Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Vermeulen skok soos Mannetti

$
0
0

Andrew Poolman - Danie Vermeulen se bedan­king as nasionale afrigter het Namibiese rugby gister diep geskud met net 85 dae oor voordat die Wêreldbekertoernooi in Engeland begin.
Rugby-ondersteuners word vandag ook aan die nuwe afrigter tot ná die Wêreldbeker bekend gestel – Phil Davies van Wallis.
“Vandag begin ’n nuwe hoofstuk in my lewe. Vir 31 jaar was ek by rugby betrokke en vandag het dit finaal tot ’n einde gekom. Nou is my voorneme om te vergoed vir die verlore tyd met diegene naby aan my.”
Met hierdie bondige boodskap op Facebook om 15:38 gister het die 39-jarige afrigter die eerste keer laat blyk dat hy nie in September en Oktober die Welwitschias na die Wêreldbeker sal neem nie.
Redes en agtergrond vir sy besluit was gister moeilik verkrygbaar – selfs vanuit sy binnekring van die afgelope maande. Vermeulen het nie gister die koerant se telefoonoproepe beantwoord nie, maar het wel laat blyk dat hy voorberei om deur die loop van die naweek ’n nuusverklaring uit te stuur.
Sybrand de Beer, hoof uitvoerende beampte van die Namibië Rugby-unie, het gister gesê dat hy Vermeulen se bedankingsbrief omstreeks 16:00 die vorige dag ontvang het.
“Danie het teenoor ons ook nie redes of agtergrond vir sy besluit bekend gemaak nie. Ons het reeds Woensdagaand ’n raadsvergadering gehad waar lank oor sy bedanking beraadslaag is. Ons het toe weer met hom gepraat om seker te maak of hy met sy bedanking wou voortgaan en hy het dit bevestig. Die NRU-raad het gevolglik sy bedanking aanvaar,” het De Beer gesê.
Vermeulen se bedanking kom binne ure nadat die nasionale span uit Roemenië teruggekeer het waar die span drie uit drie wedstryde met oortuiging verloor het, naamlik teen die Argentynse Jaguars, Roemenië en Spanje.
Hoewel dié vertonings gewis nie baie vertroue vir die Wêreldbeker ingeboesem het nie, is algemeen verwag dat steeds genoeg potensiaal bestaan om die Welwitschias in die oorblywende maande in ’n kompeterende eenheid saam te snoer.
De Beer het gister ook onthul dat die gewese Walliese agtsteman en slot Phil Davies nou aan die stuur van die Namibiese afrigterspan sal staan. Davies se eerste taak sal die twee tuistoetse teen Rusland in Julie wees, terwyl hy ook as die afrigter van die Wêreldbekerspan sal aanbly.
Die 51-jarige Wallieser het die afgelope maande as tegniese adviseur diens gedoen. “Phil was een van die kenners wat deur Wêreldrugby aanbeveel is en die NRU het toe besluit om hom te betrek. Sy bevordering tot hoofafrigter is ook volgens ons die regte stap om die deurlopendheid met die oog op die Wêreldbeker te behou, omdat hy reeds met die spelersgroep en met Danie se filosofie van die spel vertroud is. Phil is tans in Wallis, maar ons werk daaraan om hom so vroeg as moontlik na Windhoek te laat terugkeer,” het De Beer gesê.
Die NRU-man het bevestig dat Henry Kemp (hulpafrigter), Roger Thompson (verdedigingsafrigter) en die res van die tegniese span onveranderd bly. ’n Aankondiging oor die aanstelling van ’n hoëprofiel agterlyn­afrigter word ook eersdaags verwag om die leemte te vul wat deur Walter Don se bedanking gelaat is.
De Beer het sy spyt uitgespreek oor die bedanking van sy jarelange vriend.
“Die Wêreldbeker was vir Danie ’n droom en ek glo dat die NRU hom ten volle hierin ondersteun het. Ons sal nou maar die beste maak van die pad vorentoe.”
Met die land se hartseer rugbygeskiedenis in Wêreldbeker-jare in gedagte, sal Namibiese ondersteuners gewis duim vashou dat 2015 met so min as moontlik verdere skade verloop.

Tags: 
Category: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!