Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all 263 articles
Browse latest View live

Affies in hul droomfinaal teen WHS

$
0
0
Affies in hul droomfinaal teen WHS

Andrew Poolman - Eindstryde en semifinale van die Momentum onder 19 Superliga het al dikwels tevore groot skokke opgelewer wanneer spanne wat as “kleintjies” gereken is die gunstelinge onttroon het.
Môre se finaal tussen Samsung Windhoek Hoërskool en ­Officecomics Windhoek Affies is beslis so ’n geleentheid waar daar sekerlik net een wenner kan wees wanneer die spanne op papier opgeweeg word.
Affies bevind hulle reeds verreweg in die hoogste eindposisie wat dié skool nog op die rugbyveld kon beklee. Nadat hulle tevore nie hoër as sesde in die premierliga kon klaarmaak nie (wenners van die A-liga), het hulle vanjaar vyfde geëindig. Dit het hulle in ’n kwarteindstryd teen die vierde geplaaste Namib Diesel Walvisbaai geplaas, vir wie hulle met redelike oortuiging uitgeskakel het.
In laas naweek se semifinaal teen Supersand Elnatan het die Gimmies nog ’n agterstand gehad toe die laaste toeter blaas. Met die laaste beweging het hul ­invloedryke losskakel Gerswin Mouton egter die wendrie gaan druk om die ­oorwinning met 30-27 te beklink.
Onder afrigterskap van Johan Zaayman en Herman Lintvelt (twee Wêreldbeker-spanmaats van 1999) wil dit voorkom asof die WAP dalk nou op die regte tyd van hul beste rugby speel.
In WAP se verloorwedstryde vanjaar was dit ’n neiging dat hulle in die tweede helftes erg uitgesak het – maar as hul vasbyt van die laaste twee naweke voortgesit word, kan hul grootste droomseisoen dalk net werklikheid word.
Windhoek Hoërskool het ’n tradisie van goeie vertonings in eindstryde – indien hulle eers só ver gevorder het, was Elnatan in 2006 die enigste opponent in hierdie eeu wat dit kon regkry om die bloues te stuit.
Henry Kemp, Jan Dames en Ben Calitz het op sigself vanjaar ’n indrukwekkende regrukpoging met die Koedoebulle reggekry.
Dit was Kemp se eerste seisoen as hoofafrigter nadat hy juis vanaf die einste Windhoek Affies aangesluit het en dit was duidelik ’n baie doeltreffende skuif.
Dit is seker nie nodig om baie verder as laas naweek se oorwinning in die semifinaal teen Ricoh Windhoek Gimnasium te kyk om te weet waartoe die WHS-span in staat is nie. Dit was immers die derde keer vanjaar dat hulle met die verdedigende kampioenspan van 2015 afgereken het.
WHS het nie minder nie as agt spelers in sy beginspan wat vanjaar by die Cravenweek gespeel het. Nog drie was by die Akademieweek in aksie – van wie een die blink jong losskakel Delron Brandt is, wat met sy skopstewel ’n wedstryd kan dikteer soos min ander.
Aan die kant van Affies was los­skakel Mouton en stut André Rademeyer sy verteenwoordigers by die Cravenweek in Durban.
Affies se beste vertonings vanjaar was ironies genoeg juis teen die enigste twee spanne teen wie WHS vanjaar gesukkel het. Die bloues se enigste nederlaag was in ’n wegwedstryd teen Walvisbaai, terwyl hulle ook teen Elnatan op Stamp­riet gelykop gespeel het.
Die naweek se spanne vir die o.19 Superliga, asook vir die o.19A-ligafinaal is soos volg:

OFFICECOMICS WINDHOEK AFFIES I: 15 Handeon Morkel, 14 Gerweino Benadé, 13 Tobie van Zyl , 12 Snyman van der Walt, 11 Gianni Platt, 10 Gerswin Mouton, 9 Jay-C Olivier (o.kapt), 8 Stefan Hattingh (kapt), 7 Christiaan Heunis, 6 Bernard Wessels, 5 Frans Oosthuizen, 4 Louis Boshoff, 3 Jurgen-Leigh Human, 2 Guillaume Snyders, 1 André Rademeyer.
Reserwes: Marthinus Smit, Jacobus du Plessis, De Wet ­Oosthuizen, Roelof Theron, Christiaan Celliers, Danie van der Merwe, Herman Steyn, Johan Zaayman.

SAMSUNG WHS I: 15 André van der Berg (o.kapt), 14 Elmarco Beukes, 13 Handré Klazinga, 12 Justin Muir, 11 Warren Ludwig, 10 Delron Brandt, 9 Duan Fourie, 8 Oderich Mouton , 7 JD Nel, 6 Prince !Goaseb, 5 Luandro Erasmus, 4 Rainer Augustyn (kapt), 3 Andries Jacobs, 2 JT Basson, 1 Chris Swanepoel.
Reserwes: Gerhard Thirion, Wander Augustyn, John-Harris Klazen, Christiaan Hennig, Kyle Ducie, Jacques Theron, Isaiah Muhinda, Damien Muller.

WHS tweede span: 15 Damian Müller (kapt), 14 Marco Schäfer, 13 Isaiah Muhinda, 12 Jacobus Kruger, 11 Petrus Howeseb, 10 Wilhelm Schultz, 9 Jacques Theron, 8 Romario Janga, 7 Ignacio Feris, 6 Kyle Ducie, 5 Adriaan Venter, 4 Christiaan Hennig, 3 John-Harris Klazen (o.kapt), 2 Gerhard Thirion, 1 Franco Pretorius.
Reserwes: Daniël Kotze, Walther Barnard, Nolito Beukes, Ruan du Toit, Damian Engelbrecht, Jiaan Beukes, Donovan Resandt, Gert Stoman. Afrigters: Riaan Steyn en Jurie van Tonder.

WINDHOEK GIMNASIUM tweede span: 15 Ruben Lambrechts, 14 Marcellino van Rooi, 13 Henry Oliver, 12 Nico Horn (kapt), 11 Gino Brockerhoff, 10 Keanonn Kolz, 9 Tertius Lambrechts, 8 Jacobus Opperman (o.kapt), 7 Jean-Jacques Richter, 6 Roaldo Rittmann, 5 Wilfred Morkel, 4 Juan Hoffman, 3 Claus Schmidt, 2 Louw Steenkamp, 1 Willem Adriaan Vermeulen.
Reserwes: Zane Feris, Roberto Herunga, Marthinus van Wyk, Herschelle van Schalkwyk, Chester Diergaardt, Archibald Norval, Riduan van Neel, Luciano Abrahams. Afrigters: Vince Dreyer, Jaco Engels en Nico Horn sr.

Tags: 
Andrew Poolman

Rugby: Marathon-Samstag in Olympia

$
0
0
Rugby: Marathon-Samstag in Olympia

Von Olaf Mueller, Windhoek

Diesen Samstag bestreitet Namibias Rugby-Auswahl im Currie Cup ihr erstes Heimspiel der Endrunde. Um 15 Uhr empfangen die Welwitschias im Hage-Geingob-Stadion die Leopards. Das Aufeinandertreffen in der Qualifikationsphase hatte die Mannschaft aus Potchefstroom im heimischen Olën Park souverän mit 42:17 gewonnen.

Mit dem knappen 26:24-Heimerfolg über die Border Bulldogs vom vergangenen Wochenende im Gepäck, könnten die Leopards die Tabellenführung übernehmen. Die hat derzeit der Welwitschias-Bezwinger SWD Eagles inne. Das Team aus George hat nun die Down Touch Griffons zu Gast. Der Tabellenzweite aus der Free-State-Provinz war mit einem 50:27-Kantersieg gegen die Hino Valke in die Endrunde gestartet.

Die namibische Auswahl wartet derweil weiter auf ihren ersten Saisonsieg. In der Qualifikation hatten die Schützlinge von Trainer John Williams gerade mal einen Punkt aus der Heimpartie gegen den damaligen Tabellenführer Griquas (25:55) eingefahren (AZ berichtete). Das war auch das einzige Spiel, in dem die Welwitschias vor dem Start in die erste Division auf mehr als 20 Zähler kamen. Erschwerend kam für die Welwitschias hinzu, dass ab Juni viele Spieler zur Vorbereitung auf den Africa Cup abgestellt wurden und für den Kader nicht mehr zur Verfügung standen.

Vor der morgigen Partie gibt es für alle Fans noch einen Leckerbissen: Ab 13.15 Uhr findet im Hage-Geingob-Stadion das Finale der besten Schulmannschaften des Landes statt. Dann stehen sich die unter 19-jährigen Spieler der Windhoek High School (WHS) und der Windhoek Afrikaansen Privaatskool (WAP) gegenüber. Auf dem Weg ins Finale hatte die WHS am vergangenen Wochenende das als Titelverteidiger angetretene Windhoek Gymnasium ausgeschaltet. Die WAP setzte sich indes gegen die aus Stampriet (Hardap-Region) angereisten Vertreter der Elnatan-Privatschule durch.

