Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Tromp 2015 se topspeler by Hingste

$
0
0
Tromp 2015 se topspeler by Hingste

Andrew Poolman
In sy afwesigheid is die veelsydige Johann Tromp die naweek as FNB Wanderers rugbyklub se sportman van die jaar vereer.
Ongeag of hy vanjaar die Namibiese of sy klub se trui gedra het en of dit op senter, heelagter of vleuel was, het die 24-jarige Tromp verskeie invloedryke vertonings op die veld gelewer.
Die afgelope naweek was hy selfs as ’n “voorspeler” een van die uitblinkers vir die Namibiese sewesspan wat vyf uit ses wedstryde by die Olimpiese kwalifiserende toernooi op Brakpan gewen het, maar wat ongelukkig in ’n naelskraapse kwarteindstryd teen Marokko uitgeskakel is.
Juis vanweë dié toer kon hy nie Vrydagaand sy trofee ontvang toe Wanderers sy jaareindfunksie by sy klubsaal in Pionierspark gehou het nie.
Vroeër vanjaar is Tromp ook as die Welwitschias se beste speler in die Vodacombekerreeks vereer. Ná sy twee Wêreldbeker-drieë, teen Tonga en Argentinië, is dit ietwat verrassend dat hy steeds nie deur ’n groter buitelandse beroepsunie nader geroep is om sy geld uit die sport te verdien nie.
Vir die Wit Hingste was 2015 die tweede jaar op ’n streep dat hy die eindstryd van die Namibië Rugby-unie se premierliga gehaal, maar oor die laaste hekkie gestruikel het. Verlede jaar was dit met twee punte teen Trustco United en vanjaar het die Universiteit van Namibië se groter wenhonger vir sy eerste triomf die deurslag met 37-23 gegee.
Tromp se trofee is namens hom in ontvangs geneem deur die flank Tinus du Plessis – nog een van die land se onderskatte juwele wat soos sake staan, volgende jaar weer sy rugby by Wanderers gaan speel. Hy was in 2014 die klub se speler van die jaar en was toevallig ook afwesig by dié prysuitdeling, nadat hy en twee spanmaats kortstondig deur Jake White na Durban vir ’n proeftydperk genooi was.

BESTE SPAN
Die toekenning aan Wanderers se span van die jaar is aan die tweede span oorhandig, wat die jaar onoorwonne afgesluit het om opnuut die NRU eerste liga te verower.
Die beste voorspeler was Shaun du Preez, die stut wat vroeg vanjaar in Vodacombeker-groep was. So toegewyd was hy teenoor sy klub dat hy op ’n kol selfs vanaf Rosh Pinah gery het om betyds vir ’n wedstryd te wees.
Wanderers se agterspeler van die jaar is Riaan van Zyl, wat gereeld met sy vlugvoetige lopies vanuit die heelagter- of soms skrumskakel-posisie uitgeblink het.
Ander pryswenners was:
Spelers se speler van die jaar (Joey Heigan-trofee): die belowende losskakel M.P. Pretorius.
Voorste ontluikende speler: Ruan Ludick (slot).
Mees toegewyde speler: Gedeel tussen die identiese tweeling Heico en Mahco Prinsloo.
Mees lojale speler: Stefan Fischer.
Mees bestendige speler: Wikus Jacobs.
Tweede span, beste speler: Christie du Plessis.
Tweede span, beste vordering: Dirk de Meyer.
Ondersteuners van die jaar: Doug Jeffery en James Moore.

EREGAS
Die uitgetrede spanbestuurder van die Vodacom Blou Bulle van 1997 tot 2013, mnr. Wynie Strydom, het as die genooide spreker opgetree. In 459 opeenvolgende wedstryde het hy sinoniem met die span van Pretoria geword.
“Amateurrugby vir jou klub is die lekkerste rugby wat jy kry. Dit is die eerste plek waar die sterkste vriendskappe gevorm word en kameraderie wat vir die res van jou lewe voortleef,” het Strydom in sy toespraak gesê.
“Speel rugby vir so lank as wat jy kan, want as dit verby is, is dit verby.”
Strydom was ook vol lof vir Namibië se moedige vertoning by die Wêreldbeker en sê vir hom en vele van sy vriende was dit lekker om die buurland te ondersteun.
“Die kleiner rugbylande raak voortdurend meer professioneel en ek is oortuig Namibië sal in 2019 een van die grotes kan plattrek. Julle span was vol passie en dis ’n les vir sekere spanne.”
Sterk spangees en die leierskap van die senior spelers is volgens hom ook die eienskappe wat die All Blacks so ’n formidabele kampioenspan maak.
“Ek onthou hoe ek eendag by die Crusaders eers later uitgevind het hoekom hul losskakel Andrew Mehrtens in ’n stadium vir vier weke nie gekies was nie. Dit was omdat die senior spelers hom eenkant gevat en hom op verlof gestuur het omdat sy kuiergewoontes nie bevorderlik vir die span se kultuur was nie.”
Oor die Springbokke sê Strydom die SA Rugby-unie moet mooi dink voordat hulle van Heyneke Meyer ontslae raak. “My vraag is: Wie moet hom vervang? Hopelik nie sommer net enigiemand wat weer dieselfde foute maak nie. Die afgelope Wêreldbekereindstryd waarin vyf drieë gedruk is, wys dat verstellings beslis aan die Bokke se wedstrydplan gemaak moet word. Dit gaan ’n man op ’n perd kos om die All Blacks te klop.”

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!