OP Kings-spanmaat Johann Tromp wat van linkervleuel na die laaste vesting verskuif. Tromp se 11-trui word deur die haastige Gino Wilson ingeneem, wat in laasjaar se ontmoeting met die Europeërs twee drieë afgerond het.

Damian Stevens begin in die 9-trui in Eugene Jantjies se plek.

Op agtsteman bly Renaldo Bothma in sy posisie, maar met twee nuwe flankmaats in Janco Venter en Christo van der Merwe, wat beide in die Westelike Provinsie rugby speel.

In Venter se plek kry Ruan Ludick sy kans om die slotmaat vir Tjiuee Uanivi te word.

Stut Collen Smith en haker Louis van der Westhuizen kry ook hul kans in die beginspan in die plekke van Casper Viviers en Van Jaarsveld.

Op die reserwebank is die senter/vleuel Justin Newman en losskakel Cliven Loubser die enigste potensiële nuwelinge wat nog nie 'n toets agter hul naam het nie.

Die Namibiese kaptein Renaldo Botha is positief dat die Namibiërs hul kans sal aangryp om hulself te bewys.

“Ek dink ons het (teen Spanje) onder omstandighede nie sleg gedoen nie. Ons het amper 'n jaar laas saam gespeel en ons het net 'n week saam gehad. Plus die skeidsregter het glad nie goed geblaas nie, maar ons gaan dit nie as verskoning gebruik nie.

“Ons moet aanpas wanneer daar omstandighede buite ons beheer is, maar ek het steeds baie vertroue in die span. Dit is rerig 'n baie talentvolle en goeie span.”

“Die atmosfeer in die groep is uitstekend en die ouens het geleer uit die ondervinding teen Spanje. Ons wil die grondslag lê om in die Afrikabekertoetse in Julie en Augustus deeglik voorbereid te wees.”

Die Namibiërs het intussen ook een oefensessie saam met Argentinië-A gehad om foute te help uitstryk.

Die Namibiese span vandag:

15 Johann Tromp

14 Lesley Klim

13 JC Greyling

12 Darryl de la Harpe

11 Gino Wilson

10 Theuns Kotze (onderkaptein)

9 Damian Stevens

8 Renaldo Bothma (kaptein)

7 Janco Venter

6 Christo van der Merwe

5 Tjiuee Uanivi

4 Ruan Ludick

3 Aranos Coetzee

2 Louis van der Westhuizen

1 Collen Smith

Reserwes: Shaun du Preez, AJ de Klerk, Casper Viviers, Wian Conradie, PJ van Lill, Eugene Jantjies, Cliven Loubser, Justin Newman.

• Vandag se later wedstryde: Argentinië-A tn Spanje; Uruguay tn Rusland.

Regstreekse videostroom behoort op www.worldrugby.org te wees.

Andrew Poolman

Italianers wéér deurmekaar gehardloop

$
0
0
Italianers wéér deurmekaar gehardloop

Andrew Poolman - Die Namibiese rugbyspan het in sy tweede wedstryd van die Wêreldrugby Nasiebekertoer­nooi skouspelagtig aan die gang gekom en het die Ontluikende Italië met 38-22 'n pak slae gegee.

Rustyd het dit egter glad nie goed gelyk in die Estadio Charrua in Uruguay se hoofstad Montevideo nie, want 'n agterstand van 22-7 het die Namibiërs in die gesig gestaar.

In die rustydpraatjie sou daar ver­skeie sagte oomblikke gewees het om op terug te kyk – veral wat die verdediging naby aan die losskrums betref.

Die hanteerwerk agterlangs, veral wanneer skoppe onder beheer gebring moes word, was ook gebrekkig.

Met hul uiteindelike ses drieë teen vier het afrigter Phil Davies se span die agterstand egter met groot oortuiging ingehaal en verbygesteek.

Die regtervleuel Lesley Klim het ná 28 minute sy eerste drie in die nasionale trui gaan druk (hoewel Namibië net wedstryde teen ander nasionale spanne as toetse erken).

Die vlugvoetige Klim is loshande die voorste agterspelervonds in Namibië in die laaste twee seisoene en het op volle vaart 'n vlak aangee van los­skakel Theuns Kotzé raakgevat vir 'n betreklik maklike lopie doellyn toe.

Dit het ná rustyd elf minute geduur voordat Namibië se kaptein Renaldo Bothma met 'n tipiese kraglopie uit een laagvat gebars en ondanks nog twee duikvatte die doellyn gehaal het.

Kotzé se doelskop was regs verby, maar net vyf minute later het hy 'n grondskoppie verby die Italiaanse agterspelers gestuur. Darryl de la Harpe was daar om dit netjies op te raap en vinnig sy sentermaat JC Greyling weg te stuur om rondom die verdediging sy pad doellyn toe te vind.

Theuns Kotzé was net ná die uurmerk die volgende Namibiese driedrukker. Dit het begin met 'n tweede strafskop-lynstaan naby die doellyn, waar die voorspelers eers vasgemaak het voordat 'n swakkerige aangee na Kotzé eintlik ook vir hom die halwe gaping laat raaksien het om langs die regterpaal te gaan oorval.

Kotzé se taktiese skopvoet was nog lank nie klaar om drieë vir Namibië te skep nie en 'n dwarsskop na regs is sekuur in Klim se hande geplaas, wat een man voor hom geklop het om te gaan druk.

Met speeltyd verstreke het Gino Wilson ook sy drie in die hoekie gaan afrond nadat die 20-jarige toetsnuweling Cliven Loubser as plaasvervanger 'n rollende bal netjies opgepik en die linkervleuel op 'n lopie weggestuur het. Loubser en Justin Newman het in die laaste tien minute hul debuut van die bank af gemaak.

Kotzé het die wedstryd met elf punte afgesluit wat ook drie doelskoppe ingesluit het.

SOOS IN 2016

Vreemd genoeg het Namibië verlede jaar die Italianers met 'n bykans identiese telling (38-26) geklop toe die toernooi in Roemenië aangebied was.

Ontluikende Italië se kaptein, George Iacob, was agterna in die media-onderhoud bitter teleurgesteld. “Met so 'n groot voorsprong rustyd het ons beslis gedink ons het die wedstryd in die sak,” het hy erken.

Hy wou nie sy span se jeugdigheid as 'n verskoning voorhou nie.

“Die All Blacks het ook jong spelers van ons ouderdom wanneer hulle die Wêreldbeker wen.”

Namibië se Renaldo Bothma het uitgewys dat die spinnerakke van die samespel afgeskud moes word, want nadat Namibië in die laaste ­November-periode nie toetsrugby gespeel het nie, het bykans 'n jaar verloop vandat hulle laas bymekaar was.

“Ons het vandag nie goed begin nie, maarnamate die wedstryd begin vloei het, het ons ons vaste fasette beter begin uitvoer. Ons wedstrydplan het toe in plek begin val. Ons is 'n jong span en ek is baie bly dat ons die knoop deurgehaak het.”

Die Namibiërs, wat die toernooi met 'n naelskraapse nederlaag van 15-13 teen Spanje geopen het, sluit Saterdag met nog 'n toets teen Rusland af.

• Die uitslae van gisteraand se later wedstryde (Argentinië-A teen Spanje en Uruguay teen Rusland) was teen druktyd nie bekend nie.

Andrew Poolman

Kragtige Pumas seil voort

$
0
0
Kragtige Pumas seil voort

Andrew Poolman - Die sukkelende Windhoek Draught Welwitschias het hul laaste wedstryd van die SuperSport uitdaagreeks met 'n ietwat beter vertoning afgesluit, hoewel die Steval Pumas steeds gemaklik met 42-8 gewen het (rustyd 21-0).

Baie is al gesê oor die gaping wat Namibië tans probeer oorbrug tussen die amateurspelers uit sy plaaslike klub­liga en Suid-Afrika se beroepsunies. Die gaping was Saterdag steeds ooglopend ondanks die brawe vertoning deur die Namibiese spelers voor 'n kleinerige skare in die Hage Geingob-stadion.

Die Pumas het met dié oorwinning hul kanse vir die halfeindronde van die kompetisie lewendig gehou. Ná sewe wed­stryde elk in die noordelike groep is die Goue Leeus (31 punte) en die Blou Bulle (27) die voorlopers en die Pumas is derde (24), met laasgenoemde wat komende naweek in hul tuisstadion op Nelspruit teen die Valke afsluit.

