Die slot Denzil van Wyk sal Saterdag vir die eerste keer in die Windhoek Draught Welwitschias se beginspan vir hul kwalifiserende Curriebeker wegwedstryd teen die Natalse Haaie in Durban wees.
Die Reho Falcon-man is in die Namibiërs se vorige twee nederlae vanaf die reserwebank vanaf die reserwebank opgestuur. Sy rotasie met Muniovita Kasiringua is die enigste verandering aan die vyftiental wat laas naweek vir die afskop teen die Goue Leeus uitgedraf het.
Op die reserwebank is FNB Wanderers se binnesenter, Francois (Vullis) Wiese, vir die eerste keer beloon vir sy kragtige vertonings in die plaaslike premierliga. Hy is die enigste nuweling in die senior Namibiese trui.
Wiese neem die plek van Riaan van Zyl, wat as heelagter behoue bly nadat hy laas naweek op die nippertjie teen die Leeus begin het toe Malcolm Moore in die opwarming voor die afskop beseer is.
Trustco United se slot/flank Morné Blom maak ook as ’n veteraan van 15 toetse sy terugkeer op die reserwebank, ná die beserings wat hom tevore buite rekening gehou het.
Die Windhoek Draught Welwitschias: 1 Quintin Esterhuizen, 2 Gerhard Lotter, 3 Shaun du Preez, 4 Denzil van Wyk, 5 Ruan Ludick, 6 Rohan Kitshoff (kapt), 7 Leneve Damens, 8 Roderique Victor, 9 Arthur Bouwer, 10 Shaun Kaizemi, 11 Russell van Wyk, 12 Darryl de la Harpe, 13 J.C. Greyling, 14 Johann Tromp, 15 Riaan van Zyl.
Reserwes: Joe Hermann, Collen Smith, Muniovita Kasiringua, Morné Blom, J.C. Winkler, M.P. Pretorius, Francois Wiese.
Denzil kry sy kans in Durban