Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Zim geskud by Cravenweek

$
0
0
Zim geskud by Cravenweek

Namibië het sy deelname aan die o.18 Cravenweek rugbytoernooi in Durban op ’n positiewe noot afgesluit deur Zimbabwe op die laaste speeldag met 34-3 te oorskadu.
Afrigters Henry Kemp en Vince Dreyer se manne het in hul vorige nederlaag teen die Pumas (15-51) van die goeie werk ongedaan gemaak wat in hul openingsege teen Griekwas (54-36) die kollig op hulle geplaas het.
Teen Zimbabwe was Namibië egter in beheer vandat die vleuel Rudi Pretorius die eerste drie ná vier minute gedruk het. Losskakel Gerswin Mouton kon nie verdoel nie, maar die telling het só gebly tot aan die einde van ’n kompeterende eerste helfte.
Die ander vleuel Marco Beukes het ook ’n drie gedruk voordat Zimbabwe tien minute ná rustyd hul enigste strafdoel behaal het.
Vier drieë binne 20 minute het egter die skaal in Namibië se guns geswaai. Losskakel Mouton het ’n driekuns met drieë in die 46ste, 56ste en 64ste minute behaal, voordat Handré Klazinga in die 59ste die buurland se doellyn oorgesteek het. Mouton kon net twee verdoel, maar uiteindelik het dit nie ’n verskil gemaak nie.
• Net twee spanne – die Westelike Provinsie en die Pumas – het vanjaar se Cravenweek onoorwonne afgesluit.
• Die Namibiese uitslae by die afgelope o.18 Akademieweek in Durban: Verloor teen Boland 28-37; klop Rooi Valke 34-15; verloor teen Oostelike Provinsie 17-15.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!