In den Jahrgängen U11 bis U19 geht es bereits ab dem heutigen Freitag um 9 Uhr heiß her, wobei neben den A-Teams auch die B-, C- und D-Mannschaften um den Saisonsieg spielen. Am Samstag wird dann ab 8 Uhr morgens im Stadtteil Olympia gegen das Ei getreten. Wer sich also vor dem Auftritt der Welwitschias noch einen Appetithappen holen möchte, sollte morgen schon früh auf den Beinen sein.

Olaf Mueller

Deysel help Luiperds oorleef

$
0
0
Deysel help Luiperds oorleef

Andrew Poolman - Die Luiperds was redelik gelukkig om Saterdag met ’n naelskraapse oorwinning van 54-42 uit hul Curriebeker eersteliga-wedstryd teen die Windhoek Draught Welwitschias te kon ontsnap.
Vir die gasheerspan het ’n goeie geleentheid deur die vingers geglip om dalk hul eerste oorwinning in vanjaar se reeks te behaal.
In stede daarvan moes hulle tevrede wees met die bonuspunt wat hulle behaal het deur ses opwindende drieë vir die dag te druk.
Die flank Rohan Kitshoff is as speler van die wedstryd aangewys en het agterna in sy media-onderhoud uitgewys dat die plaaslike amateurspan reusevordering gemaak het in vergelyking met waar hulle vier maande gelede begin het.
Afrigter John Williams het steeds vertroue dat komende naweek se wegwedstryd teen die Grens Bulhonde opnuut ’n kragmeting sal wees waarin ’n geleentheid vir ’n oorwinning hom kan voordoen. “Die ouens moet hulle net in die fisieke stryd meer laat geld en die selfvertroue kry dat hulle wel kan wen,” sê hy.
Die komende besoek aan Oos-Londen sal egter sonder die bedrywige loskopstut Casper Viviers gebeur, wat vandeesweek na sy klub in Frankryk terugkeer.
Die Luiperds se binnesenter en kaptein vir die dag, Johan Deysel, het met 24 punte geëindig deur twee drieë te druk en met sewe doelskoppe te slaag. Dit was waarskynlik die eerste maal dat die Namibiër in kompeterende rugby die stelskopwerk hanteer sedert sy matriekjaar by Windhoek Hoërskool in 2010. Saterdag het hy ook as baldraer en spelskepper uitgeblink.
Soos die 96 punte in die wedstryd aandui, was die verdediging aan beide kante nie juis stewig nie, hoewel beide spanne ten volle op aanvallende hardlooprugby ingestel was.
Vinnige, oop hanteerwerk het die Namibiërs in staat gestel om die gapings te vind en groot agterstande uit te wis. Net op die bepalende stadiums was hulle egter nie straatslim genoeg om die oorwinning te verseker wat vir ’n slag weer die respek van Suid-Afrikaanse provinsies sou begin afdwing nie.
Toe die Namibiërs vroeg met 19-0 agter was, het dinge sleg gelyk vir die tuisondersteuners, maar met drie verdoelde drieë binne twaalf minute het hulle teruggeslaan om met 21-19 voor te loop.
In dié tyd was boonop nóg ’n aanskoulike “drie” wat linkervleuel Gino Wilson uit sy eie helfte gaan druk het, maar wat weens ’n beweerde vorentoe aangee nie toegeken is nie.
’n Geel kaart vir skrumskakel Cameron Klassen net voor rustyd het egter die momentum help stuit en toe die Welwitschias weer kyk, was hulle weer met 40-21 agter.
Nog twee Welwitschias-drieë het hulle op 40-35 weer binne bereik geplaas met ’n volle 20 minute speeltyd oor. Dit was hier waar hul oorhaastigheid met nog ’n tikskoppie in hul eie helfte skadeloos doodgeloop het, eerder as dat hulle die druk met ’n goeie lynskop kon verplaas het.
Die Luiperds het die volgende twee drieë gaan druk om met 54-35 voor te loop, voordat die plaasvervanger-senter Lesley Klim ná die toeter weggebreek het om sy tweede drie te gaan druk.
Klim bly maar ’n woelwater op die aanval en die 22-jarige Unam-speler het die opponerende agterspelers behoorlik van hom laat kennis neem met sy vinnige aftrappe, kragtige afstamp en vaartversnelling.
Die Welwitschias se losskakel Eugene Jantjies het met elk van sy ses doelskoppe vir die dag geslaag, maar moet seker ook ’n mate van verantwoordelikheid aanvaar vir die drie drieë wat sy direkte opponent Gene Willemse gedruk het.
Punte:
Luiperds – Drieë deur losskakel Gene Willemse (3), senter Johan Deysel (2), flanke HP Swart en Loftus Morrison, vleuel Rowayne Beukman; Doelskoppe: Deysel (7).
Windhoek Draught Welwitschias – Drieë deur plaasvervanger Lesley Klim (2), heelagter Chrysander Botha, vleuels Phillip Nashikaku en Gino Wilson, agtsteman Leneve Damens; Doelskoppe: Eugene Jantjies (6).

Tags: 
Andrew Poolman

WHS herwin o.19 Superliga-titel

$
0
0
WHS herwin o.19 Superliga-titel

Andrew Poolman - Windhoek Hoërskool se vieringe van sy 100-jarige bestaan volgende jaar sal propvol selfvertroue begin ná die skool se herwinning van die Momentum o.19 Superliga rugbytitel.
Die oorwinning met 47-27 in die eindstryd teen Officeconomix Windhoek Afrikaanse Privaatskool beteken dat WHS vanjaar al die nasionale hoofligas in die drie groot spansporte rugby, netbal én hokkie (seuns én meisies) verower het.
In die laaste twee jaar het Ricoh Windhoek Gimnasium die rugbykampioenskap verower, maar dié keer het WHS die bordjies verhang onder afrigterskap van mnre. Henry Kemp, Jan Dames en Ben Calitz.
Die 27 punte wat Windhoek Affies aangeteken het, was die meeste wat enige opponent nog vanjaar teen die bloues behaal het, maar ondanks hul hardnekkigheid was dit deurgaans duidelik dat daar geen ander uitslag sou wees as dat die slot en kaptein Rainer Augustyn die wentrofee omhoog sou hou nie.
Samsung WHS se losskakel Delron Brandt het opnuut ’n blink vertoning gelewer om as speler van die wedstryd én die algehele topspeler van die eindstryde aangewys te word.
Die lenige nommer tien het ’n netjiese drie gedruk, terwyl hy ook met drie strafdoele en drie doelskoppe 19 punte in die wedstryd aangeteken het.
Linkervleuel Warren Ludwig en buitesenter Handre Klazinga het elkeen twee drieë gedruk deur hul geleenthede met groot vaart af te rond, terwyl flank JD Nel ook vroeg oor die doellyn is.
WAP se hardwerkende kaptein Stefan Hattingh, aangewys as die algehele beste voorspeler van die naweek, het met die heel laaste beweging sy tweede drie van die dag gaan druk, met die ander drie wat van skrumskakel Jay-C Olivier gekom het.
Losskakel Gerswin Mouton, ’n talentvolle agterspeler soos sy pa Deon wat in drie Wêreldbekers gespeel het, het ’n strafdoel en twee doelskoppe bygevoeg.
Olivier en Mouton het egter elkeen tien minute in die koelkas deurgebring, wat bygedra het dat hul span se kanse beduiwel is om dalk een van die grootste skokke van die moderne era van skolerugby te lewer.
Op die oog af het Mouton dalk ’n mate van rede gehad om ontevrede te voel oor sy geel kaart. Dit het gebeur nadat hy nie met ’n beslissing van skeidsregter Danie Koen saamgestem het nie – dat ’n WAP-speler wat in sy eie doelgebied neergetrek is, inderdaad die bal doodgedruk het voordat hy die bal na Mouton uitgegee het om verligting te bring.

O.19A-LIGA
Safland Windhoek Gimnasium se tweede span het sy finaal in die o.19A-liga met 42-16 teen WHS oorheers – vir diegene wat moontlik in die vooruitsigte van dié twee skole vir volgende jaar belang stel.
Losskakel Nico Horn is agterna as die algehele voorste agterspeler van die eindstryde aangewys. Hy het twee drieë, drie doelskoppe en ’n strafdoel bygedra. Sy spanmaats wat drieë gedruk het, was heelagter Ruben Lambrechts, skrumskakel Tertius Lambrechts, agtsteman Jacobus Opperman en die plaasvervanger-agterspeler Riduan van Neel wat twee keer oor die doellyn is.
WHS kon net met een drie deur buitesenter Isaiah Muhinda antwoord, terwyl losskakel Wilhelm Schultz verdoel en drie strafdoele deur die pale gejaag het.
• Ricoh Windhoek Gimnasium I se uitspeelwedstryd teen Supersand Elnatan vir die derde plek in die o.19 Superliga is enkele dae vooraf afgestel. Siekte in die geledere van die Stampriet-skool het verhinder dat hul eerste span die reis sou kon aanpak.
• Die ander uitslae van die naweek se eindstryde verskyn hiernaas.