Die fisieke spel van die Pumas en die tempo waarteen hulle te werk gaan, was opnuut die Namibiërs se grootste uitdaging. Drieë deur die skrumskakel Emile Temperman, vleuel JP Lewis en agtsteman Carel Greeff wat almal deur los­skakel Kobus Marais verdoel is, het hulle rustyd 'n voorsprong met 21-0 besorg.

Daar was kere dat die Welwitschias hulself in goeie posisies op die veld geplaas het, maar hulle kon net nie die knoop deurhaak nie. Die kaptein en flank Winmar Rust het een skuins strafskop pale toe gehad waarmee hy nie kon slaag nie.

Met 'n lynstaandryf het die flank Francois Kleinhans die Pumas se eerste drie ná rustyd gaan druk.

Sias Ebersohn, die plaasvervanger vir Marais, het oorgeneem en met elkeen van sy drie doelskoppogings geslaag, ná nóg 'n oorstootdrie vir Carel Greeff van 'n vyfmeterskrum en in die doodsnikke 'n drie deur Jannie Stander.

Die Welwitschias het nooit gaan lê nie en net tien minute van die wedstryd was oor toe Rust uiteindelik met 'n strafdoel hul nulletjie uitgewis het. Vier minute later het die Welwitschias 'n bal deurgeskop en gejaag, van waar losskakel Dirkie von Weidts weggebreek het vir 'n onverdoelde drie in die hoek.

Die Namibiërs sal in Augustus, ná die toetsperiode, hul provinsiale deelname in die Curriebeker eerste liga hervat.

RUSLAND KLOP NAMIBIë

Die Namibiese toetsspan het gister sy tweede nederlaag uit drie wedstryde by die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi in Uruguay gely.

Rusland het die kragmeting oortuigend met 31-10 gewen nadat hy rustyd met 19-5 in beheer was.

Die Russe het in die skrums goed gevaar en het onder meer in die eerste helfte 'n strafdrie daarmee afgedwing.

Namibië se eerste onverdoelde drieë het van die heelagter Chrysander Botha gekom nadat hy die linkervleuel Gino Wilson op 'n lopie gestuur het en weer in posisie was om sy binneaangee te ontvang. Halfpad deur die tweede helfte het Theuns Kotzé en Botha vinnig hanteer om Wilson vir sy drie naby die pale oor te jaag.

“Ons het nie ons vaste fasette goed uitgevoer nie en het foute gemaak wat in Rusland se hande gespeel het.

“Ons het nie in die regte gebiede gespeel nie en het ook te veel besit in ons eie helfte verloor. Dit wys op 'n mate van onervarenheid, maar ons het op dié toer jong spelers kans gegee en ons kyk vorentoe,” het die kaptein Renaldo Bothma agterna in die TV-onderhoud gesê.

Andrew Poolman

Pumas kommen zu souveränen Sieg

$
0
0
Pumas kommen zu souveränen Sieg

Von Olaf Mueller, Windhoek

Mit der 8:42-(0:21)-Niederlage verabschiedet sich Namibias B-Nationalmannschaft aus der SuperSport Rugby Challenge als Tabellenletzter. Die Gäste aus Nelspruit haben hingegen durch den Sieg die Chance gewahrt, noch den zweiten Rang des Tableaus zu ergattern. Damit wären die Steval Pumas zur Teilnahme am Currie Cup berechtigt.

Zu insgesamt sechs Tries kam das Team, das derzeit den 3. Tabellenplatz innehat und strich dafür einen Bonuspunkt ein. Das letzte Aufeinandertreffen der beiden Mannschaften hatten die Pumas vor heimischer Kulisse dominiert. Die Welwitschias wurden mit einem 64:8 wieder nach Hause geschickt.

Im Hage-Geingob-Stadion unterstrich das Team von Trainer Lyn Jones, dass „wir mit allem dagegenhalten werden, was wir aufbieten können“. Der namibische Übungsleiter hatte dies vergangene Woche in der Nachlese des Spiels gegen die Golden Lions angekündigt. Trotz des eindeutigen Ergebnisses ist die Leistung der Welwitschias nicht zu unterschätzen, da mehr als die Hälfte der Stammspieler derzeit in Uruguay beim Nations Cup aktiv sind. Vor allem der Kampfgeist der Jones-Truppe erschwerte den Gästen das Auftreten als Favorit auf den Sieg.

Der Start in die Partie gestaltete sich für beide Teams eher schleppend. Keine der Mannschaften fand so richtig ihren eigenen Rhythmus. Erst nach zehn Minuten gelang es den Pumas, zum ersten Mal einen Fehler in der Abwehr der Hausherren zu nutzen und den ersten Fünfer zu erzielen. Emile Temperman gelang es, die Verteidigungsriege der Welwitschias zu knacken.

Die 7:0-Führung der Gäste war zugleich der Wendepunkt der Partie. Nur wenige Minuten später profitierte der Flügelspieler Jean-Paul Lewis von der guten Arbeit seines Scrums und legte das Ei zum zweiten Mal in der Endzone der Gastgeber ab. Kobus Marais erwies sich an diesem Nachmittag als treffsicher und schraubte das Ergebnis in der 15. Minute durch die zwei verwandelten Extrapunkte auf 14:0 hoch.

Danach hatten die Pumas ihren Rhythmus gefunden und kamen noch vor der Pause zu weiteren sieben Punkten. In der 24. Minute tankte sich Carel Greeff durch die Abwehr der Welwitschias und erhöhte auf 19:0. Marais verwandelte sicher zum 21:0. Das war gleichzeitig auch das letzte Zählbare, bevor es in die Katakomben ging.

Auch wenn Trainer Jones in der Pause die richtigen Worte gefunden zu haben schien, gehörte die erste Aktion, ähnlich wie in Halbzeit eins, nach rund zehn Minuten den Gästen. Francois Kleinhans gelang es im Gedränge, das Ei in der 48. Spielminute hinter der Mallinie der Welwitschias abzulegen. Der mittlerweile ins Spiel gekommene Sias Ebersohn erwies sich ebenso treffsicher wie Marais und erhöhte auf 28:0.

Mit allen Mitteln versuchten die Gastgeber, zu Punkten zu kommen und brachten die Pumas immer wieder in Bedrängnis. Diese verstanden es, ihre Endzone sauber zu halten und nutzten in der 57. Minute eine Lücke in der Abwehr der Welwitschias: Greeff markierte seinen zweiten Try des Abends, Ebersohn sicherte die Extrapunkte.

Die Fans der namibischen B-Auswahl mussten bis zur 74. Minute warten, bis der Abwehr der Pumas ein Flüchtigkeitsfehler unterlief. Dirk von Weidts war der Nutznießer, als er einen Pass abfing und die freie Bahn bis in die Endzone nutzte. Die Extrapunkte ließ die Jones-Truppe liegen. Zuvor hatte Winmar Rust durch einen Penalty aus der 71. Minute für die ersten drei Punkte gesorgt. Von Weidts Try war auch gleichzeitig die letzte zählbare Aktion der Gastgeber, die zwar immer wieder die Pumas unter Druck setzten, doch keine weiteren Punkte mehr sammeln konnten.

Das Schlusswort gehörte den Gästen, die mit dem Abpfiff durch Jannie Stander zu einem weiteren Fünfer kamen. Ebersohn addierte zwei weitere Zähler zum 42:8. Mit dem Sieg festigen die Pumas den dritten Rang in der Gruppe Nord, drei Punkte hinter den Blue Bulls (27). Am letzten Spieltag kommt es zum Spitzenspiel der Bullen, die den Tabellenersten Golden Lions empfangen. Mit einer Niederlage der Bulls und einem Sieg der Pumas, die die Hino Valke empfangen, würde das Team aus Nelspruit die Blue Bulls von Platz zwei verdrängen.

Die Windhoek Draught Welwitschias können sich jetzt voll auf den Afrika Gold Cup konzentrieren, der gleichzeitig die Qualifikation zur Weltmeisterschaft 2019 in Japan bedeutet. Das erste Spiel des Wettbewerbs tragen die Namibier am 1. Juli aus. Gegner ist Gastgeber Tunesien. Die weiteren Kontrahenten sind Kenia, Senegal, Simbabwe und Uganda.

