Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Vegtende Wanderers se stoom raak op

$
0
0
Vegtende Wanderers se stoom raak op

Andrew Poolman - FNB Wanderers van Windhoek het steeds ’n lewendige kans om in sy debuutseisoen die kwarteindstryd van die Gold Cup-reeks te haal, maar dit sal van twee spannende wedstryde komende naweek afhang.

Verbete terugvegpogings aan beide kante het laas Saterdag se wedstryd tussen die tuisspan Rustenburg Impala en die Windhoekers ’n behoorlike skouspel gemaak.

Met sowat elf minute oor was die Windhoekers nog met 39-36 voor, maar nadat die klubkampioen van Mpumalanga ’n paar sterk gekondisioneerde bulle van die reserwebank af opgestuur het, het dinge sommer gou skeef geloop. Die uiteinde was ’n oortuigende pak slae met 62-39.

Die myndorp se span het drieë in die 69ste, 71ste, 74ste en 78ste minute ingeryg om uiteindelik met ’n gemaklike oorwinning te eindig.

Met tien drieë teen ses het Impala gewys dat hy nie verniet verlede jaar in die eindstryd gespeel het, toe dit nog as die Gemeenskapsbeker bekend was nie.

Vir die Wit Hingste het die haker Gerhard Lötter (2), die agtsteman en kaptein Alberto Engelbrecht, vleuel Malcolm Moore, skrumskakel Riaan van Zyl en senter Tershwin Raubenheimer drieë gedruk.

Van Zyl het met drie doelskoppe en ’n strafdoel met nege skoppunte geëindig.

Lötter het ook ’n rol gehad in die drie wat Malcolm Moore gedruk het, toe hy ’n skoppie vorentoe gestuur het vir die vleuel om te jaag.

Met ’n paar tweedespanspelers wat die naweek vir die eerste keer betrek is vanweë beserings wat manne soos Nian Berg, Enem Kritzinger en DG Wiese uitgeskakel het, het Wanderers se diepte in die laaste tien minute ernstig onder skoot gekom.

In komende naweek se finale groepwedstryde speel Wanderers op sy tuisveld teen Evergreens van SWD. Laasgenoemde het Saterdag net-net (36-35) op Thabazimbi teen die Northam Platinum Rhinos gewen.

Afrigter JP Nel se manne (agt ligapunte) kan met ’n oorwinning verby Evergreens (10) skuif. Terselfdertyd hou hulle duim vas dat die onoorwonne Impala (15 punte) op Rustenburg ook te sterk vir Pirates (10) sal wees.

Aan Wanderers-kant bestaan opnuut kommer oor die kwale wat die flank Stef Botha (knie), senters Tershwin Raubenheimer (hou teen kop) en Heinrich Smit (voetspier) asook reserweflank Morné Prenn (enkel) opgedoen het.

SKRIK GEMAAK

“Impala het ’n geweldige sterk reserwebank gehad wat die deurslag gegee het. Voor dit was ons geensins verneder nie en het ons hulle inderdaad nogal skrik gemaak deur laat in die wedstryd die voortou te neem.

“Impala se losvoorspelers is menere wat veral in die laaste minute ons verdedigers eenvoudig uit die pad gehardloop het. Hul afrigter Naas Olivier (gewese losskakel van die WP) het ook agterna gesê dat hy waardevolle taktiese inligting gekry het deur ons eerste wedstryd teen Pirates in Johannesburg te gaan kyk,” sê Wanderers se voorsitter, Flip Louw.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!