Tags: 
Andrew Poolman

O.19’s: Verwag die onverwagse

$
0
0
O.19’s: Verwag die onverwagse

Andrew Poolman - Die ruwe jong rugbytalent van Namibië word vandag ietwat aan die diep kant ingegooi wanneer die Afrika-toernooi in dié ouderdomsgroep in die Hage Geingob-stadion begin.
Min tyd – drie oefendae om presies te wees – was vir afrigter Roger Thompson beskikbaar voor vanmiddag se wedstryd teen Tunisië wat om halfses afskop.
In die voorwedstryd om 15:00 takel die ander twee spanne mekaar – Zimbabwe en Kenia.
Vandag se twee verloorspanne takel mekaar Saterdag om 14:00 in die uitspeelwedstryd vir die derde plek, voor die wenners in die finaal om 16:00 ontmoet.
Terwyl die afgelope Momentum o.19 Superliga die trots van die land se rugbyskole weer behoorlik opgesweep het, is dit skielik weer tyd om dié verskille eenkant te skuif en saam die Namibiese trui oor die kop te trek.
Hoewel die nuwe kampioenskool Samsung Windhoek Hoërskool net ’n enkele verteenwoordiger in die span het, is dit ook bekend dat akademiese verpligtinge sommige spelers onbeskikbaar gemaak het.
Soos gewoonlik sal die wenspan in die Afrika-toernooi deurdring om volgende jaar by die Wêreldrugby Junior Trofee-toernooi in aksie te wees.
Wedstryde soos hierdie lewer altyd blink kanse wat nuwe spelers kan aangryp om hulself aan te kondig.

Die Namibiese span is:
1 André Rademeyer (Whk Affies)
2 Obert Nortjé (FNB Universiteit van Namibië, WHS)
3 Nelius Theron (Tsumeb Gimnasium)
4 Adriaan Ludick (Paarl Gimnasium, Elnatan)
5 Le Beau du Preez (Whk Gimnasium)
6 Tjingairi Katjivi (FNB Western Suburbs, Jan Möhr)
7 Darius von Solms (Whk Gimnasium)
8 Wynand Breytenbach (Walvisbaai)
9 Morenzel Strauss (Trustco United, Whk Gimnasium)
10 Cliven Loubser (WP Rugby-akademie, Whk Gimnasium)
11 Nico Maartens (Elnatan)
12 Tristan Mouton (WP Rugby-akademie, WHS)
13 Allister Miller (Walvisbaai)
14 Rudi Pretorius (Whk Gimnasium)
15 Chad Plato (Walvisbaai)
Reserwes
16 Christo Pienaar (Whk Gimnasium)
17 Sam Kuvare (Whk Gimnasium)
18 Dillon Skoppelitus (Walvisbaai)
19 Rainer Augustyn (WHS)
20 Stefan Hattingh (Whk Affies)
21 Hanreco van Zyl (Hoërskool Stellenbosch, Boland Cravenweek)
22 Chrischen Olivier (Whk Gimnasium)
23 Snyman van der Walt (Whk Affies)
Die res van die groeplede wat nie vandag betrokke sal wees nie, is die losvoorspeler Riaan de Klerk (Walvisbaai) en vleuel Collins Omalu.
Op die kortlys in geval van beserings is Elnatan se stut Dalla Joubert en slot Jan-Hendrik Augustyn, asook Windhoek Affies se skrumskakel Jay-C Olivier.
Toegang beloop N$30 vir ­volwassenes en N$10 vir kinders.

Tags: 
Andrew Poolman

PJ se Bayonne laat tuimel Toulon

$
0
0
PJ se Bayonne laat tuimel Toulon

Andrew Poolman - Ná die uittrede van Jacques Burger is daar groot leë skoene om te vul van Namibiërs wat die land se rugby in Europa se hoogste ligas in die openbare oog hou.
’n Sterk kandidaat het egter die naweek na vore begin tree.
Die agtsteman Pieter-Jan van Lill was een van die helde vir sy klubspan Bayonne wat die grootste skok van die openingsronde van die Franse Top 14-seisoen gelewer het.
Op sy tuisveld het Bayonne, wat bevorder is om tot die Top 14 terug te keer, die sterbelaaide Toulon met 28-23 verneder wat verlede seisoen die eindstryd gehaal het. Rustyd was die spanne op 13-13 gelykop.
Van Lill het die eerste 57 minute in die ligbloues se nommer 8-trui gespeel.
’n Raserige en eenogige skare geklee in Bayonne se ligblou het gesorg dat daar deurgaans elektrisiteit in die lug van die Stade Jean Dauger was.
Vir Toulon se nuwe Italiaanse afrigter, Diego Dominguez, is dié uitslag ’n nagmerrie-wegspring aan die stuur van die klub wat bekendheid verwerf het vir die groot bedrae wat uitgehaal word om die topspelers uit elke deel van die wêreld te werf.
Sonder ’n klompie staatmakers wat vir die Suidelike Halfrond se Rugbykampioenskap onttrek is, kon Toulon nie die agterstand inhaal nie en geen punte is in die laaste tien minute aangeteken nie.
Aan die kant van Toulon was nietemin ’n string bekende internasionale spelers. Die lostrio van die beginspan was Georgië se reuseflank Mamuka Gorgodze, die ervare Argentyn Juan Martin Fernandez Lobbe en die Fransman Charles Ollivon, met die oud-Springbok Juan Smith wat as ’n plaasvervanger in die 56ste minuut opgestuur is en sommer kort daarna ’n geel kaart gekry het.
Leigh Halfpenny (Wallis se heelagter), die Franse snellers Mathieu Bastareaud, Maxime Mermoz en Francois Trinh-Duc, die gewese All Black-legende Ma’a Nonu, die Springbokstut Marcel van der Merwe asook die VSA se gerekende agtsteman Samu Manoa was ook in Toulon se wedstrydgroep.
Bayonne se Suid-Afrikaanse los­skakel Willie du Plessis het agt punte met twee strafdoele en ’n doelskop bygedra. Gedurende die Wêreld­beker verlede jaar het hy ook as tydelike leenspeler die Toulon-trui gedra. Bayonne se Franse haker Gregory Arganese het twee drieë gedruk.
Bayonne, wat hom ná die openingsnaweek in die vyfde plek op die puntelys bevind, sal uitsien na nog ’n tuiswedstryd komende naweek teen Castres. Laasgenoemde het ook goed begin met ’n oorwinning van 28-11 teen Pau, ondanks die rooi kaart wat die skrumskakel Rory Cockott, voorheen van die Sharks, halfpad deur die eerste helfte gekry het toe hy ’n opponent teen die enkel getrap het.
Die 32-jarige Van Lill het tevore ook vir die Franse klub Dax uitgedraf nadat hy sy loopbaan as tandarts opsy geskuif het om beroepsrugby na te jaag. As slot het hy verlede jaar in Engeland inklimspel in al vier wed­stryde van die Wêreldbekertoernooi (sy tweede) gelewer – onder meer teen Gorgodze se Georgiërs.
Vanjaar het sy familie- en klub­verpligtinge egter verhinder dat hy die Namibiese trui kon aantrek om sy totaal van 43 toetse verder op te stoot.

Tags: 
Andrew Poolman

Beginkans op 13 vir Lesley Klim

$
0
0
Beginkans op 13 vir Lesley Klim

Andrew Poolman - Die Windhoek Draught Welwitschias vlieg vanoggend weer vol moed na Oos-Londen vir sy derde wedstryd in die Curriebeker eerste liga teen die Grens Bulldogs.
Drie staatmakers sal om verskillende redes afwesig wees ná die span se belowende vertoning laas naweek teen die Luiperds, toe die Namibiërs ’n bonuspunt verdien het deur ses drieë in ’n nederlaag met 42-54 te druk.
Die linkervleuel Gino Wilson kry ’n ruskans en word deur die terugkerende Russell van Wyk vervang.
Op loskopstut het Casper Viviers vandeesweek na sy Franse klub St. Nazaire teruggekeer vir die nuwe seisoen wat reeds daar begin het. Sy plek word deur Shaun du Preez ingeneem.
Vanweë werkverpligtinge is die flank Rohan Kitshoff nie vir wegwedstryde beskikbaar nie. Hy is teen die Luiperds as die speler van die wedstryd aangewys, maar Morné Blom is ’n waardige plaasvervanger wie se werkvermoë nie onder verdenking is nie.
JC Winkler is bevorder om die 9-trui by Cameron Klassen oor te neem, met Eugene Jantjies se veelsydigheid wat meebring dat nog ’n skrumskakel op die reserwebank onnodig is.
Op buitesenter is Lesley Klim dié keer in die beginspan, ná die jongman se indrukwekkende twee drieë as plaasvervanger laas naweek. Die Unam-speler is nou die Welwitschias se voorste driedrukker hierdie seisoen in die provinsiale kompetisie met sy totaal op vyf.
Phillip Nashikaku, wat teen die Luiperds sy vierde drie van die seisoen gaan druk het, is hierdie keer ’n reserwe, terwyl Heinrich Smit buitentoe skuif om sy 14-trui oor te neem.
“Ons het ’n goeie kontaksessie op die oefenveld teen FNB Wanderers gehad waarin ons ’n paar dinge kon regstel,” sê afrigter John Williams. Die Wit Hingste is ook nog op die oefenveld met die oog op hul deelname aan die Gold Cup wat op 10 September begin.
“Die manne lyk baie lus en positief vir die wedstryd. Ons het ’n sterker span as wat die vorige keer hier teen Grens verloor het en ons het in die laaste twee wedstryde weer selfvertroue begin kry,” sê Williams.
Hy sê die Bulldogs het in Windhoek gewys dat hulle baldraers hard en reguit kan aanval. “As ons hulle nie doodvat nie, gaan ons weer in die moelikheid wees, maar ons het daaraan gewerk. Dit hang ook van die weer in Oos-Londen af – as dit mooiweer is, sal beide spanne meer aanvallend wees.