Olaf Mueller

Toernooi op 'n middelmatige noot afgesluit

$
0
0
Toernooi op 'n middelmatige noot afgesluit

Andrew Poolman - Die Namibiese rugbyspan het in 'n middelmatige vierde plek klaargemaak by die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi wat Sondag ten einde geloop het.

Hul nederlaag met 31-10 teen Rusland beteken dat Renaldo Bothma en sy manne op dié toer eintlik net een vertoning uit drie gelewer het waaroor 'n mens huis toe sou skryf.

Dit was toe hulle teen Ontluikende Italië in die tweede helfte teruggeveg het om 'n agterstand van 7-22 uit te wis en 'n oortuigende oorwinning met 36-22 te behaal.

Ongelukkig was dit nie 'n erkende toetswedstryd wat enige invloed op Namibië se plek op die wêreldranglys sal hê nie, maar net 'n internasionale wedstryd. Die Italianers was die enigste wenlose span in die toernooi en is ook verlede jaar deur Namibië geklop.

Die Namibiërs het op die eerste dag ook nie besonder goed gespeel toe Spanje hulle met 15-13 geklop het nie.

Vir afrigter Phil Davies en sy bestuurspan was die toer 'n kans om weer die nouer bande te smee nadat Namibië in November nie in die internasionale seisoen wedstryde gespeel het nie. Met etlike nuwelinge wat ook intussen kans gekry het om beproef te word, het die samespel met tye nie heeltemal gevlot nie.

Die gasheerspan Uruguay het die toernooi gewen deur sy opwindende laaste wed­stryd teen Spanje met 21-14 te beklink.

Argentinië se A-span het die derde plek opgeëis deur Ontluikende Italië met 15-10 te klop.

Die spanne se eindposisies was dus: 1 Uruguay, 2 Rusland, 3 Argentinië-A, 4 Namibië, 5 Spanje, 6 Ontluikende Italië.

Sedert Namibië die toernooi in 2010 gewen het, het hy min opflikkeringe getoon om te wys dat hy benewens sy string Afrika-titels na die volgende vlak kan opskuif.

AFRIKABEKER

Die Namibiërs, wat gisteraand reeds vanaf Sao Paulo op pad terug na Johannesburg was, se fokus verskuif nou na die Afrikabekertoernooi se A-afdeling wat vanjaar met twee spanne vergroot is.

Namibië spring op 1 Julie weg met 'n besoek aan Tunisië en speel 'n week later tuis teen Senegal. Op 15 Julie kom speel Zimbabwe in Windhoek en die volgende naweek het Uganda 'n kans om voort te bou nadat hulle verlede jaar die beste opposisie vir die kampioenspan Namibië was.

Op 29 Julie is Kenia die laaste span wat in Windhoek kom besoek aflê.

Andrew Poolman

Schwaches Ende beim Nations Cup - Nächstes Ziel: Der Afrika Gold Cup

$
0
0
Schwaches Ende beim Nations Cup - Nächstes Ziel: Der Afrika Gold Cup

Windhoek/Montevideo (ehe) - Das namibische Rugby-Nationalteam hat am Sonntag sein letztes Spiel beim Nations Cup gegen Russland verloren. In Uruguays Hauptstadt Montevideo verlor die A-Mannschaft der Welwitschias mit 10:31 und landete damit in der Endabrechnung auf Platz vier. Beim Nations Cup gingen in diesem Jahr sechs Nationen an den Start, das Turnier fand zum zwölften Mal statt und soll den Nationen aus der zweiten Reihe der Weltrangliste eine Wettkampffläche bieten. Die Heimmannschaft Uruguay holte sich den Gesamtsieg, Russland landete auf Rang zwei, gefolgt von Argentinien, Namibia, Spanien und Italien.

Der russische Winger Denis Simplikevich eröffnete für die Russen gegen Namibia mit dem ersten Try das Spiel, ehe Bogdan Fedokto schnell einen zweiten Versuch legte, wodurch Russland mit 12:0 in Führung ging. Das Team von Phil Davies gab sich jedoch nicht geschlagen und fand den Anschluss - Chrysander Botha legte noch vor der Halbzeit das Ei hinter der Mal-Linie ab. In der zweiten Spielhälfte beendeten die Russen die Hoffnung auf ein enges Match, indem sie kurz hintereinander zwei Trys erzielten und dadurch die Probleme der namibischen Abwehr entlarvten. Die Truppe um Trainer Nikolay Nerush dominierte von da an das Spiel nach Belieben. Erst am Ende schafften es die Welwitschias, einen weiteren Try durch Gino Wilson zu erzielen. Der sichtlich niedergeschlagene Kapitän Renaldo Bothma beschrieb das Spiel als „freien Tag im Büro“. Er sei jedoch froh, dass die Mannschaft in jedem Spiel alles rausgehauen habe und man nun wüsste, in welchen Bereichen es zu arbeiten gelte.

Wegen Nations Cup und anderer Länderspiele in den vergangenen Wochen gab es in der Rugby-Weltrangliste viel Bewegung. Die im Turnier ungeschlagenen Uruguayer kletterten auf Platz 18, Russland stieg auf Rang 19 und Spanien auf Position 20. Namibia rutsche hingegen vom 19. auf den 21. Platz ab und wird nun direkt von Deutschland verfolgt. Die Truppe des Deutschen Rugby-Verbandes (DRU) hatte am 27. Mai in Nairobi das Team aus Kenia in einem spannenden Match mit 30:29 geschlagen und verbesserte sich dadurch auf den 22. Platz der Welt.

Eine ernüchternde Aussicht für Namibias Rugby Union (NRU) so kurz vor dem wichtigen Africa Gold Cup. 2016 holten die Welwitschias zum dritten Mal in Folge den Gesamtsieg bei diesem Turnier. Durch einen weiteren Erfolg kann die Truppe das bislang enttäuschende Jahr noch zum Guten wenden. 2018 dient der alljährliche Africa Gold Cup zusätzlich als Qualifikation für die Weltmeisterschaft 2019 in Japan. Daher ist es für die Welwitschias in diesem Jahr wichtig, nicht auf einem der beiden Abstiegsränge der Gold-Kategorie zu landen. Andernfalls würde der Zug zur WM definitiv ohne die namibische Auswahl abfahren.

Der Kontinentalverband Rugby Africa hat seine Mitgliedsnationen nach den Leistungsniveaus eingeteilt. Namibia, Kenia, Senegal, Tunesien, Uganda und Simbabwe spielen aktuell in der stärksten Division, dem Gold Cup. Danach folgen der Silber Cup, der Bronze Cup sowie verschiedene regionale Gruppen - Südafrika ist als Halbfinalist der vorigen Endrunde 2015 in England automatisch für die WM qualifiziert.

Emanuel Hege

Davies wag vir unies se antwoorde

$
0
0
Davies wag vir unies se antwoorde

Andrew Poolman - Met die nasionale span terug van sy toer in Uruguay en die Windhoek Draught Welwitschias se aanspraak op die SuperSport-reeks daarmee heen, is dit 'n relatief stil week vir Namibiese rugby.

Lyn Jones, afrigter van die span in die provinsiale kompetisie, het vir 'n paar dae na sy geboorteland Wallis teruggekeer, maar het vooraf reeds met die klubs gekommunikeer oor watter spelers vrygestel is om komende naweek klubrugby te mag speel.

Die spelers in die nasionale groepe sal soos normaalweg by die Namibië Rugby-unie se hoëprestasiesentrum met hul gimnasium- en kondisioneringsprogram voortgaan.

Phil Davies, afrigter van die nasionale span, wag in sommige gevalle nog op terugvoer van die professionele klubs en unies van wie vrystelling van Namibiese spelers gevra is. Teoreties het nasionale unies gedurende die vensterperiode van Junie tot Augustus die eerste keuse en mag klubs nie in spelers se pad staan wat vir toetsrugby opgeroep word nie.

Die 2017 Afrikabekerreeks begin vir Namibië, as verdedigende kampioen van die afgelope drie jare, op 1 Julie wanneer hulle in Tunisië gaan besoek aflê.

