Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Selfvertroue groei by Bokke-kamp

$
0
0

Phil Davies, hoofafrigter van die Welwitschias, sê die pas afgelope oefenkamp teen die Springbokke in Durban was fantasties. Ná drie intensiewe dae in die buurland keer die Namibiërs vanoggend na Windhoek terug.

“Alle verwagtinge oortref vir die spelers, afrigters en bestuur. Ons wou graag ons krag en ons wedstrydplanne toets en het heel gunstig gevaar. In die laaste paar dae was ons onder meer druk as in die res van die seisoen en ek glo die spelers is gereed om die volgende trap te klim.”

Die afrigter was ook in sy skik met die kans om sy volledige groep voltyds beskikbaar te hê.

“Mense moet onthou van sommige spelers verlof van hul werkplek moes neem of hul eie besigheid op die agtergrond moes skuif. In hierdie geslote, kalm omgewing kon ons ten volle fokus op oefening, rus en herstel en spelontleding. Om so kort voor die Wêreldbeker hierdie kans te kry, was wonderlik.

“Die samewerking en ondersteuning van die Namibië Rugby-unie, die Suid-Afrikaanse Rugby-unie en Wêreldrugby om dit moontlik te maak, was briljant. Dit ly geen twyfel dat hierdie kamp ons vorentoe sal help nie.”

Die kundige insette van manne soos Pieter de Villiers, die Springbokke se skrumafrigter wat 69 toetse as stut vir Frankryk gespeel het, en die Bokke se lynstaanlegende Victor Matfield was onvervangbaar. Dié twee, tesame met die Springbokke se verdedigingsafrigter John McFarland, hulpafrigter Johann van Graan en agterlyn-afrigter Ricardo Loubscher het nie geskroom om van hul kennis en ondervinding met hul eweknieë en die spelersgroepe te deel nie.

“Namibië het nou ’n goeie stelsel op die veld, maar dit is waardevol om hierdie ekstra inligting by te werk wat goud werd is. Ons weet dat die verskil tussen wen en verloor op die topvlak van enige sport dikwels net een persent is.”

Davies het lof uitgespreek vir elke lid van die Namibiese afrigting, bestuur- en mediese span. “Dit hang nou van die spelers af om kalm en beheersd te bly en hul taak uit te voer en druk op die opposisie te plaas.

“Namibië sal sy alles gee om daardie eerste wedstryd by die Wêreldbeker te gaan wen en die land trots te maak. Ongeag of ons dit regkry of nie, ek weet dat die Namibiërs se toewyding en durf en flair na vore sal kom vir almal om te sien.”

John Williams (NRU-hoofbestuurder van rugbysake)

“Ons het baie geleer oor die aspekte waar ons op koers is of waar ons te kort skiet. SA Rugby en die Springbokke was werklik onbaatsugtig en ons het groot waardering vir die ongehinderde toegang. Dis gewis ’n gedagte wat in die toekoms herhaal kan word.

“Vir die Springbokke was die kamp ewe welkom omdat hulle ook al so gewoond is om teen mekaar te oefen en mekaar se bewegings so goed ken. Al was die ontmoetings op die veld nie volle kontak nie, kon ’n mens die idee kry wat ons teen ’n span soos Nieu-Seeland kan verwag.

“Ons keer terug sonder enige beserings en sien uit na die aankondiging van die finale Wêreldbekergroep van 31 spelers.”

Pieter Rossouw (agterlyn-afrigter)

“Die kamp is van massiewe waarde. Vir ons spelers is dit ’n groot eer om saam met die Springbokke as een van die beste spanne ter wêreld te oefen. Ons kon onsself meet en sien dat ons inderdaad nie so ver agter is nie.

“In terme van selfvertroue is die ervaring baie goed vir ons. Ná ons onlangse goeie uitslae in ons toetswedstryde is hierdie die kersie op die koek en dit sal ons uiteraard baie help met ons finale voorbereiding vir die Wêreldbeker.”

Rossouw sê hy was nie noodwendig verras deur die Namibiërs se stewige vertoning tydens die oefenkamp nie.

“Oor laaste ses weke het ons baie hard geoefen. Ons probeer hard om so professioneel as moontlik te werk gaan, op en van die veld. Wayne Proctor (die krag- en kondisioneringsafrigter) het puik werk gedoen om die spelers fiks en goed gekondisioneer te kry.

“Op die speelveld weet ons hoe ons wil speel en elkeen weet wat hy veronderstel is om te doen. Ons spel is goed georganiseer. Vir ons was hierdie ’n puik geleentheid om dit teen sterker opposisie as gewoonlik te doen. Ek weet nie of van die spelers dalk self verbaas was dat hulle goed gevaar het nie, maar ek is seker hulle het baie selfvertroue gekry.”

Die onafgebroke drie dae vir die ganse spelersgroep om vir 24 uur per dag saam te wees, sonder tye waar sommiges vanweë werkverpligtinge afwesig is, was ook van groot waarde.

“In Windhoek is dit uiteraard moeiliker. Jy kan nie sommmer gou ’n besluit neem terwyl die helfte van die spelers of die bestuurspan afwesig is nie. Ons respekteer die werklikheid en het begrip daarvoor, maar hierdie tyd saam is presies hoe dit in die Wêreldbeker gaan wees.

“Vir verskeie spelers was dit hul eerste keer in die nabye omgewing van die Springbokke en hoewel hulle vir die eerste keer teen van hul rugbyhelde kon oefen, het die Namibiërs hulle verseker baie goed van hul taak gekwyt. Ons was nie sommer net daar nie, maar het werklik ’n impak gemaak.

Chrysander Botha (heelagter)

“Die Springbokke het ons op aanval en verdediging onder druk geplaas – presies die soort kompetisie wat ons van ons opponente by die Wêreldbeker kan verwag. Ons het nog altyd ’n goeie verhouding met Suid-Afrikaanse spelers gehad en vir my was dit aangenaam om weer vir Elton Jantjies, Lionel Mapoe en Rudy Paige te sien en te gesels (spelers saam met en teen wie hy tevore by die Goue Leeus gespeel het).”

Renaldo Bothma (agtsteman)

“Suid-Afrika is een van die beste spanne ter wêreld en het ook reeds tevore die Wêreldbeker gewen en ons het vandag baie by hulle geleer. Uiteraard is dit ook uitstekend vir ons volledige oefengroep om vandeesweek tyd hier saam deur te bring, veral die manne wat in Namibië voltyds moet werk. Dit is uitstekende ondervinding, want daar is soveel wat jy by die Springbokke kan leer. Manne soos my Sharks-maats Bismarck du Plessis en Patrick Lambie lyk ook slaggereed vir die Wêreldbeker.”

Tags: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!