Die Windhoek Draught Welwitschias:
1 Shaun du Preez
2 Gerhard Lötter
3 A.J. de Klerk (kapt)
4 Denzil van Wyk
5 Ruan Ludick
6 Zayne Groenewaldt
7 Morné Blom
8 Leneve Damens
9 JC Winckler
10 Eugene Jantjies
11 Russell van Wyk
12 Darryl de la Harpe
13 Lesley Klim
14 Heinrich Smith
15 Chrysander Botha
Reserwes:
16 Petrie Burger
17 Collen Smit
18 Thomas Khali
19 Muniovita Kasiringua
20 Mahco Prinsloo
21 Phillip Nashikaku
22 Justin Nel

Tags: 
Andrew Poolman

Sewes trek saam vir Nairobi

$
0
0
Sewes trek saam vir Nairobi

Des Erasmus - Namibië se aanloop tot die Afrika-bekertoernooi vir sewesrugby begin vanmiddag op die United-veld in Windhoek.
Dit sal die vorm van ’n oefenkamp aanneem. Van spelers wat landwyd meen hulle het aansprake op insluiting in die nasionale span word verwag om hulle om 18:30 by die veld aan te meld.
Die afrigter van die Namibiese sewesspan, Jurie Booysen van Swakopmund, sê die oefenkamp sal as siftingsproses van die beskikbare talent dien, maar sal uit die aard van die saak ook ’n slypproses vir deelnemers aan die kitsrugby wees.
Die oefenkamp sal tot Donderdag voortduur. Ná die laaste sessie van Donderdagmiddag en -aand sal spanne aangewys word vir proefwedstryde wat Vrydag om 19:00 in die Hage Geingobstadion gehou gaan word.
Die proefwedstryde sal Saterdag vanaf 08:00 voortgesit word.
’n Volgende stap sal die aankondiging van die Namibiese span wees wat uit ’n groep van 14 spelers sal bestaan. Aan die 14 uitverkose spelers sal dan met ’n oefenprogram volgehou word totdat die span vir die toernooi van 23 tot 25 September in Nairobi gaan vertrek.
Die spanbestuurder, Robbie Dickson van Windhoek, was gister op Swakopmund waar hy en Booysen oor die keuring en voorbereiding van die Namibiese span besin het.
Booysen het op Swakopmund aan Republikein gesê hy en Dickson besef die omvang van die Afrika-bekerkompetisie in Nairobi. Kenia as gasheerland het reeds internasionale aansien vir die land se span van sewes verwerf.
In hierdie stadium is dit nog nie bekend watter lande reeds die uitnodiging na die toernooi in Nairobi aanvaar het nie.

Tags: 
Andrew Poolman

Wanderers erg uitgedun vir Gold Cup debuut

$
0
0
Wanderers erg uitgedun vir Gold Cup debuut

Andrew Poolman - Die rugbyklub FNB ­Wanderers sal heel moontlik op die ­agtervoet wees wanneer hy komende naweek in Johannesburg sy debuutwedstryd in die Gold Cup kompetisie speel.
Hul opponente is Pirates – die Goue Leeus Rugby-unie se ­verteenwoordiger in die ­Suid-Afrikaanse klubkompetisie waarin elke provinsie se voorste oop klub meeding (universiteitspanne uitgesluit).
Die slot Nico Esterhuyse, wat kaptein was toe die Wit Hingste vanjaar in die NRU ­premierliga-eindstryd teen FNB Unam verloor het, het glo ’n ­nekbesering en sal na verwagting die naweek by die huis moet bly.
Dit is egter nog lank nie waar die ontwrigting ophou nie, want die ­Welwitschias speel ook komende naweek ’n klipharde wegwedstryd (teen die Griffons op Welkom). ­Wanderers se afrigter JP Nel sal dus eers moet hoor watter spelers vir ­Namibiese diens opgeroep word voordat hy sy spankeuse kan afhandel.
Manne soos die stut AJ de Klerk wat vir die laaste weke kaptein van die Welwitschias was, haker Gerhard Lotter, slot Ruan Ludick en vleuel Heinrich Smit is maar enkele spelers wat na verwagting die reis na ­Noord-Vrystaat, eerder as ­Johannesburg kan aanpak.
Die flank Rohan Kitshoff ­(werkverpligtinge), Tinus du Plessis (beseer), stut Quintin ­Esterhuizen (studieverlof), losskakel MP ­Pretorius (beseer) is glo ook buite rekening vir JP Nel se planne.
Dit is afgesien van die giftige ­agterspelers Johann Tromp en JC Greyling wat intussen die skuif na die OP-Kings gemaak het en in die ­Curriebeker premierliga speel.

Tags: 
Andrew Poolman

Griffons sal geen Welkom-bord uithou

$
0
0
Griffons sal geen Welkom-bord uithou

Andrew Poolman - Die Welwitschias staan opnuut voor ’n groot toets om môre met ’n behoorlike vertoning in hul Curriebeker eerste liga wegwedstryd teen die Griffons op Welkom vorendag te kom.
Die Noord-Vrystaters het vroeër dié seisoen vir ’n stukkie onaangename geskiedenis gesorg deur die eerste honderdtal teen ’n senior Namibiese span op die Hage Geingob-stadion te kom aanteken.
Om sake te vererger, is die Welwitschias met 101-0 punteloos gehou (rustyd 54-0).
Afrigter John Williams se wedstrydgroep môre sluit egter altesame 15 spelers in wat reeds toetsrugby vir Namibië gespeel het – plus Hauta Veii wat al toerwedstryde teen Argentinië-A gespeel, asook in toetse op die reserwebank gesit het sonder om opgestuur te word.
Van die genoemde 15 is Johann Wohler ook die enigste wat nie vanjaar die Namibiese toetstrui oor sy kop getrek het nie.
Gevolglik sal dit hierdie keer nie maklik wees om met aanvaarbare verskonings vir ’n wegholtelling vorendag te kom nie.
Madagaskar kan as ’n voorbeeld dien van wat gedoen kan word. Dié span se eerste ontmoeting met Namibië was ’n eensydige loesing van 112-0 in Windhoek. Drie jaar later het hulle in Windhoek met 55-17 verloor en toe Namibië in 2012 vir die eerste keer daar gaan toer, is hy met 57-54 geskok.
Wiskundig het die Welwitschias (een punt) nog ’n kans om die top-vier van die Curriebeker eerste liga te haal, hoewel dit ’n merkwaardige ommeswaai van hul vertonings hierdie seisoen sal kos.
Die Griffons het immers aan die einde van Mei gewys dat hulle klinies genoeg kan speel om die Namibiërs geen kans te gun nie. Voorlangs sal die Welwitschias ’n stewige grondslag vir die aanvalswerk moet lê, terwyl die agterspelers opnuut in die kollig sal wees op aanval en veral die verdediging.
Vir die eerste keer dié seisoen draf die Griffons môre op die veld sonder hul “pocket rocket”, die vlugvoetige klein drieëvraat Selvyn Davids wat ’n boudspier beseer het.
Die Perstruie is onder druk om nie net te wen nie, maar om ’n groot telling aan te teken om te verseker dat hulle na die uitspeelrondte deurdring.
Davids het net twee gedruk uit die Griffons se 15 drieë in Windhoek, met Warren Williams wat ’n driekuns aangeteken het en George Whitehead wat 13 drieë verdoel het.
Davids se plek op heelagter word deur Reinhard Erwee ingeneem, wat in die kwalifiserende ronde nog die Vrystaat Cheetahs se 15-trui teen Namibië gedra het.
Op haker is Khwezi Mkhafu in die plek van Elandré Huggett gekies.
Windhoek Draught Welwitschias: 1 Hauta Veii, 2 Gerhard Lotter, 3 AJ de Klerk (kapt), 4 Denzil van Wyk, 5 Ruan Ludick, 6 Zayne Groenewaldt, 7 Morné Blom, 8 Leneve Damens, 9 Eugene Jantjies, 10 Justin Nel, 11 Phillip Nashikaku, 12 Darryl de la Harpe, 13 Lesley Klim, 14 Gino Wilson, 15 Chrysander Botha.
Reserwes: Petri Burger, Collen Smit, Muniovita Kasiringua, Johann Wohler, Cameron Klassen, Shaun Kaizemi, Malcolm Moore.
Griffons (15-1): Reinhard Erwee; Vuyo Mbotha, Joubert Engelbrecht, Japie Nel, Warren Williams; George Whitehead, Boela Abrahams; De Wet Kruger, Boela Venter, Vince Maruping, Dennis Visser, Gavin Annandale, Gerhard Engelbrecht, Kwhezi Mkhafu, Danie van der Merwe.
Reserwes: Hennie Venter, George Marich, Boela Serfontein, Louis Venter, Duan Pretorius, Tertius Kruger.

