Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Filistyne vereer Jaco Engels

$
0
0
Filistyne vereer Jaco Engels

Tielman van Lill - Die rugbyklub Trustco United het onlangs sestien van sy spelers by sy klubhuis in Olympia vir hul harde werk en toewyding vir die afgelope seisoen beloon.
United I wat in 2014 die premierliga teen FNB Wanderers gewen het, kon vanjaar nie sy kroon suksesvol verdedig nie toe hy in die semifinaal teen Unam 1, die uiteindelike kampioen, verloor het.
Afrigter Jood Opperman se manne het met deurlopende goeie rugby boaan die punteleer klaargemaak, voordat die studentespan se losskakel Henrique Olivier hulle in die halfeindstryd met ’n strafdoel ná die toeter uitgeskakel het.
Die twee mees gesogte toekennings as Rugbyspeler en Sportman van die jaar is onderskeidelik deur die vlugvoetige Niël van Vuuren en Jaco Engels, gesoute Wêreldbeker-stut, opgeraap. Van Vuuren was ’n staatmaker ongeag of hy op haker, stut of flank ingespan is.
Die 34-jarige Engels het ná vanjaar se Wêreldbeker sy uittrede aangekondig. Die voormalige Blou Bul het sedert 2013 in 15 toetse vir sy geboorteland gespeel.
Sy toekenning is die grootste eer wat ’n speler by die Filistyne kan ontvang en so ’n speler moet sy land op nasionale vlak verteenwoordig het en dit met deurlopende goeie spel aanvul.
Die kaptein, slot en stelskopper van die eerste span, Winmar Rust, het vanjaar sy 1000ste punt vir die klub aangeteken en is as Klubman van die jaar aangewys. Die lojale United-man het op die oefen- én speelveld deur sy voorbeeld gelei.
Morné Blaauw is as die mees toegewyde speler aangewys. Kevin Khadila kry die toekenning vir die speler wat in sy eerste jaar by United die meeste vordering in sy spel getoon het.
Die vleuel Stefan Louw, wat lank met ’n dyspierbesering gesukkel het, het ná sy herstel weer kookwater spel gelewer en is vereer as die senior speler wat die meeste vordering getoon het.
Die manne van die laer spanne is nie oor die hoof gesien nie. By die derde/vierde span was Tertius van Vuuren die beste voorspeler en Donovan van Wyk die agterspeler wat dié trofee ontvang het. Die mees waardevolle speler, Pieter Fick, het op en van die veld sy deel gedoen om die spanne suksesvol te maak.
Walter Cloete was die tweede span se beste voorspeler, Serge Loock die beste agterspeler en Dewald Coetzee die mees waardevolle speler.
Die agterspeler Danjamin de Bruin dra die titel as die klub se beste verdediger. Donovan van Wyk was vanjaar die Filistyne se voorste driedrukker met nege vyfpunters in ligawedstryde.
Die junior speler van die jaar (in sy eerste jaar by United) is skrumskakel Pieter Janse van Vuuren, met die senior pryswenner die staatmakerstut Collen Smit.

Tags: 
Tielman vanlill

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!