Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Rugbypubliek haal hoed af vir Danie

$
0
0

Andrew Poolman - Danie Vermeulen se buitengewoon­ openhartige­ verduideliking­ van die redes vir sy bedanking as nasionale­ rugby-afrigte­r van Namibië, minder as drie maande voor die Wêreldbekertoernooi­, het die naweek emosionele reaksie op sosiale media ontlok.
Vermeulen (39) se lewensverhaal­ dien ooglopend as ’n groot inspirasie­ vir vele – ’n belowende jong speler wat die leer tot op Superrugbyvlak geklim het, voordat ’n padongeluk in 2000 hom sodanig beseer het dat hy hom sedertdien in ’n rolstoel­ bevind. Gevolglik­ het hy hom vanaf sy twintigerjare­ op rugby-afrigting toegespits­, waarvan een van die hoogtepunte­ die Welwitschias se kwalifikasie­ vir die 2015 Wêreldbeker­ is.
Einde verlede week het hy egter sy bedanking met onmiddellike effek ingedien­ en voer die Namibië Rugby-­unie se onvoldoende ondersteuning op verskeie vlakke as die hoofrede aan.
Van die kommentaar op sosiale media was soos volg:
Manie Scholtz (skoolvriend): Dit is hartseer dat ’n sportunie wat ons land moet verteenwoordig so fataal nie geskik is om ’n positiewe­ rol te speel in die toekoms van rugby in ons land. Dankie dat jy, Danie Vermeulen­, jou kant van die storie gedeel het. Ek ken jou as ’n eerlike en respekvolle­ man en weet dat alles wat hier staan die waarheid is. Ek sou dieselfde besluit gemaak het! Staan agter jou, my vriend. Ek dink is tyd, President Geingob, dat iemand met hoër gesag die NRU verantwoordelik­ hou vir hul besluite­ en vertonings as nasionale­ span!
Elmien Scholtz Aucamp: Dankie dat jy met ons die waarheid gedeel het, Danie! Dis hartseer dat die dinge in ons rugby aan die gang is en my hart pyn vir jou dat jy op so manier ook jou passie moes opgee! Sterkte!
Hugo Horn (voormalige spanmaat­ en haker in twee Wêreldbekers): Danie, baie sterkte, ek moet net noem dat drie van die vyf keer wat Namibië gekwalifiseer het vir die WB die afrigters dit nie maak tot by die WB nie. In jou geval was jy slim, jy het bedank. Dit is net snaaks dat dit net in Namibië gebeur.
Morné du Plessis: Uiters belagli­k dat NRU dink hulle weet beter as die afrigters wat elke dag met die spelers werk, weet wie vordering toon, weet wie hulle kant bring en trots is om in daardie span te wees . . . net om te sien dat ander vanweë ‘favouritism­’ span kry en erken word. Maar dit alles opsy, kan ons as die publiek nie saam met Republikein ’n fonds stig om te help met die mediese koste van Oom Danie nie. Ons almal praat nou baie, maar kom ons wys ons ondersteuning­!?
Colette Rieckert: Die oomblik wat politiek by sport inmeng, trek sport aan die kortste ent! Ek is baie teleurgesteld­ in die gebrek aan integritei­t wat ek hier raaklees.
Marlene Alberts: Onthou daar is altyd 3 kante aan ’n storie: Jou kant, my kant en die waarheid! Mens moenie klippe gooi tot mens die hele storie gehoor het nie!
Ronel Snyman: Dit is ’n hartseer dag. Om doodgewoon ’n goeie afrigter­ vir enige sportsoort in hierdie land te kry, is ’n onbegonne taak . . . om ’n passievolle afrigter te kry, is ’n wonderwerk­. Mooi, Namibië, julle is nie net ’n goeie afrigter kwyt nie, ons het een van ons laaste passievoll­e afrigters verloor. Kyk nou maar hoe ver julle kom met ’n ‘geld’ afrigter . . . o ja, en wie gaan hom betaal?
Borris Erasmus: Maak nie saak nie . . . ek staan agter die span en glo hulle sal ons trots maak . . . daar is nog genoeg tyd oor!
Attie Augustyn: Danie. Ek wens jou sterkte toe vir die toekoms, jy het alles gegee. Ek dink nie enige ou in ’n rystoel sou kon doen wat jy gedoen het nie.
Percy van Zyl: Danie, ek het by Oom Wynie Strydom geleer van die 5 L’e in die lewe: Liefde, Leer, Lag, Legacy en Leef. Omdat Danie glo in voluit LEWE het hy met ’n hart vol LIEFDE vir sy land en sy mense die Nasionale­ span, met ’n GLIMLAG op sy gesig, gebrei. Hy was nooit bang om te leer nie en sy LEGACY sal ons vir altyd eer – ek salueer jou my vriend!
Riaan White: Danie, jou eerlikheid­ en opregtheid is prysenswaardig. Hierdie onthullings gaan tien teen een met groot fanfare teengestaan word, om jou soos ’n leuenaar te laat klink, maar hou jou kop hoog. Mense soos jy is wat die wêreld nodig het.
Jan Dames (oudspanmaat en afrigter): Danie, dit was lekker om ‘roomies’ te wees. Die pad wat ons loop, is mos nie van eie eer nie, maar vir die Een wat ons dra op die pad. Dankie vir jou wat soveel opofferings­ moes maak om God se talent nie te begrawe nie. Jy doen dit tot Sy eer en dan kry ander die klop op die skouer. Die jaloerse ouens raak gou moeg en kom dan agter “life goes on”. Jy is ’n goeie teammate­. Hou kop omhoog.
Ben Badenhorst: Nam rugby verloor ’n groot gees. Alle sterkte vir jou nuwe toekomsplanne. Jy was en is nog altyd ’n voorbeeld vir ons almal van deursettingsvermoë.
Johan Willemse: Daan, ons weet dit was jou groot droom waaraan jy baie nagte gewerk het. Dit is hartseer dat ons na 25 jaar van onafhanklikheid­ steeds met rassisme­, kwotas en transformasie­ moet sukkel.
Angelene Wiese: Sterkte Danie aan jou en jou vrou in die moeilike tyd. Gelukkig wen die waarheid altyd.

Tags: 
Category: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!