Tags: 
Andrew Poolman

Wanderers opgewonde oor Gold Cup debuut

$
0
0
Wanderers opgewonde oor Gold Cup debuut

Andrew Poolman - Die rugbyspan FNB Wanderers bly geheel en al positief oor sy deelname aan die 2016 Gold Cup klubkompetisie wat met ’n wegwedstryd in Johannesburg teen Pirates, die verteenwoordiger van die Goue Leeus Rugby-unie, begin.
“Hierdie is vir ons klub ’n groot geleentheid. Ons het in 1986 vir die laaste keer aan die destydse klubkampioenskap in Durban gaan deelneem, waar ons ’n lekker pak teen spanne soos Roodepoort en Despatch gekry het,” het voorsitter Flip Louw dié week gesê
Die slot Alberto Engelbrecht (kaptein) en senter Francois Wiese (onderkaptein) is môre die Wit Hingste se leiers op die veld vir die wedstryd waarin twee trotse klubs se paaie kruis.
Die afwesigheid van ’n klompie senior spelers skep bloot geleentheid vir nuwe jong manne om hul kleim af te steek, sê Louw. “Die manne wat ons klub deur die jaar gedra het, kry ’n welverdiende beloning.”
Tien spelers het reeds ’n proesel van rugby op ’n hoër vlak gehad deur Namibië in een van die laaste twee seisoene op provinsiale vlak te verteenwoordig.
Buitesenter Heinrich Smit is die enigste lid van verlede jaar se Wêreldbekerspan, terwyl DG Wiese, Stef Botha, Léan Stoop en Shaun du Preez ook al die land se toetstrui gedra het.
Hoewel etlike weke al verloop het vandat die Namibiese klubliga ten einde geloop het, het Wanderers minstens drie keer per week aangehou oefen en uit spelersgeledere word gesê die manne sien uit na die uitdaging.
FNB Wanderers se span vir môre:
1 Schalk Bergh, 2 Theo Coetzee, 3 Nian Berg, 4 Willem van Zyl, 5 Alberto Engelbrecht (kapt), 6 DG Wiese, 7 Dirk de Meyer, 8 Stef Botha, 9 Enem Kritzinger, 10 Mahco Prinsloo, 11 Deselvano Beukes, 12 Francois Wiese, 13 Heinrich Smit, 14 Jamie Joseph, 15 Léan Stoop.
Reserwes: 16 Shaun du Preez, 17 PG Louw, 18 Morné Prenn, 19 Tewis Brand, 20 Riaan van Zyl, 21 Heico Prinsloo, 22 Tershwin Raubenheimer.
Die beamptes wat die span vergesel, is JP Nel (hoofafrigter), Charl du Toit (hulpafrigter), Dirk Human (spanbestuurder), dr. Corné Burger (spandokter) en Flip Louw (spankoördineerder).

TUISSPAN
Pirates se span bevat min name wat in Namibië klokkies sal lui (15-1):
Sheldon Williamson; Bryce Nicholson, Estiaan Conradie, Tiaan Visser, Jacques Swart; Chanley Williams, Dave Turnbull; Martin Scheepers (kapt), Dudley Stead, Johan Janse van Rensburg, Rinus Bothma, Cole de Jager, Anthony Gallacher, Sheldon Terblanche, JP Olivier.
Reserwes: Hanno Zeeman, Dylan Rigney, Kiernan Rabie, Ernie van Niekerk, Johan Venter, Zunaid Kock, Hanco Deale.
Afrigters Bradley Wilkin en James Small (die vurige oud-Bokvleuel) se span het vanjaar tot die eindstryd van die Goue Leeus Rugby-unie se klubreeks gevorder, maar kon nie keer dat die Universiteit van Johannesburg vir die sewende jaar op ’n streep met die titel wegstap nie.
Pirates het nietemin in 2001, onder afrigterskap van Dick Muir, ’n hoogtepunt behaal deur die RSA se nasionale klubkampioenskap te buit.
Gavin Johnson, Delarey du Preez en Grant Esterhuizen tel onder die Springbokke wat dié klubtrui gedra het.

RUGBYPOLITIEK
Die splinternuwe Gold Cup-reeks staan onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie – die organiseerders van die landwye klubkompetisie wat uitsluitlik vir nie-tersiêre rugbyklubs is en wat vir die vorige drie jare as die Gemeenskapsbeker bekend gestaan het.
Uitnodigings is vanjaar ook aan Namibië en Zimbabwe gestuur.
Agter die skerms is vandeesweek steeds gewoel oor die FNB Universiteit van Namibië se aanspraak dat hulle as kampioene van 2015 en 2016 eerder die uitnodiging verdien het.
Hoewel Saru nog in geen stadium aangedui het dat hy dit oorweeg om die aard van die kompetisie te wysig nie, het vergaderings oor dié onderwerp vandeesweek in Windhoek plaasgevind tussen die Namibiese Sportkommissie, die Namibië Rugby-unie en Unam as klaer.
Wanderers se Flip Louw sê sy klub was nie by dié vergaderings verteenwoordig nie, hoewel hy verneem dat ’n paar besluite dalk volgende week bekendgemaak kan word.
Louw erken dat Wanderers komende naweek een kort van die Gold Cup se vereiste van demografiese verteenwoordiging is. Dit vereis vier spelers van kleur in elke wedstrydgroep, van wie drie in die beginspan is.
Volgens Louw was die klub hieroor met Saru in korrespondensie en is ’n spesiale reëling in sy eerste seisoen hieroor getref.
“Wanderers is ewe ernstig as enige ander klub om geleenthede te skep waar spelers hul ideale kan nastreef.
“Ongeag hoeveel van ons spelers hierdie seisoen deur die NRU vir nasionale diens opgeroep is, het ons nooit in ’n speler se pad gestaan nie – selfs wanneer dit ons klub in ligaverpligtinge benadeel het.
“Ons het gevolglik met die NRU ooreengekom dat Jamie Joseph en Phillip Nashikaku (beide spelers van Trustco United) vir die duur van die Gold Cup in ons oefengroep is.
“Indien dit gebeur dat volgende jaar besluit word om die Gold Cup se toelatingsvereistes vir Namibië te verander, sal Wanderers dit sonder teëspraak aanvaar.”

Tags: 
Andrew Poolman

Vier drieë te min teen Griffons se 12

$
0
0
Vier drieë te min teen Griffons se 12

Andrew Poolman - Die Windhoek Draught Welwitschias bevind hulle steeds met ’n groot agterstand en hul skrale aanspraak om dalk in die topvier van die Curriebeker eerste liga klaar te maak, het Saterdag finaal in die niet verdwyn.
Die Noord-Vrystaat se Griffons het die wedstryd in Welkom met 84-25 oorheers, nadat hulle rustyd met 42-15 voorgeloop het.
Dit bly ’n baie skrale troos dat die punteverskil darem gekrimp het vandat die Vrystaters ’n tyd gelede die kragmeting in Windhoek met 101-0 oordonder het.
Die Namibiërs se tweede bonuspuntjie vir vier drieë is ook ’n seldsame teken van verbetering, hoewel dit in die groter prentjie van die kompetisie nie veel help om die Welwitschias uit hul laaste plek op die puntelys te lig nie.
Die senter Lesley Klim moet gewis tel as een van Namibië se voorste vondse uit die afgelope seisoen se terugkeer na die Curriebeker-struktuur. Met sy sewende drie hierdie seisoen het Unam se gewese nasionale o.20-speler hom reeds as die Welwitschias se voorste driedrukker uitgesonder.
Flank Morné Blom, die reserwevleuel Malcolm Moore en Shaun Kaizemi het die Namibiërs se ander drieë gedruk, terwyl net ’n enkele doelskop en een strafdoel van skrumskakel Eugene Jantjies sekuur deur die pale was.
Kaizemi is ná net 29 minute as ’n plaasvervanger in die plek van binnesenter Darryl de la Harpe opgestuur. Net drie minute later het Muniovita Kasiringua in die plek van Ruan Ludick gevolg.
Die Griffons se linkervleuel Warren Williams was opnuut een van hul giftige aanvallers wat vier drieë gaan druk het, ná sy drietal in Windhoek. Die agtsteman De Wet Kruger het ook altesame drie keer oor die doellyn geploeg.
Hul mededriedrukkers was slot Dennis Visser (2), stut Daniel van der Merwe, flank Boela Venter en die reserwe-heelagter Reinhardt Erwee.
Die Griffons se losskakel George Whitehead was net soos in Windhoek ’n doring in die Namibiese vlees met sy dodelike skopwerk pale toe. Twaalf uit twaalf doelskoppe het hom met 24 punte vir die wedstryd besorg en het verseker dat sy span se telling netjies in veelvoude van sewe bly aangroei het. In Windhoek was sy treffers 13 uit 15.
Ondanks die tuisspan se gerieflike voorspronge het dit aan die Namibiese kant met tye tog gelyk asof ’n verrassende oorwinning nie onmoontlik sou wees nie, wanneer hulle wel aan die speel geraak het.
Ongedwonge foute en swak verdediging wat reg in die opposisie se hande speel, was egter ’n tema van die Namibiese seisoen wat steeds nie die wyk geneem het nie.
• Een laaste geleentheid bly komende Saterdag op die Namibiërs se tuisveld oor om hul seisoen op ’n wennoot af te sluit.
Dit is die herontmoeting met die Valke, wat in die kwalifiserende rondte ’n wegholsege met 66-5 behaal het.
Die Valke is laas Vrydag in Kemptonpark met 29-54 deur die besoekende Grens Bulldogs oorskadu.
• Die Curriebeker eerste liga se enigste onoorwonne span, die Luiperds, het op Potchefstroom ’n gemaklike oorwinning met 49-31 teen die SWD Arende verseker. Die Namibiese senter Johan Deysel het ses doelskope bygedra om te help verseker dat die Noordwesters ’n tuishalfeindstryd sal hê.
• Die naweek se tellings in die Curriebeker premierliga (tuisspanne eerste): Pumas 14-41 Blou Bulle; Cell C Sharks 30-38; Goue Leeus 58-32 Westelike Provinsie; Griekwas 46-22 Boland Kavaliers.

