Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

NRU-verkiesing wag volgende maand

$
0
0
NRU-verkiesing wag volgende maand

Die Namibië Rugby-unie se algemene jaarvergadering sal op 19 Maart plaasvind, waar sy nuwe topbestuur vir die volgende tweejaartermyn verkies sal word.
Duidelikheid oor die beskikbaarheid van die huidige bestuurslede behoort dan verkry te word. Die meeste van die huidige agttal behoort steeds verkiesbaar te wees binne die maksimum van drie termyne van twee jaar elk wat deur die NRU se grondwet gestel word.
Mnre. Bradley Basson (president), Danie Strauss (visepresident), Hans Hashagen, Randall Louw, Jacky Husselmann, Tommy Mbeeli en adv. Louis Botes is die agt bestuurslede wat tans die besluitnemende struktuur vorm.
Hulle word aangevul deur twee verteenwoordigers elk van die Namibiese skolerugbyvereniging en Tisan (die sportvereniging van tersiêre instellings).
Vir die topbestuur is ’n vergadering wel in die komende week belê waar besluite oor ’n paar dringende aangeleenthede geneem behoort te word.
In die kantoor van die NRU is me. Elizma Theron intussen as waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel tot tyd en wyl die algemene jaarvergadering plaasvind.
Die reëlings vir die komende Curriebekerreeks waarin Namibië ook verskeie wedstryde in die Hage Geingob-stadion aanbied, is een van die dringende sake wat tans op Theron se tafel is.
Basson het aan die koerant gesê ’n vaste aanstelling van ’n uitvoerende hoof in die plek van Sybrand de Beer behoort ná die jaarvergadering te kan geskied. De Beer dien voortaan as konsultant vir die NRU se beoogde kommersiële struktuur.
“Daar is twee moontlike oplossings op die tafel. Een is om ’n onafhank­like werwingsagentskap aan te stel om onderhoude met kandidate vir die pos van uitvoerende hoof te voer. Die voordeel hiervan is deursigtigheid om ’n bekwame administrateur vir die volgende vierjaarsiklus tussen Wêreldbekers te vind,” het Basson gesê.
“Die tweede opsie is om die aanstelling in samewerking met Wêreldrugby te doen, deurdat hulle dalk ’n waarnemer invlieg om deel van die onderhoude te wees. Bekwaamheid vir die posisie is ook vir wêreldbeheerliggaam van groot belang.
“Vir Wêreldrugby is dit belangrik dat Namibië in die komende seisoen die geleentheid ten volle benut wat deur sy insluiting in ’n sterk kompetisie soos die Curriebeker geskep is.”
Nader aan die rugbyveld is die aanduidinge dat die NRU teen volgende week ’n oefengroep kan aankondig wat vir die Curriebeker sal begin voorberei. Die groep behoort uit sowat 40 of 50 spelers te bestaan. Plaaslike spelers wat deel van die 2015 Wêreldbeker was, sal die kern vorm en sal met die uitgesoekte talent uit die klubstruktuur aangevul word.
Na verwagting sal Phil Davies (hoofafrigter) en Wayne Proctor (krag en kondisionering) in Maart in Windhoek aankom met die oog op die Curriebeker-aanslag wat op 9 April teen die Vrystaat in Bloemfontein begin.
Sewe tuis- en sewe wegwedstryde lê voor wat sal bepaal of Namibië die tweede rondte (Augustus tot Oktober) in die premierliga of die eersteliga sal meeding.

SUBURBS VERGADER
Die rugbyklub FNB Western Suburbs het kennis gegee van sy buitengewone algemene jaarvergadering wat op Dinsdag 16 Februarie om 18:30 by die klubhuis by Suburbspark in Khomasdal gehou gaan word.
Alle huidige, voormalige en voornemende klublede is welkom om die vergadering by te woon. Vir navrae kan Henry Coetzee by sel. 081 284 6613 geskakel word.
Republikein vra verskoning vir ’n vroeër oorsig waarin die datum verkeerdelik as 26 Februarie deurgeglip het.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!