Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Kopdokter vir WB is Henning Gericke

$
0
0

Andrew Poolman - Die Namibiese rugbyspan vertrek vanmiddag na Tunisië waar hulle die gasheerspan komende Saterdag in ’n Afrikabeker-wedstryd in Tunis sal takel.
Pieter-Jan van Lill is die toerkaptein vir die Welwitschias se eerste amptelike internasionale wedstryd van die seisoen, voordat hulle van daar na Boekarest in Roemenië sal aanbeweeg. Dit is waar Wêreldrugby se Nasiebekertoernooi tussen vier ontluikende rugbylande gespeel word met Namibië se wedstryde teen die Argentynse A-span bekend as die Jaguars (12 Junie), Roemenië (vyf dae later) en Spanje (21 Junie).
Die Welwitschias het Dinsdagaand die huidige premierliga-klubkampioen en voorloper Trustco United genooi vir ’n oefensessie van die vaste fasette en agterlynbewegings. Op ’n koue aand was daar heelwat stof tot nadenke vir die Namibiese afrigterspan voordat hulle gisteroggend om halfses vir hul laaste douvoordag oefensessie sou aanmeld.
In die Namibiërs se opbou na die Wêreldbeker is ’n sterk buitelandse kontingent teenwoordig om die land se rugby-eer op die internasionale front te verdedig.
Afrigter Danie Vermeulen word op die toer vergesel deur mnre. Danie von Solms as spanbestuurder; Henry Kemp as voorspeler-afrigter; Roger Thompson as verdedigingsafrigter; dr. Vernon Morkel as spandokter, Wayne Damons as fisioterapeut; asook die drie Walliese spesialiste mnre. Phil Davies (tegniese adviseur, net in Tunisië), Wayne Proctor (krag- en kondisioneringsafrigter) en Andy Jones (tegniese spelontleder).
’n Groot vangs vir die Namibië Rugby-unie is dat die gerekende sportsielkundige dr. Henning Gericke tot en met die Wêreldbeker sy insette vir die Welwitschias sal lewer.
Anders as in 2007, toe Gericke as kopdokter tot die Wêreldbeker-triomf van Jake White se Springbokke bygedra het, is hy nie vanjaar deur sy geboorteland se span opgesaal nie en het Namibië die knoop deurgehaak om sy dienste te verseker. Sy sukses-CV sluit onder meer ook werk met die Olimpiese span van 2010 in Londen in.
“Dit is ’n heel nuwe uitdaging,” het Gericke Dinsdagaand gesê nadat hy sy eerste geselsie met die Welwitschias gehad het.
Gericke is tans steeds aan die Stormers se aanslag op die Superrugby-kroon verbonde en loop dus die komende toer mis, maar sal vanaf Julie wanneer die Namibiese Wêreldbekergroep meer voltallig is, toenemend insette lewer. Hy sal Namibië ook na die Wêreldbekertoernooi vergesel.
Oor sy toerspan het Vermeulen gesê: “Ek glo hierdie is die beste span wat ons onder die omstandighede kon kies, met ’n hele paar jong spelers wat ’n groot kans kry om hulself te bewys.
“Ons berei onsself vir ’n moeilike tyd voor. Die omstandighede sal ’n uitdaging wees en op sy tuisveld sal Tunisië sterker wees as toe ons hulle in 2013 in Dakar, Senegal met 45-13 geklop het.”

Tags: 
Category: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!