Tags: 
Andrew Poolman

Pirates oorleef Wanderers-aanslag

$
0
0
Pirates oorleef Wanderers-aanslag

Andrew Poolman - ’n Paar verspeelde kanse om te wen en ’n nederlaag met net twee punte in Johannesburg sal FNB Wanderers baie moed gee vir sy volgende wedstryd in die Gold Cup klubkampioenskap.
Afrigter JP Nel se manne het met 26-28 teen Pirates, die Goue Leeus Rugby-unie se verteenwoordiger in die landwye kompetisie vir oop klubs, verloor.
Die Windhoekers keer met twee ligapunte huis toe – een vir die naelskraapse verloorslag met minder as sewe punte, asook vir die vier drieë wat hulle by die Pirates-klub se veld gedruk het.
“Ons span voel baie positief oor die ondervinding. Ons het seker nog drie kanse verbrou toe ons nog drieë kon gaan druk het,” sê spanbestuurder Dirk Human.
“Ons het nou ’n afnaweek, maar sal beslis Dinsdag wanneer ons na die oefenveld terugkeer, aandag aan ons vaste fasette gee. Die span van Johannesburg het ons veral in die skrums nogal onder druk geplaas.”
Volgens Human was die flank DG Wiese die Wit Hingste se speler van die wedstryd met sy hoë werktempo en briljante verdediging.
“Stef Botha, Enem Kritzinger en ons senterpaar Francois Wiese en Heinrich Smit het ook baie goed gevaar, asook Riaan van Zyl wat impak gemaak het toe hy opgestuur is om by Léan Stoop oor te neem,” sê Human.
’n Paar strafskoppe te veel het die besoekers met tye onder druk geplaas, hoewel beide spanne uiteindelik twee spelers moes inboet wat hul tien minute in die koelkas moes uitdien. Aan Wanderers se kant was dit agtsteman Stef Botha (32ste minuut, nie tien meter terug ná ’n strafskop) en vleuel Deselvano Beukes (66 minuut, onkantspel by losskrum op eie doellyn).
Ná Pirates se eerste twee strafdoele het losskakel Mahco Prinsloo terug­geslaan met ’n drie wat hy verdoel het. Die Johannesburgers het die volgende twee drieë gedruk, insluitend ’n strafdrie ná ’n skrum­oortreding.
Skrumskakel Enem Kritzinger en vleuel Jamie Joseph het egter die volgende drieë gedruk waarmee Wanderers teruggeveg het.
In die laaste minuut van speeltyd het stut Shaun du Preez die besoekers se vierde drie gaan druk, met Prinsloo se enigste verbroude doelskop van die dag wat so byna ’n gelykopuitslag verseker het.
• Wanderers speel op 24 September tuis teen Northam Platinum Rhinos van die Limpopo-provinsie.

Tags: 
Andrew Poolman

Jong flank bly lank geskors

$
0
0
Jong flank bly lank geskors

Andrew Poolman - ’n Skorsing van vier jaar uit alle rugby-bedrywighede is die voorland vir Cameron Xavier McNab (20), wat as eerste oortreder aan die gebruik van ’n verbode anaboliese steroïed skuldig bevind is.
McNab, ’n flank wat soms ook as slot deur die Namibiese o.20-span en sy klubspan FNB Unam ingespan is, word tot op 26 April 2020 nie toegelaat om te speel, af te rig of op enige ander wyse by georganiseerde rugby betrokke te wees nie.
Wêreldrugby het voor die naweek die uitslag van die McNab-saak op sy webblad teen verbode middels (keeprugbyclean.worldrugby.org) gepubliseer.
McNab is vroeg in April vanjaar in Windhoek buite kompetisie aan ’n toets onderwerp as deel van die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi se toetsprogram. Twee verbode anaboliese steroïede is bevind, wat op die farmaseutiese handelsmerke Turinabol en Dianabol bekend is.
Die speler se tugverhoor is op 26 Julie vanjaar gehou.
McNab was vir die laaste twee jare ’n nasionale o.20-speler wat by die junior toernooie in Portugal en Zimbabwe in aksie was. Getuienis is gelewer dat hy tydens eersgenoemde toernooi ’n mondelinge opleidingsessie oor verbode middels bygewoon het wat deur ’n koördineerder van Wêreldrugby aangebied is. Die speler het hier ook die 2015-handleiding ontvang waarin die volle WADA-lys van verbode middels verskyn.
Die tugkomitee het dus bevind dat McNab breedvoerig ingelig was oor die risiko’s en gevare wat met sportlui se gebruik van medikasie, voedsel- en dieetkundige aanvullings gepaard gaan.
Sy beëdigde verklaring waarin hy dit stel dat hy as ’n Namibië-speler “nooit” blootgestel was aan ’n spesifieke inligtingsessie waarin alle moontlike verbode middels bespreek is nie, is dus tydens kruisverhoor as vals bevind.
In die bevinding word ook uitgewys dat die speler ’n jaar tevore in Portugal ook (skoon) getoets is.
In McNab se verklaring het hy verduidelik dat hy tot in November/Desember 2015 as ’n lid van die Sharks rugby-akademie aanvullings met die etikette “Animal M Stak”, “Hellfire EPH 150” en “Jack3d” ontvang en gebruik het.
Voor die tugkomitee het hy egter sy getuienis verander – dat hy op 5 Maart vanjaar vir die eerste keer Jack 3d ingekry het toe hy voor ’n premierliga-klubwedstryd in Windhoek ’n enkele lepelvol van ’n spanmaat se voorraad geneem het. McNab het glo staatgemaak op die spanmaat se versekering dat die produk geen verbode bestanddele het nie.
Jack 3d en Hellfire is egter aanvullings wat vir hul effek as stimulante ontwerp is. “Animal M Stak” is ’n nie-hormonale anaboliese produk (vir die effek van spierbou). McNab het nie vir stimulante positief getoets nie.
Tydens McNab se toets in April vanjaar het hy op ’n vraag van die toetsbeampte geantwoord dat hy in die vorige sewe dae net ’n vitamien B-aanvulling gebruik het. ’n Geskrewe kontrolevorm word daar deur die speler onderteken.
Die speler het verklaar dat sy verbode toetsuitslag net toegeskryf kan word aan die teenwoordigheid van die genoemde drie aanvullings – wat hy sonder voornemens van kullery ingeneem het.
Tydens die verhoor het hy ook vir die eerste keer getuig dat sy oom (wat nie ’n dokter is nie) voor die toets vir hom ’n blou pil vir die behandeling van griep gegee het.
’n Kennersmening van die WADA-geakkrediteerde laboratorium in Switserland is voorgelê dat die teenwoordigheid van Metandienone (Dianabol) vir 20 dae ná inname opgespoor kan word. Tekens van dehridochlorometieltestosteroon (Turinabol) kan vir 40 tot 50 dae in die liggaam bly.

BEROU
McNab het sy spyt oor die positiewe toets soos volg uitgedruk: “Ek het nooit gedink ek sou myself in so ’n posisie bevind, terwyl ek soveel respek vir die spel rugby het nie.
“Ek keur nie die gebruik van verbode middels in rugby of in enige ander sport goed nie. Ek bevind my dus in ’n posisie waar ek my land, my Rugby-unie, my kollegas in die sport en in die besonder my eie hoë aspirasies en persoonlike doelwitte in die sport in die steek gelaat het.
“Ek het ook spyt oor die skade wat aan die beeld van Wêreldrugby as ’n sport gedoen is, veral in die pogings om dissipline in die spel te bevorder.”