Daarna volg nog wedstryde op elke Saterdag in Juliemaand, onderskeidelik teen Senegal (tuis), Zimbabwe (tuis), Uganda (weg) en Kenia (tuis).

Elke span in vanjaar se kompetisie se vernaamste doelwit sal wees om nie laaste te eindig en sodoende vir 2018 gerelegeer te word nie. Volgende jaar se Afrikabeker A-afdeling sal immers as die kwalifiserende wedstryde vir die 2019 Wêreldbeker in Japan dien.

Davies het tevore 'n aggressiewe doelwit verklaar dat Namibië moet streef om hom teen daardie tyd na die 15de plek op die wêreldranglys op te werk.

In die laaste twee weke het Namibië egter met twee plekke teruggesak tot 21ste. Dit was die gevolg van hul nederlae teen Spanje en Rusland by die pas afgelope Wêreldrugby Nasiebekertoernooi wat in Uruguay gehou is.

Met die langer termyn in gedagte was dié uitslae nie katastrofies nie, want 'n doel was vir die toer gestel om 'n paar nuwelinge in die nasionale groep te integreer. Lesley Klim (vleuel), Justin Newman (senter), Cliven Loubser (losskakel), Johan Retief en Mahepisa Tjeriko (slotte) is die spelers wat op die toer hul toetsdebute gemaak het.

Een ervare speler wat gewis buite rekening vir diens in die Afrikabeker is, is die Sharks se senter Johan Deysel wat in die toets teen Spanje sy arm gebreek het.

Andrew Poolman

Kitshoff lei jong span na Tunisië-toets

$
0
0
Kitshoff lei jong span na Tunisië-toets

Andrew Poolman - Die verlies van 'n formidabele 202 toetse se gesamentlike ervaring om 'n verskeidenheid redes, spel reeds gevaar vir die Namibiese rugbyspan wat vandag 'n lang reis na Tunisië aanpak vir sy openingswedstryd van die 2017 Afrikabekertoernooi.

Beserings, werk- en kontraktuele verpligtinge asook familieredes was van die faktore wat dit glo 'n rowwe week in die kantoor van die Namibië Rugby-unie gemaak het om die mees kompeterende span vir die naweek in die veld te kan stoot.

Renaldo Bothma moes as kaptein vervang word omdat hy nie deur die Blou Bulle vrygestel is nie. Die vurige agtsteman staan glo 'n stewige kans om vir komende naweek se hervatting van Superrugby sy terugkeer vir die ligbloues te maak.

Hoewel Bothma in die tweede helfte van aanstaande maand by sy nuwe Engelse klub Harlequins moet gaan aanmeld, het hy gister aan die koerant gesê dit is nog te vroeg om met sekerheid te sê dat hy al Namibië se Afrikabekertoetse in Juliemaand gaan misloop.

Afrigter Phil Davies was in die gelukkige posisie om op Rohan Kitshoff se knoppie te kon druk om die kapteinskap oor te neem. Die Wanderers-flank het dié taak reeds vyf keer tevore verrig en is 'n veteraan van 30 toetse.

'n Gevoelige verlies is egter dat los­skakel Theuns Kotzé vir die eerste keer in jare nie in die prentjie sal wees om Namibië met sy taktiese brein en geleerde skopvoet te bestuur nie. Kotzé moes hom vanweë die finansiële jaareinde by sy nuwe werkgewer in Windhoek aan die toer onttrek. Die losskakel is die land se rekordhouer met 411 punte in 35 toetse.

Die lys van onbeskikbare spelers sluit 'n uitgelese groep Wêreldbeker-spelers in. Veral die verlies van die slotte Tjiuee Uanivi (20 toetse, skouerbesering), Pieter-Jan van Lill (45 toetse, verpligtinge in Frankryk) en Janco Venter (16 toetse, studieverpligtinge) laat 'n groot leemte.

Onder die losvoorspelers is Leneve Damens (liesbesering, 9 toetse) ook nog op die krukkelys.

Die senters Johan Deysel en JC Greyling (17 toetse elk) is ook buite rekening. Deysel het op die afgelope toer in Uruguay sy arm gebreek, terwyl Greyling vandeesweek om familieredes 'n laat onttrekking geword het toe sy oupa 'n hartaanval gekry het.

Die Vrystaat Cheetahs was ook nie bereid om hul staatmaker haker Torsten van Jaarsveld en vaskopstut Aranos Coetzee (13 toetse elk) vir Namibiese diens af te staan nie.

Ten laaste is Cliven Loubser, die belowende o.20-speler wat in Uruguay sy toetsdebuut met 'n paar minute speeltyd teen Rusland gemaak het, vanweë eksamen­verpligtinge ook nie vir die Tunisië-reis beskikbaar nie.

Elizma Theron, die NRU se waarnemende uitvoerende hoof, sê die nuwelinge wat nader geroep is, is egter ewe gretig om hul kanse aan te gryp en met goeie vertonings te wys dat hulle die nasionale trui waardig is.

“Die Afrikabeker is vanjaar belangrik vir Namibië. Ons wil vir die begin van 2018, wanneer die kwalifikasie vir die 2019 Wêreldbeker plaasvind, graag ons topposisie onder die moontlike kwalifiseerders behou sodat ons 'n gunstige loting met soveel as moontlik tuiswedstryde kan verwerf,” sê sy.

Die vier nuut gekose spelers sonder toetsondervinding is almal vanuit die geledere van FNB Unam, die plaas­like kampioen- en voorloperklub, nader geroep en het ook die stampe en stote van vanjaar se provinsiale SuperSport-reeks oorleef.

Hulle is die stut Desiderius Sethie, haker Obert Nortjé, slot Max Katjijeko en skrumskakel Helarius Kisting, wat ook as losskakel oorweeg kan word waar Eugene Jantjies waar­skynlik in die 10-trui sal begin.

Die toergroep na Tunisië is:

Stutte: Collen Smith (8), AJ de Klerk (14), Desiderius Sethie (0), Casper Viviers (22).

Hakers: Shaun du Preez (6), Obert Nortjé (0), Louis van der Westhuizen (11).

Slotte: Max Katjijeko (0), Mahepisa Tjeriko (2), Ruan Ludick (5).

Losvoorspelers: Thomasau Forbes (8), Wian Conradie (6), Rohan Kitshoff (kaptein, 30), Christo van der Merwe (3).

Skrumskakels en losskakels: Eugene Jantjies (onderkaptein, 55), Damian Stevens (8), Helarius Kisting (0).

Buite-agterspelers: Lesley Klim (1), Darryl de la Harpe (35), Justin Newman (1), Gino Wilson (6), Johann Tromp (28), David Philander (26), Chrysander Botha (43).

Die span word vergesel deur hoofafrigter Phil Davies, Roger Thompson (verdedigingsafrigter en spanbestuurder), Stuart Lewis (tegniese ontleder), Dafydd James (krag en kondisionering), Dominic le Roux (biokinetikus), Alica Mayo (fisioterapeut) en dr. Vernon Morkel (spandokter).

• Te danke aan 'n ooreenkoms wat Rugby Afrika met Kwese Sport getref het, sal alle wedstryde in vanjaar se Afrikabeker 1A-kompetisie regstreeks op NBC-televisie vertoon word.

Die res van Namibië se wedstryde is op 8 Julie teen Senegal (tuis), 15 Julie teen Zimbabwe (tuis), 22 Julie teen Uganda (weg) en 29 Julie teen Kenia (tuis).

Tags: 
Andrew Poolman

Renaldo op bank vir Bulle in Haaitenk

$
0
0
Renaldo op bank vir Bulle in Haaitenk

Cobus Claassen - Vyf veranderings en twee posisionele skuiwe is aan die Bulle se span aangebring wat Vrydagaand in Durban in die Superrugby-reeks teen die Haaie speel.

Die Bulle sal die Haaie se fisieke pak sonder die Springbokke Lood de Jager en Trevor Nyakane moet trotseer.

Terwyl die Bok-losskakel Handré Pollard nog nie ten volle van 'n enkelbesering herstel het nie, is Tony Jantjies en Rudy Paige die Bulle se skakelpaar, terwyl Kefentse Mahlo sy debuut op linkervleuel maak.

