Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Williams aan stuur vir Curriebeker

$
0
0
Williams aan stuur vir Curriebeker

John Williams sal Namibië se afrigter in die 2016 Curriebeker-seisoen wees.
Dié besluit van die Namibië Rugby-unie (NRU) se hoofbestuur Woensdagaand is gister deur die waarnemende hoof uitvoerende beampte, me. Elizma Theron, bekend gemaak.
Williams dien die afgelope jaar ook as die NRU se hoofbestuurder van rugbysake en het in ’n vorige termyn as afrigter van die Namibiese toetsspan die suksevolle kwalifiserende veldtog vir die 2011 Wêreldbeker gelei.
In die Suid-Afrikaanse provinsiale opset het hy ook as afrigter van die Valke opgetree.
Net soos in verlede jaar se Wêreldbekertoernooi sal Roger Thompson as die verdedigingsafrigter aanbly.
’n Nuwe rigting word ingeslaan met die besluit dat die flank Rohan Kitshoff (voorspelers) en senter Darryl de la Harpe (agterspelers) as speler-afrigters sal leiding neem.
Republikein verneem dat rugbyklubs genooi is om spelers vir die nasionale oefengroep te benoem. Die oefengroep behoort komende Maandagaand amptelik met sy voorbereiding weg te spring vir die Curriebeker-seisoen wat in April begin.
Die krag- en kondisioneringsafrigter Wayne Proctor behoort ook Maandag op sy pos te wees om die leiding met die spelersgroep se fiksheidswerk te neem. Vanaf volgende maand sal die nasionale hoofafrigter Phil Davies glo ook hier wees.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263