Is jy ’n intekenaar op een of meer van Namibië Media Holdings se vier koerante, Republikein, Namibian Sun of Allgemeine Zeitung?
Indien wel is daar dalk ’n lekker bonus na jou kant toe op pad.
Ter viering van Namibië se deelname aan die agtste Wêreldbeker-rugbytoernooi kan jy dalk die gelukkige wenner van ’n betaalde reis vir twee persone met dubbelkaartjies vir die Welwitschias se botsing teen Georgië in Exeter op 7 Oktober. As ’n bonus is bywoning vir die Wêreldbeker-wedstryd tussen die Springbokke en Skotland in Newcastle op 3 Oktober ook hierby ingesluit.
Die prys sluit vliegkaartjies (ekonomiese klas) vir twee mense vanaf Windhoek via Johannesburg na Londen, tweeduisend ponds om reis-, verblyf- en ander kostes te dek asook die wedstrydkaartjies in.
Die vertrekdatum is 1 Oktober uit Windhoek, voordat die wenners op 8 Oktober uit Londen sal terugvlieg en die volgende dag in Windhoek sal aankom.
Vooraf bespreekte verblyf is reeds beskikbaar, maar die wenner kan dit ook hierdie reëlings verander. ’n Gehuurde motor is ook reeds bespreek.
Die totale waarde van hierdie prys beloop N$80 000 wat deur NMH en die vier borge van die koerantgroep se dekking van Namibië se reis na die Wêreldbeker moontlik gemaak word. Dié vier borge is DSTV, FNB Namibia, Heineken en Land Rover.
Só werk die kompetisie
Die kompetisie strek oor 14 dae vanaf 1 tot 14 September. Intekenaars op enige van NMH se koerante mag inskryf.
Skakel dus gerus ons Intekenare-span wat jou kan help om op enige van ons nasionale koerante in te teken (tel. 061 297 2168 of 081 742 1065).
Vir elke inskrywing vir hierdie kompetisie sal jou selfoonnommer gebruik word om te verifieer of jy ’n intekenaar is.
Indien jy jou nasionale koerant deur ’n korporatiewe subskripsie ontvang, mag jy inskryf indien jou werkgewer dit deur ’n ondersteunende brief goedkeur. Maak dus seker dat jy hieroor beskik voordat jy inskryf.
SMS eenvoudig die sleutelwoord RWC en jou naam na 51500 enige tyd tussen nou en 14 September. Die koste van die SMS is net N$1.
Op 15 September sal tien gelukkige inskrywings getrek word wat vir die volgende oggend na ’n ontbyt genooi sal word waar die trekking vir die enkele finale wenner uit diegene teenwoordig gedoen sal word. Hierdie koerantleser sal dus sy/haar tasse kan pak vir die die geleentheid van die jaar – en van ’n leeftyd.
Hierdie unieke prys is nie vir kontant omruilbaar nie; skryf dus net in indien jy vir die reis beskikbaar is. Inskrywings moet minstens 18 jaar oud wees en moet ’n geldige paspoort hê om na Londen te kan reis.
Die beslissing van NMH as hooforganiseerder van die kompetisie is finaal. Die wenner moet self die reëlings vir die reisversekering tref, wat ’n voorvereiste is om voordeel uit die prys te kan trek.
NMH wys graag op hierdie manier sy waardering teenoor sy gereelde lesers, asook die ondersteuners van die borge van ons “Reis na die Wêreldbeker” veldtog, naamlik DStv, FNB Namibia, Heineken en Land Rover.