Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Beginspan kry eerste keer deurlopendheid

$
0
0
Beginspan kry eerste keer deurlopendheid

Andrew Poolman - Die SWD Arende se bul-agttal en bedrewe agterlyn staan môre breed in die pad van die Windhoek Draught Welwitschias se strewe om voor hul tuisskare ’n vertoning te lewer wat die Namibiërs in ere kan herstel.
Die Suid-Kapenaars het in vanjaar se provinsiale reeks reeds oorwinnings teen die Oostelike Provinsie Kings, die Steval Pumas, die Luiperds en laas naweek ook die Grens Bulldogs behaal.
Die Arende het Vrydagaand op ’n nat Outeniquapark ’n begeesterde span van die Bulldogs met 39-22 geklop (rustyd 10-5).
Die speler van die wedstryd was die SWD-flank Janneman Stander, wat ’n doring met sy kragtige dryfwerk, rotsvaste verdediging en spoed na die afbreekpunte was. Hy is die 22-jarige broer van CJ Stander, Ierland se ysterflank wat laas Saterdag ’n veelbesproke rooi kaart teen die Springbokke gekry het.
Rynhard van As (afrigter) se manne het nog ’n skrale kans om vir die Curriebeker se premierliga te kwalifiseer en sal dus gefokus wees om soos al die spanne voor hulle volpunte teen die Namibiërs te behaal.
Die insluiting van ’n man soos Hansie Graaff op die reserwebank wys hoeveel meer ondervinding die besoekers in die veld stoot. Die Arende is omtrent die vyfde unie wie se trui die veelsydige agterspeler dra.
SWD, wat twee geel kaarte gekry het, sou vandeesweek heelwat oor hul dissipline gepraat het.
Die Namibiërs moes verlede week in Kemptonpark toesien hoe die Valke met 66-5 kringe om hulle hardloop.
Die onervare Welwitschias word dié seisoen gedwing om baie vinnig aan te pas by die hoër tempo wat deur die buurland se provinsiale spanne gespeel word. Wie weet wat kan gebeur as die manne vir ’n slag hul eerste linie van verdediging met doeltreffende duikslae stewig kan hou?
Vir die eerste keer hierdie seisoen kon afrigter John Williams dit regkry om ’n onveranderde beginspan in die veld te stoot. Die enigste veranderinge is onder die reserwes, met die insluiting van Alberto Engelbrecht (in die plek van Grandt Nash), Ignus Tripodi (vervang Tjino Tjirare), Mahco Prinsloo (vir die beseerde Shaun Kaizemi) en Riaan van Zyl (vir Ricardo Swartz).

Windhoek Draught Welwitschias: 15 Justin Nel, 14 Phillip Nashikaku, 13 Leslie Klim, 12 Francois Wiese (kapt), 11 Silvano Beukes, 10 Aurelio Plato, 9 JC Winkler, 8 Joe Hermann, 7 Morné Blom, 6 Zayne Groenewaldt, 5 Muniovito Kasiringua, 4 Wikus Davis, 3 Hauta Veii, 2 Dewald Coetzee, 1 Quintin Esterhuizen.
Reserwes: Johann Wohler, Alberto Engelbrecht, Max Katjijeko, Cameron Klassen, Mahco Prinsloo, Riaan van Zyl, Ignus Tripodi.

SWD Arende: 15 Jacquin Jansen, 14 Lenesteyo Nomdo, 13 Kirsten Heynes, 12 Wilneth Engelbrecht, 11 Daniel Roberts, 10 Martin du Toit (kapt), 9 Johan Steyn, 8 Thor Halvorsen, 7 Lyndon Hartnick, 6 Janneman Stander, 5 Lodewyk Uys, 4 Andries van der Walt, 3 Dean Hopp, 2 Kurt Haupt, 1 Layle Delo.
Reserwes: Brianton Booysen, Nemo Roelofse, Christo du Plessis, Andy Ntsila, Mzoxolo Dyantyi, Thomas Kean, Hansie Graaff.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!