Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Tyd om Kenia op sy plek te sit

$
0
0

Sportredaksie - Die slegte smaak in die mond wat Kenia verlede jaar met ’n skokoorwinning teen die Welwitschias veroorsaak het, moet môre op oortuigende wyse terugbetaal word.
Vir afrigter Phil Davies en sy Namibiese Welwitschias sal niks minder as ’n oortuigende sege goed genoeg wees in hul botsing teen die Oos-Afrikane in die Hage Geingob-stadion nie.
Goed en wel, Kenia is propvol selfvertroue nadat hulle in die afgelope maande oorwinnings teen spanne soos Spanje, Portugal, Tunisië en natuurlik Namibië behaal het.
Niks sal vir Jerome Paarwater en sy Simbas meer genot verskaf as om môre ’n punt te bewys teen die Namibiërs wat volgende maand die vasteland se kwalifiseerder by die Wêreldbeker in Engeland is nie.
Kaptein Jacques Burger lei môre ’n span waarin vir oulaas ’n paar proefnemings gedoen word. Maar met ’n onlangse reeksoorwinning teen Rusland en ’n volsterkte Wêreldbekergroep wat reeds die afgelope maand saam klipharde bene gekou het, is daar geen rede hoekom enige faktor in Kenia se guns hoef te wees nie.
Gister by ’n nuuskonferensie by die Namibië Rugbyunie (NRU) was Davies en Burger besonder positief oor die verloop van die tuisspan se voorbereiding vir die Wêreldbeker.

NUWELINGE
Damian Stevens (skrumskakel) en Wian Conradie (flank) is die twee nuwe spelers wat môre hul toetsdebuut teen Kenia maak, terwyl manne soos Leneve Damens (agtsteman) en die senterpaar Darryl de la Harpe en Heinrich Smit en stut AJ de Klerk ook spesiaal in die kollig sal wees.
Die Afrikabeker A1-kragmetings teen Kenia, asook Zimbabwe sewe dae later, word net soos die Rusland-reeks deur Windhoek Draught geborg.
“Die jong spelers wat nou deel van die groep is, is nie net daar vir die Wêreldbeker nie, maar om diepte vir die volgende vier jaar tot en met die 2019 Wêreldbeker te skep. Dit is uiters belangrik om hulle saam met meer ervare en professionele spelers te laat oefen om ondervinding op te doen. Die balans is besig om goed reg te kom.
“Damian is ’n baie vinnige skrumskakel wat die bal blitsig van die merk af versprei. Dit kan sy agterspelers help om beter oor die voordeellyn te kom. Ek is opgewonde oor sy talent en verwag in die toekoms nog baie van hom. Hy kan die naweek ’n fout of twee begaan, maar hy sal ook goeie dinge doen. Dis wat belangrik is, want dit is al hoe hy gaan leer,” het Davies gesê.
Burger sê die spelersgroep is besig om een groot familie te word.
“Die nuwe ouens het goed aangepas en kom almal goed met mekaar oor die weg. Die mengsel van gesoute en nuwe spelers is van kardinale belang, want ons ouer manne kan hulle leiding gee wanneer om watter besluite te neem. Wanneer die druk hoog is, is wanneer paniek kan intree en onervare ouens onnodige foute begaan.
“Ons is nie net daar om met voorbeeld te lei nie, maar ook om die ouens te help om koelkop te bly. Die ouens is positief en hul hele houding is goed, want ons het daardie wilde jong manne nodig wat enige wedstryd se gang kan verander,” het Burger vertel.

GROEI
Davies sê die Namibiese spelers het sedert 2014 heelwat verbeter.
“Ek het in Oktober verlede jaar betrokke geraak en ná vele besprekings met die NRU het ons ’n program in werking gestel om die spelers se fiksheid te verhoog, hulle sterker te maak en hul algehele kondisionering te verbeter. Daar is hard aan hul vaardighede geskaaf en ek moet sê die ouens is nou totaal en al in ’n ander klas as tien maande gelede. Ons het die hele proses baie goed gemonitor om die vordering van elke speler te volg.”
Burger reken ook die NRU beweeg in die regte rigting met strukture wat nie tydens die vorige Wêreldbeker daar was nie.
“Tonga en Fidji is kleiner unies, soos Namibië, wat nie oor die nodige platform beskik om hul spelers oor ’n lang tydperk op te bou en voor te berei nie. Ons het geweldig baie talent en kon dit nie in die verlede behoorlik ontwikkel nie, maar wat die NRU die afgelope tyd reggekry het, is noemenswaardig.
“Ná die 2015 Wêreldbeker gaan alles nie weer soos vorige kere platval nie, want daar gaan vir die volgende vier jaar hard gewerk word om vir 2019 voor te berei. Die hele afrigtingspan wat saamgestel is, het ’n massiewe verskil gemaak.
“Ons het verlede jaar teen Kenia verloor en hulle sal vol selfvertroue wees ná hul onlangse oorwinnings. Zimbabwe is ook ’n krag om mee rekening te hou, want beide die twee lande het die Wêreldbeker net-net nie gehaal nie. Ons sal dit soos Wêreldbekerwedstryde hanteer en nie kanse waag nie. Die werk is nog nie klaar nie en ons gaan nog verder ontwikkel en groei. Die naweek wil ons ’n hele paar mense verras.
“Die span gaan 100% in die komende twee toetse gee, want daar is ouens wat ’n indruk wil maak. Die groep moet nog gefinaliseer word en daar is net plek vir 31 spelers vir die Wêreldbeker,” het die kaptein bygevoeg.
Davies sê ná die twee toetse wag ’n finale oefenkamp in Durban.
“Pieter Rossouw het ’n groot verandering by die agterspelers gebring wat ’n faktor in Engeland sal wees. Ons hoop dat die wedstrydplan met die Wêreldbeker goed gevestig sal wees, want ons wil topklas rugby speel om daardie geskiedkundige eerste wedstryd te wen. Ons wil graag die Namibiese nasie trots maak en die manne werk hard daaraan.
“Daar is baie doelwitte om voor te werk. Sukses lok borge en die sakegemeenskap hou daarvan om goeie bestuur by ’n sportunie te sien. Die NRU is beslis op die regte pad.1396986481

Tags: 
Author: 
Tielman vanlill

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!