Laasgenoemde was ietwat van 'n probleem-posisie toe die blits Sibahle Maxwane, wat verlede maand sy buiging in die kompetisie gemaak het, laas Vrydagaand in die SuperSport-uitdaagstryd teen die Leeus in Soweto harsingskudding opgedoen het.

Dit is die tweede keer dié seisoen, wat beteken dat Maxwane vir ses weke buite aksie is.

Jade Stighling, ook 'n nuweling in Superrugby, het sy kakebeen teen die Leeus gebreek en kon ook nie oorweeg word nie. Jamba Ulengo en Travis Ismaiel (albei het kniebeserings) sal dalk eers aanstaande week teen die Kings kan speel.

Die keuse vir die 11-trui tussen Mahlo en die Namibiër Divan Rossouw – beide ongetoets in Superrugby – het gevolglik in eersgenoemde se guns geval.

Renaldo Bothma, wat as Namibiese kaptein nie vrygestel is vir komende naweek se Afrikabekertoets in Tunisië nie, sal op die reserwebank gereed sit as dekking vir die losvoorspeler-posisies.

Nollis Marais, die Bulle-breier, gee toe daar is net verlore eer op die spel vir sy span.

“Ons wil graag sterk eindig en dit is 'n groot geleentheid om weg teen die Haaie te speel.”

Bulle: Warrick Gelant, Duncan Matthews, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Kefentse Mahlo, Tony Jantjies, Rudy Paige, Nic de Jager, Jannes Kirsten, Ruan Steenkamp, RG Snyman, Jason Jenkins, Conraad van Vuuren, Adriaan Strauss (kapt), Lizo Gqoboka. Reserwes: Jaco Visagie, Pierre Schoeman, John-Roy Jenkinson, Renaldo Bothma, Shaun Adendorff, André Warner, Burger Odendaal, Tian Schoeman.

– Netwerk24

Semifinaliste in premierliga bepaal

$
0
0
Semifinaliste in premierliga bepaal

Andrew Poolman - Kudus se aanspraak om die semifinaal van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga te haal, is Saterdag beëindig toe Trustco United hom met 43-40 geklop het.

Reuse-oorwinnings vir FNB Wanderers en FNB Western Suburbs het beide dié spanne se posisies verstewig, met 'n enkele ronde groepwedstryde wat nog komende naweek oorbly.

Niks kan meer gebeur om te verhinder dat FNB Unam, Suburbs, Wanderers en Walvisbaai die vier semifinaliste op 22 Julie sal wees nie.

Wanderers het uiteindelik 'n mate van momentum begin vind toe hy met 71-17 oor Rehoboth rugbyklub gehardloop het, terwyl Suburbs in Khomasdal 'n wegholtelling van 85-17 opgestapel het.

Die Wit Hingste het danksy die twee kusspanne se nederlae tot die derde posisie opgeskuif.

Boaan die puntelys het FNB Universiteit van Namibië onverwags 'n afnaweek gekry toe Reho Falcon wat onderaan die puntelys is, onttrek het en nie op die kampusveld in Windhoek kom speel het nie.

By die Wanderers-veld het die tuisspan elf drieë ingeryg teenoor drie van die Rooi Bulle. Rustyd was die punteverskil nog 19-5, maar algaande het die Wit Hingste beter begin afrond teen verdedigers wat nie meer kon bybly nie. 'n Geel kaart vir Rehoboth se nasionale vleuel Russell van Wyk het ook gehelp om die gapings groter oop te maak.

Wanderers se agtsteman Adriaan Booysen het twee drieë gedruk, nadat hy met sy kragtige lopies deurgaans 'n gevaarman was. Die ander driedrukkers was buitesenter Janry du Toit (twee), die plaasvervanger-flank Kevin Thuynsma (twee), vleuels Malcolm Moore en Philip Nashikaku, slot Dirk de Meyer, haker Christie du Plessis en reserwe-agterspeler Keanan Titus

Losskakel PJ Singaram, voorheen van Windhoek Gimnasium, en senter Ethan Beukes het in die eerste helfte elkeen met een doelskop geslaag. Later is Mahco Prinsloo egter opgestuur wat met ses doelskoppe die telling verder opgejaag het.

Aan die kant van Rehoboth het sy senter Hilian Beukes, stut Marshall Mouton en skrumskakel Reduane Beukes drieë gaan druk, met laasgenoemde wat ook met 'n doelskop geslaag het.

SUBURBS RYG PUNTE IN

Op Suburbspark in Khomasdal het die tuisspan rustyd met 43-0 voorgeloop op pad na hul wegholsege met 85-17 teen Walvisbaai.

Nikin Cloete, dié keer as buitesenter, het opnuut groot skade met drie drieë aangerig, met nog 'n driekuns vir die regtervleuel Collins Omalu. Linkervleuel Japhet Tjindjo, skrumskakel JC Winkler, die agtsteman en kaptein Rhoderique Victor, flank Ryan Garoeb en slot James Kisting was die ander driedrukkers. As losskakel het Justin Nel met tien doelskoppe 20 punte vir die dag aangeteken.

Walvisbaai se flank James Marx het reeds dié seisoen die oog gevang en het met twee drieë hierop voortgebou. Sy flankmaat Cevin Harding was die ander driedrukker, met Charlton Brussel se enkele doelskop wat die kusspan se punte voltooi het.

DRAMA BY UNITED

Kudus het 'n formidabele terugvegpoging in die tweede helfte van stapel gestuur, nadat hulle rustyd met 19-5 agter was.

United het egter die naelskraapse sege met 43-40 beklink danksy drieë deur die senter Elmo van der Byl (2), vleuel Anthony Shilongo, haker Simon Kanime, slot en kaptein Winmar Rust asook die reserwe-agterspeler Mbimbo Mbai. Rust het met vier doelskoppe geslaag en losskakel Ascher Coetzee met 'n doelskop en 'n strafdoel.

Kudus het met ses drieë vir dag hou vir hou teruggeslaan. Die Walvisbaaiers se driedrukkers was die agsteman Ernesto Bampton (2), heelagter Floyd Freygang, regtervleuel Carlton Stevens, reserwe-voorspeler Marvin Muller en losskakel Aurelio Plato, wat ook met vyf doelskoppe geslaag het.

• Ná twaalf wedstryde elk is die puntestand soos volg:

1 FNB Unam 69

2 FNB Western Suburbs 50

3 FNB Wanderers 43

4 Walvisbaai 38

5 Kudus 31

6 United 27

7 Rehoboth 21

8 Reho Falcon 8

Tags: 
Andrew Poolman

Rekordtelling teen Tunisië opgestapel

$
0
0
Rekordtelling teen Tunisië opgestapel

Namibië se nasionale rugbyspan het sy erns om die Afrikabeker vir die vierde jaar op 'n streep te wen, verklaar toe hy Tunisië Saterdagaand in die kusdorp Monastir met 53-7 oorrompel het.

Dit is Namibië se grootste oorwinning nóg oor die Noord-Afrikane en oortref die wentelling van 45-13 in Dakar vier jaar gelede.

Rustyd was die kampioene net met 17-7 voor.

Vanweë verskeie beroepspelers se onbe­skikbaarheid moes veranderinge verlede week aangebring word en soos voorspel kon word, was dit nie 'n seepgladde of foutlose vertoning aan die Namibiese kant nie. Die span het egter wel sy taak verrig om met 'n oortuigende bonuspunt-sege huis toe te keer.

Die kaptein en flank Rohan Kitshoff het soos gewoonlik van die voorpunt gelei. Hy het drie drieë in die wedstryde gedruk en het weer gemaklik ingepas nadat hy die nasionale span se toer verlede maand na Uruguay misgeloop het.

Ná sy 31ste toetsverskyning het Kitshoff nou 16 drieë. Net die agterspelers Gerhard Mans (27), Chrysander Botha (21) en Eden Meyer (21) is voor hom op die algehele Namibiese rekordlys.

Die ander driedrukkers teen Tunisië was die agtsteman Wian Conradie (twee), senter Justin Newman en die plaasvervanger-agterspelers David Philander en Helarius Kisting.

Losskakel Eugene Jantjies het met vier doelskoppe en 'n strafdoel geslaag en Kisting met een doelskop.

