Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Meeste troefkaarte in Welwitschias se guns

$
0
0

Andrew Poolman

Twee Namibiërs maak môreaand in Tunis hul toetsdebuut wanneer Pieter-Jan van Lill om 19:00 sy rugbyspan teen Tunisië op die veld lei.

Die flank Leneve Damens en stut Johannes (Aranos) Coetzee is in die beginspan vir hierdie Afrika-bekerwedstryd ingesluit.

Van Lill was byna presies twee jaar gelede ook die kaptein toe die Welwitschias hul grootste telling nóg teen Tunisië opgestapel het deur met 45-13 te wen. Daardie dag in Dakar, Senegal, was die rustydvoorsprong nog op ’n ietwat senuweeagtige 13-6, voordat die Namibiërs se groter fiksheid en slaankrag die knoop deurgehaak het.

Van Lill, David Philander, Heinrich Smit, Theuns Kotzé, Tinus du Plessis, Jaco Engels, Rathony Bekker en Eneill Buitendag is die oorblywende lede van die span wat twee jaar gelede die laaste keer met Tunisië kragte gemeet het.

Ses oorwinnings en twee nederlae, is hoe die Namibiese vertoningslys teen die Noord-Afrikane in toetsrugby lees. Nege jaar het egter verloop sedert Tunisië laas aan die wenkant was en hulle is sekerlik nie veronderstel om môreaand ’n verrassing te lewer teen afrigter Danie Vermeulen se span, wat in September weer die vasteland se kwalifiseerder vir die Wêreldbekertoernooi in Engeland sal wees nie.

Een van die min faktore in Tunisië se guns kan moontlik vlugflouheid van die langerige reis wees, nadat die Namibiërs se aansluitingsvlugte hulle ook na Johannesburg en Istanboel geneem het.

Van Lill is ook môre verreweg die senior vennoot in ’n onbeproefde lostrio wat ook uit die nuweling Damens en Roderique Victor (twee toetse as plaasvervanger) bestaan. Beide dié spelers het egter tydens hul blootstelling in die Vodacombeker begin wys waartoe hulle in staat is en sal die span nie in die steek laat nie, met Tinus du Plessis en Thomasau Forbes wat op die reserwebank gereed sit om die intensiteit vir die volle 80 minute vol te hou.

In die afgelope weke het die stut Jaco Engels ook sewe kilogram afgeskud en is ooglopend gemotiveerd om weer van sy beste rugby te speel.

Die senterkombinasie van Danie van Wyk en JC Greyling is ook ’n interessante proefneming met beide wat waarskynlik meer tuis in die 13-trui lyk. Van Wyk maak sy terugkeer tot toetsrugby ná ’n afwesigheid sedert die 2011 Wêreldbeker en ’n stewige vertoning sal nodig wees om die talentvolle speler se aandele hoog te hou.

Van talent gepraat: Johann Tromp is vir sy eerste verskyning as heelagter op toetsvlak gekies nadat al sy toetse tot dusver as senter of vleuel gespeel is. Sy natuurlike aanvoeling vir die spel behoort hom nietemin doeltreffend te maak met die vlugvoetige David Philander en die sterke Conrad Marais wat saam met hom die agterste driehoek vorm.

Die span teen Tunisië:

1 Jaco Engels

2 Rathony Becker

3 Johannes (Aranos) Coetzee

4 Tjiuee Uanivi

5 Nico Esterhuyse

6 Leneve Damens

7 Roderique Victor

8 PJ van Lill (kapt)

9 Eneill Buitendag

10 Theuns Kotzé (o.kapt)

11 Conrad Marais

12 Danie van Wyk

13 JC Greyling

14 David Philander

15 Johann Tromp

Reserwes:

16 DG Wiese

17 Casper Viviers

18 Thomasau Forbes

19 Tinus du Plessis

20 Eugene Jantjies

21 Shaun Kaizemi

22 Heinrich Smit

NAMIBIë SE REKORD TEEN TUNISIë

(Namibiese kapteins en afrigters aangedui):

2013, 15 Junie in Dakar wen 45-13 PJ van Lill Danie Vermeulen

2009, 28 November in Windhoek wen 22-10 Kees Lensing John Williams

2009, 14 November in Tunis wen 18-13 Kees Lensing John Williams

2006, 7 Oktober in Windhoek wen 23-15 Corné Powell Johan Venter

2006, 1 Julie in Tunis verloor 7-24 Corné Powell Johan Venter

2002, 12 Oktober in Tunis verloor 17-24 Corné Powell Dave Waterson

2002, 28 September in Windhoek wen 26-19 Corné Powell Dave Waterson

1998, 18 Maart in Tunis verloor 17-20 Quinn Hough Deon Kotze

Tags: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!