Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Skouspel in Windhoek neem vorm aan

$
0
0

Windhoek is binnekort die gasheer vir ’n blink internasionale sewesrugbytoernooi waaraan sewe buitelandse spanne sal kom deelneem.
Afgesien van Namibië het Suid-Afrika, Zimbabwe en Pole reeds hul deelname bevestig. Spanne soos Argentinië, Kenia en Brasilië kan ook binnekort laat weet of hulle die uitnodiging aanvaar, terwyl die agtste plek gevul sal word deur nog ’n kombinasie met die X-faktor wat later bekend sal wees.
Die toernooi op Vrydag 25 en Saterdag 26 September in Windhoek se Hage Geingob-stadion is gister by die Namibië Rugby-unie aangekondig.
Die toernooi se hoofborg is die kommersiële eiendomsgroep Safland, wat reeds die afgelope vier jaar in verskeie dele van Namibië sake doen.
Nog twaalf tot 16 klubspanne, asook 12 tot 16 skolespanne sal in hul eie kategorieë deelneem.
Die grootste trekpleister sal egter die bulspanne in die internasionale kompetisie wees. Al die deelnemende spanne sal hul eie motiverings hê waarom ’n goeie vertoning van belang is.
Spanne soos Suid-Afrika, Argentinië en Kenia is gevestigde aanspraakmakers in die Wêreldreeks van sewesrugby. Die 2015/2016 Wêreldreeks begin komende Desember in Dubai en hierdie spanne soek dus geleenthede om hul spelers skerp te hou.
“Windhoek is ’n ideale plek vir die aanbieding van so ’n toernooi. Die klimaat, hoogte bo seespieël, die fasiliteite en die rugby-atmosfeer is presies waarna ons op soek is. Suid-Afrikaanse spanne kom graag hierheen en in Suid-Afrika sal dit juis ’n langnaweek wees,” sê mnr. Willem Strauss, gesoute sportpromotor van Pretoria wat reeds die afgelope dekade vir verskeie groot Suid-Afrikaanse rugbyspanne hierheen gebring het. Strauss dien tans ook as ’n visepresident van die Blou Bulle Maatskappy.
“Ons ervaring is dat sewestoernooie soms eers die tweede of derde jaar werklik vlamvat, maar ons het vertroue dat die Windhoek-toernooi sommer dadelik ’n treffer sal wees. Die feestelike atmosfeer en uitspattige kleredrag is presies wat toeskouers kan verwag.”

RIO 2016 WINK
Sewesrugby word volgende jaar vir die eerste keer ’n Olimpiese sportkode en die vooruitsigte van Rio de Janeiro 2016 sal meebring dat spanne reeds komende September behoorlik op dreef sal moet wees.
Selfs Brasilië wat as die Olimpiese gasheer outomaties kwalifiseer, het op sy eie stoom aansoek gedoen om sy span na die Windhoek-toernooi te stuur.
Benewens Brasilië was die top vier spanne in vanjaar se afgelope Wêreldreeks (Nieu-Seeland, Fidji, Suid-Afrika en Engeland) die volgendes wat reeds hul Olimpiese plekke verseker het.
Die Olimpiese 12-tal word voltooi deur die kontinentale kwalifiseerders van Noord-Amerika (die VSA), Suid-Amerika (Argentinië), Asië, Oseanië en Afrika. ’n Repechage-toernooi tussen die naaswenners van elke vasteland sal die 12de en finale plek vul.
Kenia, Zimbabwe en Namibië word as die drie sterk aanspraakmakers gesien wanneer die vasteland se Olimpiese kwalifiserende toernooi in Suid-Afrika gespeel word (13-14 November in Kemptonpark).
“In Namibië is heelwat van ons vyftienmanspelers wat in September en Oktober aan die Wêreldbekertoernooi deelneem, ook in die visier vir die sewesprogram,” het die NRU se hoof uitvoerende beampte, mnr. Sybrand de Beer, gister gesê.
“Die plaaslike spelersgroep wat nie die Wêreldbeker-groep van 31 spelers haal nie, behoort steeds goed gekondisioneer te wees en het dus ’n kans om in September hul merk op die internasionale sewesfront te maak.
“Ons weet dat Namibië propvol potensiaal vir sewesrugby is, maar die geldelike bronne en organisasie kom dikwels kort en vertraag die vordering.
“Verlede Desember se toernooi in Harare was ’n tydige herinnering van ons spelerstalent,” het De Beer gesê.
Namens die hoofborg Safland het sy hoof uitvoerende beampte in Namibië, mnr. Kallie van der Merwe, gesê ander maatskappye word verwelkom wat wil bydra om die geleentheid ’n onvergeetlike sukses te maak.
Die Suid-Afrikaanse span sal in die kleure van die SARU Sewesakademie meeding ingevolge die beperkinge wat deur Wêreldrugby se wêreldreeks geplaas word, maar behoort na verwagting nietemin ’n sterk “Blitsbokke” geur te hê.

Tags: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!