VERANTWOORDELIKHEID
Regulasie 21.10.5.1 maak voorsiening dat ingeval die speler of iemand anders bewys kan lewer dat geen betekenisvolle skuld of aanspreeklikheid bestaan nie omdat die positiewe toets die gevolg van ’n bedorwe produk is, so ’n speler met ’n waarskuwing of ’n maksimum skorsing van twee jaar kan wegkom.
Wêreldrugby se regslui het getuig dat die feit dat die speler middels gebruik het wetend dat dit ’n risiko van oortreding inhou, maak sy aanspraak nietig dat hy geensins (of minimaal) aanspreeklik gehou kan word nie. ’n Internet-soektog oor Jack 3d sou byvoorbeeld aandui dat dit die verbode bestanddeel DMAA het, wat “helder rooi vlae en ’n luide alarm” moes beteken het.
McNab kon ook nie bewys lewer dat die anaboliese steroïede se oorsprong in enige van die genoemde produkte was nie. Die tugkomitee het dus bevind dat die anaboliese steroïde onafhanklik ingeneem moes gewees het.
Dit is ook as onwaarskynlik bevind dat een lepelvol “bedorwe” Jack 3d die oorsprong van twéé anaboliese steroïede kon wees.
Die tugkomitee was nie tevrede dat die speler die bewyslas van sy inname van die verbode middels as onbedoeld weerlê het nie – vanweë die speler se getuienis wat nie betroubaar bevind is nie, asook die bewustheid wat die speler van Wêreldrugby se program teen verbode middels moes hê.
Die speler het verder erken dat hy die genoemde produkte ingeneem het om sy vertoning tydens oefensessies aan te help.
Tydens die 48 maande wat McNab geskors bly, mag hy dus nie oefen by, of die fasiliteite van ’n klub, rugby-unie of ander lidorganisasie van Wêreldrugby gebruik nie. Hy mag ook nie meeding of in enige ander aktiwiteit deelneem wat in regulasie 21.10.12.2 uiteengesit word nie.
• McNab is in sy regsaak deur mnr. Christopher Stanley verteenwoordig.
• Republikein verneem dat nog ’n Namibiese speler wat onlangs ’n positiewe toets gelewer het, die skrumskakel Arthur Bouwer, se tugverhoor nie voor Oktober sal plaasvind nie.

Tags: 
Andrew Poolman

Booysen se blaadjie skoon gevee

$
0
0
Booysen se blaadjie skoon gevee

Andrew Poolman - Die nasionale sewesrugbygroep vertrek volgende week na Nairobi, Kenia waar vanjaar se Afrikabeker-sewestoernooi op die naweek van 24 en 25 September beslis sal word.
Proewe is twee naweke gelede tesame met ’n oefenkamp in Windhoek gehou waar enige spelers welkom was om hul kennis in dié sportkode te verbreed en om die keurkomitee met hul vernuf op die veld te beïndruk.
Sedert die onlangse aanstelling van Jurie Booysen as die nuwe nasionale afrigter en Robbie Dickson as spanbestuurder was dit ’n teken dat op ’n skoon blad begin is.
Geen speler kon dus op vorige louere rus nie en in die afwesigheid van die meerderheid spelers wat in November verlede jaar op die laaste toer na Suid-Afrika was, is daar ooglopend groot ruimte vir nuwe spelers om leë skoene vol te staan.
Uit die 2015-groep is David ­Philander (kaptein), Zana Botes, Leneve Damens, Collin de Koe, Aurelio Plato, Damian Stevens, Heinrich Smit, Léan Stoop, Johann Tromp en Russell van Wyk almal om verskillende redes nie in die prentjie vir die huidige toer nie.
Om die waarheid te sê – ’n goeie sestigtal spelers in die nasionale hoëprestasie vyftienman-struktuur was nie tot Booysen se beskikking gestel nie.
Dit beteken dat Trustco United se twee haastige agterspelers Tuna Amutenya en Nandivatu Karuuombe skielik die “senior staatsmanne” in die groep is.
Die 2015-groep het in Johannesburg in die kwalifiserende toernooi vir die Olimpiese Spele goed begin, totdat die glipse in ’n uitklopwedstryd teen Marokko hulle uit die wedloop gehaal het. Die teleurstelling was des te meer nadat hulle die Noord-Afrikane reeds in die groepfase ’n pak gegee het.
Hoeveel het oorgebly van die goeie werk wat Graham Bentz en Vuyo Zangqa in die kort tydjie voor daardie toer gedoen het? Dié twee Suid-Afrikaners se jare ondervinding met Kenia op die Wêreldrugby sewesreeks was ’n openbaring.
Hierdie gebrek aan deurlopendheid is ’n óú kwaal van Namibiese sewesrugby. Die nuwe toerkaptein sal glo ook eers teen komende naweek aangekondig word.
Vir Booysen en Dickson is daar egter min tyd om oor die struktuur van sewesrugby in die land te filosofeer. Daar staan ’n bul voor hulle wat by die horings gepak moet word.
“Ons het net twee weke, wat baie min tyd vir voorbereiding is. Afgesien van die spansessies het die Windhoek- en kusgroepe ook afsonderlike oefentye deur die week.
“Fiksheid is een van die prioriteite, aangesien ons ligawedstryde al vir ’n paar weke verby is,” sê Dickson.
Namibië bevind hom in ’n moeilike loting in groep A en word op grond van die 2015-ranglys in die swakste posisie van die agt spanne gereken.
Die loting is:
Groep A: Suid-Afrika (eerste gekeur), Namibië (agtste), Senegal (sesde), Zimbabwe (vierde).
Groep B: Kenia (tweede), Uganda (sewende), Madagaskar (vyfde), Tunisië (derde).

BLITSBOKKE KOM SPEEL
’n Afsonderlike Akademie-sewesgroep is ook ter aanvulling van die nasionale groep aangewys.
Die twee groepe sal gekombineer word vir die hoogs opwindende Namibiese internasionale sewestoernooi op Swakopmund wat vandag amptelik bekend gestel word.
Die Blitsbokke is maar net een van verskeie wêreldklas spanne wat van 10 tot 13 November op die kusdorp kom speel – danksy die hoofborg Safland wat soos verlede jaar die hoofborg van die nuwe blinkgevryfde skouspel is.
Die Namibiese nasionale ­toergroep na Kenia:
Ngumee Nguaiko (Kudus)
Mbimbo Mbai (FNB Unam)
Shareave Titus (Unam)
Allistor Jacobs (FNB Western Suburbs)
Sunday Haitembu (Unam)
Helarius Kisting (Unam)
J.R. Jacobs (Walvisbaai)
Bjorn Bock (Kudus)
Handré Bezuidenhout (Trustco United)
Tuna Amutenya (United)
Ricardo Swartz (Western Suburbs)
Nandivatu Karuuombe (United)

Die Akademie-oefengroep
Heathlin Cloete (Unam)
Unomasa Kavita (Unam)
Casio Schoombe (Kudus)
Jean-Louis Grobler (West Coast Sharks)
Cameron Stevens (Kudus)
Carlton Stevens (Kudus)
Howard Titus (Reho Falcon)
Lovelle Delie (West Coast Sharks)
Eino Herman (Jaguars)

Tags: 
Andrew Poolman

Legkaart se stukke moet byeen kom

$
0
0
Legkaart se stukke moet byeen kom

Andrew Poolman - Chrysander Botha dra môre die nommer 10-trui in die Windhoek Draught Welwitschias se laaste geleentheid om hul Curriebeker-veldtog op ’n respektabele noot af te sluit.
Ná bykans vyf maande waarin die Namibiese amateurspan oor die algemeen klippe gekou het, is die Valke môre in die Hage Geingob-stadion die laaste opponent teen wie daardie ontwykende eerste sege van die seisoen gesoek word.
Botha – meer bekend as ’n internasionale heelagter of vleuel – se vernuf word dié keer as losskakel beproef.
Vir afrigter John Williams se manne is dit ’n herontmoeting teen die Oos-Gautengers wat in die eerste rondte in Kemptonpark baie gemaklik met 66-5 gewen het.
Die baljagterflank Rohan Kitshoff, wat meestal nie vir die wegwedstryde beskikbaar is nie, se terugkeer is altyd ’n groot hupstoot vir die Namibiërs se vertoning.
Sy flankmaat is Johann Wohler van Rehoboth Rugbyklub, wat ná vorige verskynings van die bank af sy kans in die beginspan kry in die plek van Morné Blom.
Agterlangs kan die laat onttrekking van Lesley Klim gister met ’n rugbesering as ’n terugslag gereken word. Die sterk en vlugvoetige Unam-senter was vanjaar ’n openbaring met sewe drieë in die kompetisie.
Sy 13-trui word deur Heinrich Smit oorgeneem, met Francois Wiese wat sy terugkeer tot die aksie vanaf die reserwebank kan maak.
Regtervleuel Malcolm Moore het laas naweek die Welwitschias se bonuspunt-drie in die doodsnikke van die nederlaag teen die Griffons op Welkom gedruk, toe hy die bal aan die steelkant gekry en met drie spelers op sy rug die doellyn gehaal het.
Wees ook op die uitkyk vir die toetrede van FNB Wanderers se bonkige vaskopstut Nian Berg wat sy provinsiale debuut van die reserwebank af behoort te maak.
Teen die Noord-Vrystaters het die skrums en lynstane glo bo verwagting goed verloop. Net een lynstaanbal is verloor en in die skrums is die tuisspan ’n paar keer teruggestoot en het selfs ’n vaskop of twee afgestaan. Met die bal in die hand het die Namibiërs ook doeltreffend aangeval.
Die Welwitschias se uitdaging bly egter om opponente se rolmaal te stuit. Die een-op-een verdediging sal ook opnuut ’n sleutelaspek wees.

