Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Pumas breek deur o.18-damwal

$
0
0
Pumas breek deur o.18-damwal

Andrew Poolman - Die krag en spoed van die Pumas eenvoudig te veel vir die Namibiese o.18 rugbyspan in gister se ontmoeting by die Cravenweek vir Hoërskole in Durban.
Tot rustyd was dit nog kompeterend met die Pumas voor op 20-10, maar in die tweede helfte het dié span sy spiere gebult om ’n oorwinning met 51-15 op te stapel.
Teen die Mpumalanga-span se sterker skrum en opskietverdediging was die Namibiërs deurgaans op die agtervoet. Dikwels het hulle probeer om die bal wyd te werk, maar die aangeewerk was besonder onakkuraat en daar was geen teken dat hulle so dodelik op die aanval sou wees as op die eerste dag toe hulle Griekwas deurmekaar gehardloop het nie.
’n Onderskepdrie deur die Namibiese kaptein André van der Berg, dié keer op buitesenter, het sy span in die eerste helfte nog binne trefafstand gehou. Die doelskop deur heelagter Gerswin Mouton, tesame met ’n strafdoel net voor die draaityd, was egter die enigste hoogtepunte.
Dit was eers in die 72ste minuut, met speeltyd verstreke, wat Namibië weer ’n opflikkering kon beleef met ’n drie deur die plaasvervanger Chad Plato, wat deur die binnesenter Chrischen Olivier orgestuur is.
Plato was een van ’n string uitblinkers van twee dae tevore wat op die reserwebank begin het. Die toernooi se regulasie dat elke lid van die spelersgroep ’n volledige wedstryd binne die eerste twee speeldae moet voltooi, het verhinder dat afrigters Henry Kemp en Vince Dreyer meer van die eerste keuse spelers kon opstuur om sake te help beredder.
Die geel kaart waarmee die hardwerkende slot Loandro Erasmus afgestuur is nadat hy ’n opponent van ’n losbal afgestormloop het, het werklik nie soos gevaarlike óf ongeoorloofde spel gelyk nie. Sy tien minute in die koelkas het die Namibiërs verder onder druk geplaas en die Pumas se telling het in dié periode vanaf 10-27 tot 10-51 bykans verdubbel.
Waarskynlik die Pumas se mees onvergeetlike drie is juis in dié tyd aangeteken, toe vaskopstut Dewald Maritz as stormram ’n kort aangee langs sy losskakel van ’n lynstaanbal af gevat het. Van die halflyn af het die bonkige nommer drie merkwaardige spoed en ’n doeltreffende afstamp gewys om die doellyn te haal.
Puntemakers:
Pumas 51: Drieë deur Jaco Joubert (2), Wandile Shabangu, Percy Mkhwanazi, Dewald Maritz (2). Doelskoppe (4) en strafdoele (2) deur Riekert Barnard.
Namibië: Drieë deur André van der Berg en Chad Plato. Doelskop en strafdoel deur Gerswin Mouton.
• Zimbabwe is tradisioneel Namibië se opponent op die laaste speeldag, maar sal gewis nie na dié nie-amptelike “toets” uitsien nie. Zimbabwe is gister met 78-5 afgeslag deur Griekwas, wat teen Namibië met 54-26 oorskadu is.
Gister se ander tellings: Westelike Provinsie oorrompel die Sharks met 60-5; Oostelike Provinsie klop Boland met 37-33; Griffons wen 34-32 teen Grens Platteland.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!