Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Tjiuee word ook ’n Shark

$
0
0
Tjiuee word ook ’n Shark

Die Sharks sal een van die Superrugbyspanne wees wie se vordering in 2016 waarskynlik met groter entoesiasme in Namibië gevolg sal word, met die verwagte insluiting van tot drie Welwitschias-spelers in die Durbanse franchise se oefengroepe.
Ná die slot Tjiuee Uanivi se merkwaardige vertonings in die afgelope Wêreldbekertoernooi, is die stilte oor sy rugbytoekoms kort voor die naweek verbreek toe die voormalige speler van Brive in Frankryk op die oefenveld in Durban gesien is.
Uanivi se naam verskyn nie in die voorlopige Superrugby-oefengroep wat die unie se direkteur van rugby, Gary Gold, voor die naweek bekend gemaak het nie. Deel van die rede is straks omdat sekere formaliteite rakende sy kontrak nog afgehandel moet word.
Die oefengroep sal glo vroeg in die nuwe jaar hersien sal word. Uanivi sal hom egter in die slotposisie teen ’n paar gesoute manne moet laat geld. Ruan Botha (voorheen van die Westelike Provinsie) is nou by die Sharks gekontrakteer nadat Pieter-Steph du Toit sy loopbaanskuif in die teenoorgestelde rigting gemaak het. Etienne Oosthuizen, die Pumas se Lubabalo (Giant) Mtyanda en die Australiër David McDuling is van die ander aanspraakmakers.
Die Namibiese senter Johan Deysel, steeds ’n student by die Pukke, is vir die duur van die Superrugby-seisoen deur die Sharks nader geroep.
Die Durbaniete se derde Namibiese speler is natuurlik die agtsteman Renaldo Bothma, wat later sal terugkeer sodra sy huidige kontrak van drie maande met die Japanse klub Toyota Verblitz verstryk.
Die Sharks se voorlopige Superrugby-groep:
Stutte: Barend Potgieter, Coenie Oosthuizen, Dale Chadwick, Gerhard Engelbrecht, Mzamo Majola, Thomas du Toit.
Hakers: Franco Marais, Kyle Cooper, Monde Hadebe.
Slotte: David McDuling, Etienne Oosthuizen, Hyron Andrews, Lubabalo Mtyanda, Ruan Botha.
Losvoorspelers: Ayron Schramm, Christiaan de Bruin, Francois Kleinhans, Jean Deysel, Philip van der Walt, Sias Koen.
Skrumskakels: Cobus Reinach, Michael Claassens, Stefan Ungerer.
Losskakels: Garth April, Inny-Christian Radebe, Patrick Lambie.
Senters: André Esterhuizen, Heimar Williams, Johan Deysel, Lukhanyo Am, Marius Louw, Paul Jordaan.
Vleuels: Lwazi Mvovo, Odwa Ndungane, Sibusiso Nkosi, S’bura Sithole, Wandile Mjekevu.
Heelagter: Joe Pietersen.
Nog ’n stewige lysie spelers is tans met rehabilitasie besig, naamlik Beast Mtawarira, Juan Schoeman, Lourens Adriaanse (stutte), Stephan Lewies (slot), Daniel du Preez, Jean-Luc du Preez, Khaya Majola en Tera Mtembu (losvoorspelers) en Conrad Hoffmann (skrumskakel).
Benewens Bothma wag die Sharks ook nog op die terugkeer van vier ander spelers uit Japan, naamlik die Springbokheelagter Willie le Roux, vleuel JP Pietersen en losvoorspelers Marcell Coetzee en Jacques Potgieter.
Sharks-spelers wat van hul kontrakte vrygestel is om ander geleenthede te soek, is die slotte Marco Wentzel, JC Astle en Wiehan Hay, losskakel Lionel Cronje, senter Waylon Murray en heelagter Jaco van Tonder.
– Sharksworld.co.za

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!