Afrigter Phil Davies het vooraf in 'n media-onderhoud verklaar dat Namibië niks as vanselfsprekend sal aanvaar, soos die algemene opvatting dat Kenia die sterkste uitdager behoort te wees nie.

Die Tunisiërs was uiteindelik nie rêrig teenstand vir die veel meer gedissiplineerde Namibiese eenheid nie, wat met meer akkuraatheid selfs verder kon gewen het.

Al die plaasvervangers is opgestuur, wat meebring dat FNB Unam se drietal Desiderius Sethie, Helarius Kisting en Max Katjijeko hul toetsdebuut gemaak het.

Die Namibiese span was: 15 Chrysander Botha, 14 Lesley Klim, 13 Justin Newman, 12 Darryl de la Harpe, 11 Johann Tromp, 10 Eugene Jantjies, 9 Damian Stevens, 8 Wian Conradie, 7 Christo van der Merwe, 6 Rohan Kitshoff (kaptein), 5 Ruan Ludick, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 AJ de Klerk, 2 Louis van der Westhuizen, 1 Casper Viviers.

Reserwes: Shaun du Preez, Collen Smith, Desiderius Sethie, Max Katjijeko, Thomasau Forbes, Helarius Kisting, Gino Wilson, David Philander.

• In Saterdag se ander Afribekerwedstryd wat in Dakar gespeel is, het Uganda nael­skraaps met 17-16 teen Senegal gewen.

Die Wes-Afrikaanse tuisspan het hulle na bewering aan verskeie insidente van vuilspel skuldig gemaak.

Senegal speel komende naweek teen Namibië in Windhoek, met losskakel Theuns Kotzé wat weer beskikbaar behoort te wees nadat hy die afgelope naweek weens werkverpligtinge nie kon saam toer nie.

Die stand van die Afrikabeker ná die eerste twee naweke (in volgorde van wedstryde gespeel, gewen, gelykop, verloor, punte vir en teen, bonuspunte, ligapunte):

Uganda 2 1 1 0 50 49 1 0 6

Namibië 1 1 0 0 53 7 46 1 5

Zimbabwe 1 1 0 0 28 16 12 1 5

Kenia 1 0 1 0 33 33 0 1 3

Senegal 2 0 0 2 32 45 -13 1 1

Tunisië 1 0 0 1 7 53 -46 0 0

Andrew Poolman

Seges vir WHS, Affies en Gim-Leeus

$
0
0
Seges vir WHS, Affies en Gim-Leeus

Andrew Poolman - Die eerste rugbyspan van Samsung Windhoek Hoërskool het onoorwonne gebly toe hy Saterdag die jong span van Supersand Elnatan met 59-0 oordonder het.

Die wedstryd by die Vegkop-stadion was deel van beide die FNB Classic Clashes én die Momentum o.19 premierliga, waarin die Koedoebulle die verdedigende kampioenspan is.

WHS se atletiese agsteman en kaptein Oderich Mouton is agterna as die speler van die wedstryd bekroon. Hy het twee drieë gedruk, terwyl die buitesenter Elmarco Beukes 'n driekuns behaal het.

Nog drieë het van sy sentermaat Justin Muir, die slot Christiaan Hennig, losskakel Xander Coetzee en heelagter Delron Brandt gekom.

Brandt se skopvoet het ook ses doelskoppe deur die pale gestuur, terwyl Elmarco Beukes sy enkele kans pale toe laat tel het.

Die span van Stampriet het deurgaans gesukkel om al die gate toe te stop, maar behou 'n positiewe ingesteldheid in die wete dat bykans die helfte van sy huidige eerste span nog nie in hul matriekjaar is nie.

• Op Tsumeb het Ricoh Windhoek Gimnasium waardevolle punte in 'n wegwedstryd ingepalm.

Die Leeus het Rubicon Tsumeb Gimnasium met 25-18 geklop.

Afrigter Jaco Engels het vanjaar 'n betreklike jong span wat selfvertroue sal kan put dat hulle die knoop deurgehaak het op wat selde 'n maklike venue is.

Vir die wenspan het heelagter Morgan Esterhuizen, André van der Merwe (plaasvervangerslot) en die haker Louw Steenkamp drieë gedruk, terwyl losskakel Cornez Liebenberg en sy latere plaasvervanger Sammy Poulton elkeen met een doelskop en 'n strafdoel geslaag het.

Vir Tsumeb het skrumskakel Johandre Potgieter, stut Tinus van Zyl en heelagter Niell Niehaus drieë gedruk, terwyl die binnesenter Siegfried Potgieter met een strafdoel en 'n doelskop geslaag het.

Tsumeb Gimnasium se afrigter, Wouter Niehaus, sê: “Dit was 'n baie harde wedstryd. Die rustydtelling was 8-7 vir Tsumeb Gimnasium en sowat 15 minute voor die einde was ons met 18-10 voor.

“Toe kom Windhoek Gim sterk terug, maar op 22-18 vir die besoekers en met twee minute speeltyd oor was ons op die aanval.

“'n Baie bepalende strafskop in ons guns is omgedraai na 'n strafskop vir Windhoek Gim. Uiteraard het hulle toe soveel tyd as moontlik bestee aan die skop, wat oor was en wat die uitslag beklink het.”

• Windhoek Afrikaanse Privaat­skool, vanjaar geborg deur JCC/KMS geborg word, het Saterdag sy tuiswedstryd teen Walvisbaai Privaat Hoër­skool met 48-25 beklink.

Buitesenter Gerswin Mouton was weer 'n puntemasjien met drie drieë, vyf strafdoele en vier doelskoppe vir 'n formidabele individuele 38 vir die dag. Losskakel Johan Zaayman junior en vleuel Christiaan Celliers was ook driedrukkers vir die span wat in 2016 sy eerste o.19 Superliga-finaal gehaal het.

Vir Walvisbaai het die stut Ethan Theart twee drieë gedruk, terwyl Juvan Pitout met twee strafdoele en twee doelskoppe in die kol was.

Andrew Poolman

Endrundenteilnehmer stehen fest

$
0
0
Endrundenteilnehmer stehen fest

Von Olaf Mueller, Windhoek

Die Wanderers bleiben in der Rugby Premier League (RPL) weiter auf Finalkurs, während der Tabellenführer von der namibischen Universität (UNAM) zu einem spielfreien Nachmittag kam, da der Reho Falcon RC die Reise in die Hauptstadt nicht angetreten hatte. Der Rehoboth Rugby Club (RRC) musste indes eine bittere 17:71 (5:19)-Niederlage gegen die Wanderers einstecken.

Auch die Western Suburbs aus Khomasdal kamen zu einem ungefährdeten Sieg gegen den Walvis Bay Rugby Club (WBRC). Die Partie endete 85:17 (43:0) für das Team aus Windhoek. United empfing die zweite Mannschaft von der Küste, die Kudus aus Narraville (Walvis Bay), die vor allem in der zweiten Halbzeit die Partie bestimmten. Dennoch mussten die Hafenstädter mit einer knappen 40:43 (5:19)-Niederlage im Gepäck die Heimreise antreten.

Wanderers - RRC 71:17 (19:5)

Die Wanderers legten insgesamt elf Versuche, obwohl es in Spielzeit eins noch nicht nach einem deutlichen Erfolg aussah. Der RRC bot dem Team aus Pionierspark vor der Pause die Stirn und beim Gang in die Katakomben stand es lediglich 19:5 für die Gastgeber. Doch in Hälfte zwei überrannten die Hausherren die Mannschaft aus Rehoboth und stellten die Weichen zum 71:17-Sieg.

Mann des Spiels für den Hauptstadtclub war Adriaan Booysen, der nicht nur selbst zwei Tries markierte, sondern auch durch sein Laufspiel viele weitere Situationen vorbereitete, die seine Mitspieler das Ei hinter der gegnerischen Mallinie ablegen ließ. Janry du Toit und Kevin Thuynsma setzten sich ebenfalls zweimal gegen die Defensive des RRC durch und kamen zu je zwei Fünfern. Mit weiteren Tries trugen sich Malcolm Moore, Philip Nashikaku, Dirk de Meyer, Christie du Plessis und Keanan Titus auf dem Spielberichtsbogen ein. Mahco Prinsloo verbuchte sechsmal die Extrapunkte und Ethan Beukes sowie PJ Singaram addierten je einmal zwei weitere Zähler.

