Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Net All Blacks meer ervare as Bokke by WB

$
0
0

Slegs die All Blacks sal met ’n meer ervare span as die Springbokke na vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Brittanje opruk.

Steve Hansen, afrigter van die All Blacks, het volgens die New Zealand Herald ’n groep gekies wat saam 1 484 toetse op sy kerfstok het. Die kaptein en flank Richie McCaw het onlangs sy wêreldrekord in sy 142ste toets opgestoot.

Die Kiwi’s se totaal is 187 toetse meer as die Springbokke s’n.

Georgië se naam verskyn volgens dié lys verrassend in die derde plek met 1 253 toetse.

Die Engelse, wat as gasheerspan as een van die gevaarlike buiteperde beskou word, se naam is met 761 toetse slegs in die 14de plek.

Die WB-spanne met die meeste ervaring is:

1. Nieu-Seeland (1 484 toetse), 2.Suid-Afrika (1 297), 3. Georgië (1 253), 4. Australië (1 243), 5. Italië (1 153), 6. Roemenië (1 151), 7. Ierland (1 024), 8. Wallis (1 013), 9. Japan (984), 10. Frankryk (979), 11. Skotland (901), 12. Argentinië (845), 13. Uruguay (833), 14. Engeland (761), 15. Kanada (673), 16. Fidji (592), 17. Amerika (552), 18. Namibië (512), 19. Tonga (501), 20. Samoa (483).

Die amptelike statistiek wat egter oor die Namibiese WB-span beskikbaar gestel is, stel die Welwitschias se gesamentlike toetse op 468, wat hulle in die 20ste plek eerder as 18de plaas.

• Die Wallabies spog met die meeste spelers (13) wat in 50 toetse of meer gespeel het.

Die Springbokke is met elf spelers in die tweede plek op die lys.

Roemenië het ook elf spelers in sy geledere wat al in 50 toetse of meer gespeel het.

Die Engelse het net drie spelers wat dié mylpaal al behaal het.

Van die Namibiese spelers is die stut Johnnie Redelinghuys (46 toetse) die nasionale rekordhouer wat ook vir sy derde WB-toernooi gekies is. – Netwerk24 en eie berig

Tags: 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263