Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Leeus deel straf uit in honderdtal

$
0
0
Leeus deel straf uit in honderdtal

Andrew Poolman - 'n Vertoning benede hul beste is genadeloos deur 'n afgeronde opponent uitgebuit, toe die Windhoek Draught Welwitschias die naweek 'n drag slae teen die Goue Leeus op die lyf geloop het.

Die tuisspan het op Alberton met 112-14 gewen – sy tweede oorwinning uit twee in die SuperSport uitdaagreeks – nadat hy rustyd reeds met 49-0 voorgeloop het.

Meer as 'n uur was verstreke en die Namibiërs was reeds met 70-0 agter, voordat hulle die eerste keer daarin geslaag het om 'n drie te druk. Lesley Klim het afgerond toe die Welwitschias ná 'n aanvallende skrum 'n agterlynbeweging uitgevoer en senter Francois Wiese sy aangee na die regtervleuel weggekry het.

Klim het later ook 'n onder­skepdrie gedruk, maar met sestien drieë teen twee was dit eenrigtingverkeer.

“Te veel van die drieë is afgestaan wanneer 'n enkele duikslag nie uitgevoer is nie. Dit is nie verbasend dat ons verloor het nie, want uit ons ontleding vooraf het ons geweet dat dit so hard soos enige wedstryd ooit sou wees,” het die Namibiese afrigter Lyn Jones gister aan die koerant gesê.

“Ons is almal bewus van die harde werk en opofferings wat voorlê om ons span kompeterend te maak. Ons aanvallende spel was weer eens baie positief. Ons het twee goeie drieë gedruk en het meer as vier minute op die Leeus se doellyn bestee sonder dat ons beloon is.

“Aan die ander kant, 'n span wat honderd punte afstaan, maak ons almal weer deeglik bewus hoeveel werk nog voorlê vir almal wat by rugby betrokke is.

“Wat vandag belangrik is, is hoe ons volgende Sondag reageer teen nog een van die reuse in die Curriebeker, die Pumas.”

Volgens die afrigter het die losvoorspelers Thomasau Forbes en Roderique Victor, slot Max Katjijeko en losskakel Theuns Kotzé hul kant gebring.

Vir die Leeus het die Leeus se skerpskutters pale toe met elkeen van die 16 doelskoppogings geslaag. In die eerste helfte was dit losskakel Shaun Reynolds (sewe) voordat Siya Masuku (nege in die tweede helfte) opgestuur is om by hom oor te neem.

Die lang slot JP du Preez (2.09 m) was indrukwekkend met drie drieë, net soos die jong plaasvervanger-flank Hacjivah Dayimani wat opgestuur is met minder as 'n halfuur speeltyd oor.

Die jong flank James Venter was 'n ware terriër en is ook met twee drieë beloon, net soos die senter Jarryd Sage.

Die Leeus se driedrukkers was slot JP du Preez (3), plaasvervangerflank Hacjivah Dayimani (3), flanke James Venter (2) en Victor Sekekete, senters Jarryd Sage (2) en Gerdus van der Walt, vleuel Madosh Tambwe, losskakel Shaun Reynolds, heelagter Ashlon Davids en plaasvervangervleuel Selom Gavor. Doelskoppe: Reynolds (7), Siya Masuku (9).

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263