Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Curriebeker-groep begin van nuuts af

$
0
0
Curriebeker-groep begin van nuuts af

Andrew Poolman - Net agt lede van die 2015 ­Wêreldbekergroep van 31 spelers is ingesluit in die eerste ­voorlopige oefengroep van die Namibië Rugby-unie (NRU) met die oog op die komende Curriebeker-seisoen.
Altesame 21 spelers in die aangewese groep het verlede jaar minstens een verskyning in die Vodacombekerreeks gemaak. Net soos in laasgenoemde kompetisie sal Namibië weer grootliks op sy tuisgebaseerde spelers en die uitblinkers in plaaslike klubrugby moet staatmaak.
Die Curriebeker-seisoen begin vir Namibië met ’n wegwedstryd teen die Vrystaat op 9 April. Dit gee die Curriebeker-afrigter John Williams en sy helpers net nege weke om hul groep veggereed te kry.
Altesame 14 wedstryde word net in die eerste rondte gespeel om te bepaal wie dan na die premierliga vorder of verder in die eerste liga meeding. Net drie kwalifiseerders vorder na die premierliga saam met die ses Superrugby-unies.
Ná klaarblyklik beperkte terugvoering van klubs wat genooi was om bykomende spelers vir die oefengroep te benoem, het Williams ’n groep van 47 spelers bekend gemaak wat gisteraand vir fiksheidstoetse in die Hage Geingob-stadion moes aanmeld.
’n Stewige lysie van spelers wat dalk in die prentjie kon wees, is om verskeie redes nie beskikbaar nie.
Aurelio Plato, losskakel van Kudus en nasionale sewesspeler, het intussen by die Universiteit van die Wes-Kaap ingeskryf, terwyl Henrique Olivier hom in Port Elizabeth by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit aangesluit het.
Olivier het in die tweede helfte van die 2015-seisoen as Unam se nommer tien heelwat van sy selfvertroue op die veld herwin, nadat hy vars van die skoolbanke in die diep kant van die Vodacombeker ingegooi is.
Nog ’n losskakel/senter en betroubare stelskopper wat laas jaar in die Vodacombeker-groep was, Jacques Nell, is intussen getroud en het na Pretoria verhuis waar hy ook verder gaan studeer.
Ná onlangse operasies word verwag dat talentvolle slotkandidate soos Munee Tjiueza (rug) of Mahepisa Tjeriko (knie) in die komende seisoen nie op die rugbyveld gesien gaan word nie.
Skrumskakel Eneill Buitendag se rugbyplanne vir 2016 is glo nog onseker.
Ander bekende weglatings wat reeds Namibiese truie gedra het, sluit in die agterspelers Danie van Wyk (werkverpligtinge), Léan Stoop, Malcolm Moore en Silvano Beukes, asook die voorspelers Munio Kasiringua, Max Katjijeko, Stefan Neustädt en Stef Botha.
Franklin Bertolini het ook in ­Januarie aan die koerant aangedui dat hy voorlopig uitgetree het – soos ander ervare stutte Jaco Engels, André Schlechter en Johnnie Redelinghuys.
Die aansluiting van Wêreldbekerspelers soos Rohan Kitshoff, AJ de Klerk, JC Greyling en Heinrich Smit by die plaaslike groep is nietemin welkome nuus. ’n Man soos Tinus du Plessis is ook bestem om voor die Curriebeker terug van sy tydjie by London Scottish te wees.
Die genooide spelers wat gisteraand vir fiksheidstoetse moes aanmeld, is die volgende (2015 Wêreldbeker-spelers tussen hakies):
Stutte: AJ de Klerk (WB), Collen Smit, Shaun du Preez, Jason Benade, Aleck Botha.
Hakers: Rathony Becker, DG Wiese, Niël van Vuuren, Eaton Cloete, Dewald Coetzee.
Slotte: Morné Blom, Ruan Ludick, Delric van Wyk, Denzil van Wyk, Vavi Kaura.
Losvoorspelers: Zana Botes, Leneve Damens (WB), Rohan Kitshoff (WB), Thomasau Forbes, Roderique Victor, Naudé Neethling, Zane Groenewaldt, Ngumee Ngaiko, Kevin Harding.
Skrumskakels: Arthur Bouwer, Collin de Koe, JC Winkler, Cameron Klassen.
Losskakels: Shaun Kaizemi, Ascher Coetzee, Claude Bouwer, MP Pretorius.
Senters: Darryl de la Harpe (WB), JC Greyling (WB), Leslie Klim, Donovan Hummel.
Vleuels: Russell van Wyk (WB), Nandivatu Karuuombe, Phillip Nashikaku, Tuna Amutenya, Stephan Louw, Divan Singaram.
Veelsydige agterspelers: Heinrich Smith (WB), Johann Tromp (WB), Brendan Dentlinger.
Heelagters: Justin Nel, Quinton Fielding.
ONDER 20’s
Die Namibiese o.20-groep sal vanaf 22 tot 28 Februarie ’n oefenkamp in Windhoek bywoon en aan proefwedstryde deelneem waar die finale toergroep saamgestel sal word.
Die juniors onder afrigterskap van Roger Thompson sal vanaf 15 April tot 1 Mei in Zimbabwe aan die Wêreld Junior Trofee-toernooi vir o.20-spanne van ontluikende rugbylande deelneem. Die finale spelersgroep sal nog twee oefenkampe voor hul vertrek hou, naamlik 21-26 Maart en 8-15 April, met laasgenoemde hul vertrekdatum na die buurland.
Enige spelers met Namibiese burgerskap en geldige reisdokumente wat tussen 1 Januarie 1996 en 31 Desember 1997 gebore is, is welkom om by vandeesmaand se oefenkamp aan te meld en aan die proefwedstryde deel te neem.
Spelers wat hulle buite Namibië bevind, word versoek om by die NRU aansoek om vrystelling van deelname aan die proefwedstryde te doen. ’n Verduideliking van hul omstandighede asook ’n mediese en fiksheidsverslag sal hierby ingesluit moet wees.
Benoeming van spelers of ander korrespondensie kan aan info@nru.com.na gestuur word.

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!