Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Nalatigheid kos Bouwer vier jaar skorsing

$
0
0
Nalatigheid kos Bouwer vier jaar skorsing

Andrew Poolman - Hy het vrede gemaak met die beslissing en aanvaar dat dit net deur sy eie growwe nalatigheid gebeur het. Hy sal sy deel doen om die boodskap by ander jong spelers tuis te bring om nooit hul waaksaamheid teenoor verbode middels te laat verslap nie.

Só het die Namibiese skrumskakel Arthur Bouwer (26) gister gereageer op Wêreldrugby se aankondiging dat hy vir vier jaar uit enige rugbybedrywighede geskors is. Dit beteken dat hy tot 11 Julie 2020 nie mag speel, afrig of in enige ander hoedanigheid by georganiseerde rugby betrokke mag wees, behalwe om te oefen nie.

Bouwer het in middel-Junie vanjaar as lid van die Namibiese span by die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi in Roemenië ''n positiewe toets gelewer vir ''n steroïed wat farmaseuties as Turinabol bekend is en wat beide gedurende én buite die rugbyseisoen op WADA se verbode lys is.

Sy tugverhoor met regslui van Wêreldrugby is op 7 Oktober deur middel van Skype gehou, met die Namibië Rugby-unie se waarnemende uitvoerende hoof, me. Elizma Theron, ook teenwoordig. Die uitslag is vandeesweek op Wêreldrugby se webblad teen opkikkers (keeprugbyclean.com) gepubliseer.

Bouwer is ''n semi-professionele rugbyspeler wat sedert 2012 die nasionale span verteenwoordig het. Hy het in 15 toetse gespeel (agt as plaasvervanger) en een drie gedruk, benewens talle wedstryde op provinsiale vlak.

Voldoende bewyse is ingedien dat hy sedertdien genoegsame opleiding oor die onderwerp ontvang het om te weet dat hy persoonlik verantwoordelik is dat hy geen verbode middels inneem nie. Twee keer tevore is hy getoets en hy het ook in 2013 ''n 100% slaagsyfer vir Wêreldrugby se aanlyn toets oor verbode middels behaal.

''ANTONIO''

Volgens Bouwer se getuienis het hy in Oktober 2015 ''n Contiki-toer deur Europa onderneem. Sielkundig was hy in ''n baie teneergedrukte stadium nadat hy nie die Namibiese span vir die Wêreldbeker gehaal het nie.

Gedurende sy reis het hy glo ''n jong Amerikaner genaamd Antonio raakgeloop wat ook Amerikaanse voetbal speel en gevolglik hard oefen. Hy het opgemerk dat Antonio aanvullings gebruik en het as ''n “eksperiment” twee van sy tablette gebruik en later nog twee na Namibië saamgebring. Hy het glo Antonio se woord aanvaar dat dit geen verbode bestanddele het nie.

Tydens die tugverhoor het Bouwer erken dat indien hy behoorlike navorsing oor die produk sou gedoen het, hy heel moontlik van die klassifikasie van die anaboliese steroïed bewus sou geword het en dat hy dus die risiko van ''n positiewe toets sou loop.

Bouwer het sy verskoning aan Wêreldrugby, die NRU, sy medespelers en afrigters aangebied vir sy roekelose optrede en het verklaar dat hy sterk glo in skoon, regverdige sport.

In die tugverhoor kon geen rede gevind word om Wêreldrugby se bepaling van ''n vier jaar skorsing vir ''n eerste oortreder te versag nie.

Geen van die handelsname wat hy na bewering by Antonio ontvang het (Superdrol of Super-Anadrol) bevat die verbode middel Turinabol nie en gevolglik is die speler se verduideliking nie aanvaar van hoe hy die middel ingekry het nie.

Hoewel Bouwer onder kruisondervraging ''n indruk gelewer het as ''n eerlike jong man wat sy foute openhartig erken en berou getoon het, het dit hom nie kwytgeskeld van die verantwoordelikheid wat op hom gerus het nie.

“Ek is vir niemand kwaad nie. Die Rugby-unie het regtig alles in hul vermoë gedoen om ons oor verbode middels bewus te maak. Ek sal graag ''n bydrae wil jong spelers op te voed om ''n les uit my skorsing te leer. Dit gebeur so gou dat ''n man gevang word as jy nie wakker is nie, of omdat jou vertroue in iemand stel.

“Ek is bewus dat Wêreldrugby nie vir sulke goeie gedrag afslag op die vier jaar skorsing sal gee nie.

“''n Vier jaar skorsing is ''n groot hap uit jou loopbaan en vir ''n jong speler kan dit dalk die einde van sy loopbaan beteken,” het Bouwer gister gesê.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!