Bei Rehoboth kam Marshall Mouton auf einen Try-Hattrick, während Helian Beukes und Reduane Beukes vier weitere Punke sicherten. Die Wanderers haben jetzt 43 Zähler eingesammelt. Der RRC bleibt weiterhin auf dem siebten Platz.

Mit dem Sieg klettern die Wanderers wieder auf Rang drei, nachdem der Klub am vorigen Spieltag durch eine 3:22-Pleite beim Reho Falcon RC auf Platz vier zurückgefallen war. Für die Mannschaft aus Rehoboth besteht am kommenden und letzten Spieltag der Vorrunde allerdings keine Möglichkeit mehr, noch in die Finalrunde einzuziehen.

United - Kudus 43:40 (19:5)

Für die Kudus ist mit der 40:43-Niederlage der Traum von der Finalrunde ausgeträumt. Vor dem 14. Spieltag hat das Team von der Küste auch theoretisch keine Chance mehr auf die Runde der letzten Vier. Dabei hatte es anfangs im Stadtteil Olympia der Hauptstadt gar nicht danach ausgesehen, dass United am Samstagnachmittag etwas anbrennen lassen würde, obwohl auch der Gastgeber keine Chance mehr auf die Finalrunde hatte.

Bereits von der ersten Minute an nahm United das Heft in die Hand. Folgerichtig dauerte es auch keine acht Minuten, bis die gegnerischen Reihen erstmals durchbrochen waren. Dabei hatten die Hafenstädter die erste Chance der Partie, durch einen Strafstoß in Führung zu gehen. United machte es auf der anderen Seite besser, legte schnell nach und kam so bis zum Pausenteepfiff zu einer komfortablen 19:5 Führung.

Die Kabinenansprache bei den Kudus schien Wirkung zu zeigen, denn in Halbzeit zwei bot sich den Zuschauern ein offener Schlagabtausch dar, wobei United es verstand, den Gegner gerade so auf Abstand zu halten. Am Ende hatten die Gastgeber mehr Glück und brachten den 43:40-Sieg über die Zeit.

Für United waren Elmo van der Byl (2), Anthony Shilongo, Simon Kanime, Mbimbo Mbai und Winmar Rust mit Fünfern erfolgreich - Rust sicherte auch noch viermal die Extrapunkte. Außerdem kam Aschwer Coetzee durch einen Strafstoß und eine Erhöhung auf weitere fünf Zähler. Bei den Kudus war Aurelio Plato der Mann des Spiels. Mit insgesamt 15 Punkten war er der erfolgreichste Spieler seines Teams. Außerdem steuerten Ernesto Bampton (2), Floyd Freygang, Carlton Stevens und Marvin Muller weitere 25 Zähler zum Ergebnis bei. Die Kudus bleiben mit 31 Punkten weiter Fünfter vor United, das 26 Zähler aufweisen kann.

Western Suburbs - WBRC 85:17 (43:0)

Bei der dritten Partie des 13. Spieltags überrollten die Western Suburbs die Gäste vom WBRC und kamen zu einem nie gefährdeten 85:17-Erfolg. Bereits zur Halbzeit war die Partie beim Stand von 43:0 gelaufen. Nikin Cloete und Collins Omalu holten jeweils drei Fünfer und kamen zu einem Try-Hattrick, während Justin Nel durch Kicks auf 20 Zähler kam. Die Khomasdaler waren schon vor dem Spieltag für das Halbfinale qualifiziert und werden auch im Falle einer Niederlage am kommenden Wochenende Zweiter des Tableaus bleiben. Aktuell haben die Suburbs 50 Punkte auf dem Konto. Walvis Bay ist durch die Niederlage der Kudus bei United als letztes Team für die Runde der besten Vier qualifiziert. Bei sieben Zählern Vorsprung auf den Lokalrivalen ist das Ziel Halbfinalteilnahme vorzeitig erreicht.

Das Nicht-Erscheinen der Falcons bescherte indes dem Tabellenführer UNAM einen weiteren Sieg in der Vorrunde. Damit ist das Universitätsteam vor dem letzten Spieltag immer noch ohne einen einzigen Verlustpunkt und könnte mit einer weißen Weste die Finalrunde erreichen. Damit gilt UNAM schon jetzt als klarer Favorit auf den Titel. Ob das Verhalten der Reho Falcon Konsequenzen nach sich ziehen wird, ist bisher nicht bekannt.

Am letzten und 14. Spieltag müssen alle Hauptstadtteams am kommenden Samstag auswärts ran. Die Wanderers treten bei den Kudus an und der Walvis Bay Rugby Club empfängt den Tabellenführer, während die Suburbs beim Reho Falcon RC auflaufen und United beim Rehoboth Rugby Club gastiert. Eine Woche später findet dann das Halbfinale statt, bei der UNAM voraussichtlich Heimrecht gegen Walvis Bay hat und die Western Suburbs die Wanderers zu Gast haben. Sollten die Wanderers am letzten Spieltag jedoch keine Punkte erspielen und Walvis Bay sechs Zähler einsammeln, würden die beiden Teams noch einmal die Plätze tauschen. Dieses Fernduell steht daher beim Abschluss der Vorrunde im Fokus.

Olaf Mueller

Afrigting by Suburbs kry nuwe bloed

$
0
0
Afrigting by Suburbs kry nuwe bloed

Andrew Poolman - FNB Western Suburbs sal op 22 Julie met beide sy eerste en tweede spanne in die semifinale van die Namibië Rugby-unie se premierliga en reserweliga meeding.

Die direkteur van rugbysake, mnr. Walter Don, het 'n nuwe ondersteuningspan aangekondig om die rugbyklub se langtermyndoelwitte oor die volgende drie seisoene te help bereik.

Shaun Kaizemi is as die nuwe hoofafrigter aangestel in die plek van Rudolf Witbooi, wat onlangs uit die pos getree het om meer tyd aan sy familie- en werkverpligtinge te kan bestee.

Volgens Don sal die nuwe struktuur die klub se kapasiteit van afrigters verseker, deurdat gewese staatmakers van Western Suburbs wat almal as spelers tot die topvlak gevorder het, ingespan word om die klub se waardes te help vaslê.

“Die herstrukturering sal ons kapasiteit vir die toekoms van die klub vergroot. Ek is verheug dat ons in die afgelope drie maande suksesvol was om oudspelers te werf om die afrigtersposte by Western Suburbs te aanvaar sodat ons weer as 'n kompeterende krag gevestig kan word,” sê Don.

Onder leiding van Don, Kaizemi en sy afrigterspan is hy positief dat die spelers oor die volgende drie jaar behoorlike afrigting sal kry om aan die eise van moderne rugby te kan voldoen.

“Die afrigters het hulle daartoe verbind dat die klubwaardes van dissipline, 'n positiewe ingesteldheid, spanwerk en 'n strewe na uitmuntendheid sentraal sal wees in alles wat hulle doen.

“Ek verwelkom hulle amptelik terug by die klub en sien daarna uit om met hulle saam te werk.”

Die volledige afrigterspan is oudspelers wat in Suburbs se premierliga-kampioenspanne van 2008 en/of 2012 betrokke was:

• Shaun Kaizemi as hoofafrigter. Die 29-jarige oudskolier van Mariental Hoërskool het as ontluikende speler deur die nasionale ouderdomspanne, insluitend die o.20's, gevorder.

Hy het Namibiese kleure in sewesrugby verwerf en het ook op Curriebeker- en Vodacombeker-vlak gespeel. Nadat hy dié seisoen by die afrigtng betrokke begin raak het, is hy gereed om sy ondervinding oor te dra.

• Munee Tjiueza as voorspeler-afrigter. Met sy sterk lopies as baldraer en veelsydigheid tussen slot en flank was hy altyd 'n staatmaker in Suburbs se agttalle. Tussen 2012 en 2014 het hy in nege toetse gespeel, insluitend die finale Wêreldbeker kwalifiserende toernooi in Madagaskar.

Ongelukkig kon hy 'n knaende rugbesering nie afskud nie en hoewel hy net 25 jaar oud is, moes hy sy rugbystewels vir goed ophang.

