Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Renaldo, die Russe se nagmerrie

$
0
0

Die Russiese rugbyspan sal gewis kopsere hê oor die impak wat plaasvervangers soos Renaldo Bothma die naweek in die eerste toets van die Windhoek Draught Vriendskapsreeks gemaak het. Bothma het sy rol as die Welwitschias se eie Willem Alberts foutloos gespeel in die bykans 30 minute wat hy as plaasvervanger opgestuur is. Wanneer Namibië nie momentum gehad het nie, het hy dit verskaf; en wanneer Rusland vorentoe beweeg het, was hy daar om die rooi truie terug te duik. Bothma het selfs ’n waardevolle Russiese ingooi agter in die lynstaan in sy eie kwartgebied gesteel – net soos wat Tjiuee Uanivi in die eerste helfte gedoen het. Die Namibiese plan om spelers soos Bothma, Torsten van Jaarsveld, Rohan Kitshoff, Chrysander Botha en andere op die reserwebank te hou om die werklas van die volle wedstrydgroep te bestuur, het perfek uitgewerk in die oorwinning met 39-19. Op die foto tref Bothma met ’n vlieënde duikslag wat die bal laat losspat het vir die teenaanval wat tot die speler van die wedstryd, Russell van Wyk, se tweede drie gelei het. Foto Andrew Poolman

Tags: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263