Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Kaizemi dra 10 teen Roemenië

$
0
0

Andrew Poolman

Rotasie en proefnemings met nuwe kombinasies is opnuut ’n kenmerk van die Welwitschias se rugbyspan wat vir vanaand se toets teen Roemenië in die hoofstad Boekarest in die veld gestoot word.

Net twee voorspelers en vier agterspelers behou die truie waarin hulle die afgelope Vrydag teen die Argentynse Jaguars in die openingsronde van Wêreldrugby se Nasiebekertoernooi gespeel het. Dié sestal is die slot Nico Esterhuyse, agtsteman en kaptein Pieter-Jan van Lill, skrumskakel Eugene Jantjies, die senterkombinasie Danie van Wyk en JC Greyling, asook heelagter Johann Tromp.

In die enkele posisionele skuif verruil die stut Casper Viviers sy 1-trui om aan die vaskopkant te sak. Langs hom maak die haker Callie Swanepoel sy terugkeer vir sy eerste toets sedert bykans presies twee jaar gelede teen Tunisië in Dakar.

Die 31-jarige loskopstut Johnny Redelinghuys stoot sy Namibiese rekord verder op wanneer hy in sy 43ste toets uitdraf. Vanweë kommer oor sy kondisionering is hy glad nie tydens die afgelope Vodacombekerreeks gebruik nie en vanaand se vertoning sal insiggewend wees om uit te wys hoeveel hy nog in die tenk oor het in die opbou na wat in September sy derde Wêreldbekertoernooi kan wees.

Die ervare flank Tinus du Plessis was ’n laat onttrekking met ’n ligte skeet aan sy agterdyspier. Sy plek word deur Leneve Damens ingeneem, met Roderique Victor wat op die reserwebank bygevoeg word.

Op losskakel was Shaun Kaizemi se bestendige vorm een van die ligpunte van die Vodacombeker. Sy insluiting as nommer 10 in die plek van die Welwitschias se puntemasjien Theuns Kotzé sal sy vierde verskyning in ’n toets wees, hoewel Duitsland in 2014 sy enigste vorige keer in die beginspan was.

Kotzé sal in September en Oktober een van die staatmakers by die Wêreldbeker moet wees, maar met Kaizemi se algemene spel was min fout te vind en sy blootstelling sal ewe waardevol wees om groter diepte in dié posisie te bou. Nog ’n voordeel is dat sy skakelmaat Eugene Jantjies volgens berigte met goeie besluitneming teen die Argentyne beïndruk het.

• Regstreekse videostroom van die toernooi is na verneem word op die webblad www.rugbytv.ro beskikbaar.

Die oorblywende wedstryde in Wêreldrugby se Nasiebekertoernooi is soos volg (afskoptye in Namibiese wintertyd):

VANDAG

15:00 – Argentynse Jaguars tn Spanje

18:00 – Roemenië tn Namibië

SONDAG

15:00 – Spanje tn Namibië

18:00 – Roemenië tn Argentynse Jaguars

Die Namibiese span is:

1 Johnny Redelinghuys (42)

2 Callie Swanepoel (4)

3 Casper Viviers (8)

4 Janco Venter (2)

5 Nico Esterhuyse (32)

6 Thomasau Forbes (4)

7 Leneve Damens (1)

8 Pieter-Jan van Lill (kapt, 34)

9 Eugene Jantjies (38)

10 Shaun Kaizemi (3)

11 Conrad Marais (5)

12 JC Greyling (3)

13 Danie van Wyk (10)

14 David Philander (19)

15 Johann Tromp (12)

Reserwes: Dian Gene Wiese (3), Jaco Engels (9), AJ de Klerk (0), Tjiuee Uanivi (4), Roderique Victor (3), Eneill Buitendag (11), Theuns Kotzé (20), Heinrich Smit (7).

Tags: 
Category: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!