• Llewellyn Winkler, as kondisioneringsafrigter, was 'n vleuel in die Wêreldbekerspan van 2011 in Nieu-Seeland en het met 'n lugskoppie vir homself die gedenkwaardige drie van die buitesenter Danie van Wyk teen Samoa aangevoor.

In totaal het hy twaalf toetse gespeel, asook 'n internasionale wedstryd teen Skotland A by die Nasiebekertoernooi in Roemenië, waar Namibië as kampioene bekroon is.

Die 29-jarige oudskolier van Hoër­skool Jan Möhr het ook ondervinding op Varsitybeker-vlak vir Maties se wenspanne van 2007 en 2008, voordat hy in die Vodacombekerreekse van 2009 en 2010 gespeel het. Beserings het hom egter ná die 2011 Wêreldbeker uit die spel gedwing.

• Attie du Plessis (34) neem as agterlyn-afrigter oor. As Suburbs-verteenwoordiger wat ook draaie by Reho Falcon en Rehoboth-rugbyklub gemaak het, het hy die nasionale sewespan gehaal.

Sy twee toetse vir Namibië was beide as 'n plaasvervanger op 2010 se toer in Spanje en Portugal, maar hy is bekend as 'n veelsydige agterspeler met flair wat ook 'n handige stelskopper was.

• In die groter prentjie van Namibiese rugby is die afrigtersgeledere van Western Suburbs 'n vrugbare teelaarde vir hoër louere, insluitend by nasionale spanne.

Walter Don, Johan Diergaardt, Roger Thompson, Russell van Rooi en Sergio de la Harpe is almal manne wat die afgelope jare op Suburbspark spore getrap het.

Andrew Poolman

Trainer Phil Davies hat noch einiges an Arbeit

$
0
0
Trainer Phil Davies hat noch einiges an Arbeit

Windhoek (omu) • Die Welwitschias haben am Samstag das dritte Spiel des Rugby Afrika Gold Cup gewonnen. Damit ist die Nationalmannschaft ungeschlagener Tabellenführer der besten Teams in Afrika. Aggressive Sables sorgten am Samstag bei Trainer Phil Davies vor allem in Halbzeit eins für Kopfzerbrechen. Im ersten Spielabschnitt im Hage- Geingob-Stadion musste der Übungsleiter mit ansehen, wie sein Team von den Gästen mächtig unter Druck gesetzt wurde. Dementsprechend war die 20:7 Führung für die Mannschaft aus Simbabwe verdient. Namibias Rugby-Nationalmannschaft kam einfach nicht in Tritt und fand kaum ein Mittel sich dem Druck der Sables zu entziehen. Eine Aufholjagd in Halbzeit zwei sorgte jedoch noch für den 31:26-Endstand.

Simbabwe eröffnete das Punktekonto nach rund zehn Minuten durch einen Strafstoß von Tichafara Makwanya – doch die Welwitschias antworteten postwendend: Damian Stevens setzte sich gegen das Abwehr-Bollwerk der Simbabwer durch und erzielte einen Try. Danach gewannen die Gäste mehr und mehr die Oberhand und kamen zu weiteren Punkten.

Auch in der zweiten Hälfte folgte erst einmal das gleiche Bild – die Welwitschias taten sich ein ums andere Mal schwer, Simbabwe ihr Spiel aufzudrücken. Richtig wach wurde die Davies-Truppe erst, als die Sables durch einen weiteren Strafstoß die Führung auf 23:7 hochschraubten.

Aus den eher wütenden Angriffen der Gastgeber ergab sich jedoch nichts zählbares. Die Gäste taten sich leicht die vielen Einzelversuche und Stockfehler zu verteidigen. Nach und nach erhöhte sich jedoch der Druck der Welwitschias und Darryl De La Harpe brachte mit einem Gewaltlauf, der mit einem Try belohnt wurde, die erhoffte Wende. Danach lief es für die Welwitschias wie von selbst und das Spiel wurde gedreht. Vor allem im Gedränge und beim Passspiel hat die Mannschaft jedoch Nachholbedarf. Das wird Trainer Davies sicherlich vermehrt üben lassen, in den kommenden Partien des Afrika Gold Cup kann eine verschlafene erste Hälfte in die Hose gehen. Das nächste Spiel ist bereits am Samstag, dann geht es nach Kampala in Uganda.

Emanuel Hege

O.18-span verniel Valke by Cravenweek

$
0
0
O.18-span verniel Valke by Cravenweek

Namibië het sy openingswedstryd teen die Valke by die 2017 Coca-Cola Cravenweek rugbytoernooi vir onder 18’s op indrukwekkende wyse gewen.
Die Oos-Gautengers het die eerste kwartier oorheers en was ná 12 minute met 21-0 voor, maar die Namibiërs onder kapteinskap van die flank Roaldo Rittmann het hulle stelselmatig terug in die wedstryd gespeel. Algaande het die Namibiese agterlyn hul spoed en flair ten volle uitgestal om met 33-31 vir die eerste keer voor te loop en uiteindelik ’n blink oorwinning met 52-36 te behaal.
Die Namibiese losskakel Denzo Bruwer is as die speler van die wedstryd aangewys vir sy 17 punte wat ’n drie ingesluit het, terwyl die buitesenter Gerswin Mouton ook met sy drie drieë uitgeblink het.
Die flank Gilad Plaatjies is twee keer oor die Valke se doellyn en die vleuel Le Roux Booysen en senter Justin Muir was ook driedrukkers.

Andrew Poolman

Skouerloop kos Darryl twee weke

$
0
0
Skouerloop kos Darryl twee weke

Andrew Poolman - Die Namibiese rugbyspan sal Donderdagoggend sonder die ervare Darryl de la Harpe as binnesenter vir hul volgende wedstryd na Uganda vertrek.

De la Harpe (28) is ná afgelope Saterdag se Afrikabeker wentoets teen Zimbabwe in Windhoek vir ’n insident in die tweede helfte uitgewys.

’n Tugbeampte het op grond van die videomateriaal bevind dat hy nie sy arms gebruik het toe hy ’n opponent – Zimbabwe se flank Connor Pritchard – van ’n losbal weggeloop het nie en dat sy skouer ook met die opponent se kop kontak gemaak het terwyl laasgenoemde in ’n kwesbare posisie was.

Die tugbeampte het in ag geneem dat Pritchard nie mediese aandag nodig gehad het nie en dat De la Harpe agterna sy verskoning aangebied het. Dit is bevind dat die oortreding onder die omstandighede op ’n lae vlak van erns is en gevolglik is De la Harpe die straf opgelê dat hy vir twee weke nie vir Namibië óf sy klub (FNB Western Suburbs) sal mag speel nie.

Die veteraan wat in 38 toetse sedert 2010 gespeel het (insluitend die laaste twee Wêreldbekers), se plek kan moontlik deur Justin Newman gevul word, wie se verskyning as plaasvervanger in die oorwinning met 31-16 teen Zimbabwe sy vierde in ’n toets hierdie seisoen was.

Die 22-jarige Newman, wat dié seisoen vir Pukke speel, kan vir die beginspan ook teen spelers soos Johann Tromp of David Philander opgeweeg word. Laasgenoemde is terug op die oefenveld nadat hy vir die laaste twee toetse in die Afrikabeker met ’n ligte dyspierkwaal misgeloop het.

Vir die Namibiese afrigterspan is De la Harpe se onbeskikbaarheid die tweede sodanige terugslag in twee weke. Die vorige week is die haker Louis van der Westhuizen ook vir twee weke geskors nadat hy ’n opponent van Senegal met die kop bygekom het.

Namibië is die voorloper in vanjaar se reeks met die volle 15 ligapunte ná drie wedstryde. Tweede is Kenia (12) en Uganda (11), elkeen ná drie wedstryde, en Zimbabwe (6 ná twee wedstryde).

Senegal (1 punt ná vier wedstryde) en Tunisië (0 ná drie) spook sake uit om in die A-afdeling te bly en nie die laaste span te wees wat vir volgende jaar gerelegeer word en dus uit die wedloop vir kwalifikasie vir die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan sal wees nie.

Afrigter Phil Davies en sy manne se oorblywende wedstryde is teen Uganda komende naweek in Kampala, gevolg deur Kenia in Windhoek op 29 Julie.

Andrew Poolman
Viewing all 263 articles
Browse latest View live