Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Filistyne wéér tops in premierliga

$
0
0

Tielman van Lill - Die eerste span van Trustco United het Saterdag by sy hoofkantoor Gemsbokpark in Olympia amok gemaak toe hy 90 punte en 14 drieë teenoor die 26 van Plastic Packaging Rehoboth Rugbyklub I in die toegelate 80 minute opgestapel het.
Die Rooi Bulle was halftyd met net sewe punte (33-26) agter die Bloues, maar moes in die tweede helfte sien hoe die 2014 premierliga-kampioen 57 punte sonder antwoord inryg.
Die opwindende en skoon wedstryd was aanskoulik met die bal wat ewe veel deur beide spanne rondgegooi is. Dit was gou duidelik dat Jood Opperman se manskappe met ’n totaal ander benadering op die veld gestuur is as dié span se gewoonlik konserwatiewe spelpatroon vroeër vanjaar. Hiervoor kan die terugkeer van Claude Bouwer, sy losskakel, en Johan Adriaanse op binnesenter ook gekomplimenteer word.
In die skrums was United baas en het met gemak sy opponent gedomineer, wat swak besit aan Rehoboth verseker het. Dit het egter nie vir Elrich Jansen, sy bonkige skrumskakel, gekeer om sy kleim af te steek nie.
Die Rooi Bulle het nie sommer net gaan lê nie en met elke moontlike bal die verdedigingslinie van United beproef en self vier keer agter die Bloues se doellyn te gaan kuier.
Die gasheerspan se snellers op die punte was die naweek eenvoudig briljant op die aanval en het soms met die grootste gemak die verdedigers van Rehoboth geklop om nóg ’n vyfpunter te gaan aanteken.
Soos gewoonlik was Morné Louw kookwater in sy 100ste wedstryd vir die Filistyne. Sy broer Stefan (vleuel) was ook weer op sy stukke en het drie keer gaan druk.
Kaptein Winmar Rust was ná ’n enkelbesering weer terug aan stuur van sake. Hoewel die rooikop-slot nie enige skoppe na die pale waargeneem het nie en ’n stillerige wedstryd beleef het, was sy rol as leier op die veld onontbeerlik. Hy is goed in die los en lynstane deur sy slotmaat Duitser (Stefan) Neustädt ondersteun wat opnuut met sy werktempo beïndruk het.
Collen Smit is heel moontlik ook een van die mees onderskatte stutte in die land.
Vir die Filistyne was die ses ligapunte wat hy uit dié kragmeting gekry het, heel moontlik nie so belangrik as die boodskap wat hy aan sy uitdagers gestuur het nie.
Indien Opperman sy volledige span op 22 Augustus teen Unam I in die veld kan stoot, behoort die Filistyne wéér in die eindstryd op te draf. Ironies genoeg het United en Unam in albei hul ontmoetings hierdie seisoen gelykop gespeel.
Puntemakers:
Vir United het Nandivatu Karuuombe, Phillip Nashikaku en Martin Cronjé elk een drie gedruk, terwyl Claude Bouwer (2), Morné Blom (2), Stefan Louw (3) en Tuna Amutenya (vier keer) ook afgerond het. Claude Bouwer slaag met sewe doelskoppe, terwyl Niël van Vuuren (1) en Robert Dickson (2) ook met die stewel bydra.
Vir Rehoboth het Naseem Swartz, Chase Diergaardt, Kurt Stellmacher en Paulus Hangula elkeen een drie gedruk, terwyl Swartz met drie doelskoppe in die kol was.

Tags: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!