Die Welwitschias-span: 15 Riaan van Zyl, 14 Malcolm Moore, 13 Heinrich Smit, 12 Shaun Kaizemi, 11 Phillip Nashikaku, 10 Chrysander Botha, 9 Eugene Jantjies, 7 Johann Wohler, 6 Rohan Kitshoff, 5 Ruan Ludick, 8 Leneve Damens, 4 Denzil van Wyk, 3 AJ de Klerk (kapt), 2 Gerhard Lotter, 1 Hauta Veii.
Reserwes: 16 Shaun du Preez, 17 Nian Berg, 18 Muniovita Kasiringua, 19 Zayne Groenewaldt, 20 JC Winkler, 21 Francois Wiese, 22 Justin Nel.

Die Valke se span: 15 Carlyle Hendricks, 14 Charles Mayeza, 13 Andries Truter , 12 Grant Janke, 11 Etienne Taljaard, 10 Karlo Aspeling, 9 Johan Pretorius, 8 Reg Muller, 7 Ernst Ladendorf, 6 Thabo Mamojele (kaptein), 5 Marlyn Williams, 4 Isak Deetlefs, 3 Andries Schutte, 2 Gihard Visagie, 1 Henri Boshoff.
Reserwes: 16 Adriaan-Dwight Pansegrouw, 17 Grant Watts, 18 Jacques Alberts, 19 Jean Pierre Mostert, 20 Anrich Richter, 21 Warren Potgieter, 22 Xander Cronje.

Tags: 
Andrew Poolman

Kusdorp slurp spogtoernooi op

$
0
0
Kusdorp slurp spogtoernooi op

Tielman van Lill - Die Blitsbokke van Suid-Afrika, die VSA, Argentinië, Kenia, Zimbabwe en selfs Duitsland sal na verwagting by die Safland sewestoernooi op 12 en 13 November op Swakopmund kom meeding.
Namibië se eie span het dus ’n groot uitdaging in die skouspel wat by The Dome aangebied sal word.
Die aankondiging is gister by die kantoor van die Namibië Rugby-unie gedoen.
Verlede jaar was dié kompetisie vir die eerste keer in Windhoek by die Hage Geingob-stadion gehuisves, maar die skuif na die kus lyk na ’n goeie een. Boonop bots dit nie weer – soos verlede jaar – met die Wêreldbeker nie.
Die toernooi se tydsberekening bied die ideale kans vir internasionale spanne vir finale afronding voordat die HSBC Wêreldrugby Sewesreeks drie weke later in Doebai afskop.
Jurie Booysen, die pas aangestelde Namibiese sewesafrigter, kry die kans om sy spelers teen van die wêreld se bestes te toets.
Die Blitsbokke het verlede jaar in Windhoek met die louere weggestap en as wenners van die bronsmedalje by die 2016 Olimpiese Spele sal hulle vanjaar definitief weer as ’n gunsteling opdaag. Die VSA, Kenia óf Argentinië kan sake egter altyd vir hulle moeilik maak.
’n Nuutjie is ’n Suid-Afrikaanse All Stars- en Living Legendsspan wat hul vernuf gaan kom vertoon.
Mnr. Willem Strauss, die dryfveer agter die toernooi, is ’n gesoute organiseerder wanneer dit by rugby kom. Strauss het bevestig dat die Dome se medeborgskap die swaarste geweeg het om die byeenkoms na die see te verskuif.
“Ek is seker daarvan die besoekende spanne se monde sal oophang wanneer hulle die geriewe van The Dome sien wat van wêreldklas is. Ons gaan probeer om ook tussen agt en twaalf klubspanne by die kompetisie te betrek. Pretoria Harlequins en Ceres in die Wes-Kaap is twee van die spanne wat teen Namibiese klubs gaan speel.
“Ons gaan ook die skole betrek en ’n sewestoernooi saam met die senior spelers aanbied waar o.13-, o.15- en o.17-spanne gaan deelneem. ’n Afrigtingskliniek word ook beplan waar ons ongeveer 400 kinders sal betrek,” het Strauss vertel.
Me. Elizma Theron, waarnemende uitvoerende hoof van die Namibië Rugby-unie, het gesê die toernooi het die potensiaal om sewesrugby in Namibië te bevorder.
“Ons het by die Olimpiese Spele weer gesien hoe gewild sewesrugby was en as hierdie toernooi ons kan help om vir die 2020 Spele te kwalifiseer, sal dit alles die moeite werd wees. Ons hier by die NRU, wil almal vir hul bydrae en deelname bedank,” het Theron gesê.
Mnr. Kallie van der Merwe van Safland het gesê verlede jaar se eerste toernooi was ’n goeie leerskool en dat vanjaar se kompetisie groter en beter sal wees.
“Die 2016 Safland sewestoernooi is bedoel om ’n fees te wees en met The Dome se betrokkenheid kan mense vir seker die heel beste verwag. Namibië beskik oor die talent om ’n krag in internasionale sewesrugby te word en dit is vir ons as maatskappy ’n voorreg om hierby betrokke te wees,” het Van der Merwe gesê.
Volgens Button Heyns van die Swakopmund Dome is hulle opgewonde om die toernooi saam met Safland aan te bied. Heyns sê ’n paar jaar gelede is ook probeer om die kompetisie na die kus te bring, maar die dorp was nie gereed vir so ’n groot byeenkoms nie.
“Hier is ons drie jaar later en slaggereed met genoeg blyplek om al die spelers en besoekers te huisves. Die werkspan by The Dome is ervare en kan as gasheer nie wag om hierdie internasionale byeenkoms te huisves nie,” het Heyns opgewonde gesê.
Kaartjies sal binnekort te koop wees.

Tags: 
Tielman van Lill

Vyftigtal vir Valke was só onnodig

$
0
0
Vyftigtal vir Valke was só onnodig

Andrew Poolman - Genadiglik is die gesukkel vir 2016 verby, na afloop van die Windhoek Draught Welwitschias se laaste wedstrydverpligting in die Curriebeker eerste liga.
Die frustrasie is Saterdag met nog ’n teleurstellende nederlaag van 20-50 teen Rudy Joubert se Hino Valke afgesluit. Die Oos-Gautengers het rustyd met 19-6 voorgeloop.
Enige goeie werk wat die Namibiërs met tye in die eerste helfte gedoen het, is egter ná rustyd ongedaan gemaak.
Die Welwitschias het teleurstellend swak afgesluit met veral hanteerfoute in die agterlyn wat drie patetiese drieë afgestaan het wanneer hulle diep in hul eie helfte hulself al hoe dieper in die moeilikheid in gehardloop het. Twee daarvan was onderskepdrieë.
Die tuisspan het in sy laaste klompie wedstryde klaarblyklik op ’n patroon besluit om die bal so gou as moontlik wyd te neem – sonder dat ’n grondslag hiervoor noodwendig voorlangs gelê is. In twee vorige groot nederlae het dié benadering ’n bonuspunt vir vier drieë meegebring, maar teen die Valke het dit geboemerang.
Hierteenoor het die Valke puik daarin geslaag om verdediging in aanval te omskep. Een so ’n keerpunt was sowat tien minute ná rustyd, toe die Welwitschias se losskakel Chrysander Botha ’n aanvallende skoppie vir Phillip Nashikaku vorentoe gestuur het. Bykans op die doellyn het die bal danksy ’n verdediger losgespat en toe die Valke die bal met ’n aangee of twee wegskuif, was daar genoeg spasie vir hul binnesenter Grant Janke om op ’n opwindende lopie weg te trek en ’n drie aan die ander kant van die veld vir sy vleuel Etienne Taljaard te skep.
Hierdie drie het die telling van 26-6 na 31-6 gevoer. Met ’n halfuur oor was die punteverskil dus finaal buite bereik.
Selfs in die tydperk toe die Valke net 13 spelers op die veld gehad het, kon die Namibiërs nie punte byvoeg nie. Dit was toe die besoekers geel kaarte vir beide hul reserwe-voorspelers Jean-Pierre Mostert (68ste minuut) en Adriaan Pansegrouw (71ste minuut) te bowe moes kom.
Die skaal is kort daarna in ’n mate herstel toe Nian Berg, die Welwitschias se debutant vaskopstut wat die kaptein AJ de Klerk van die bank af vervang het, ook in die 76ste minuut ’n geel kaart gekry het toe hy in ’n duikslag nie sy arms gebruik het nie.
Kort voor rustyd was daar ’n opflikkering van humeure met beide spanne wat in ’n geroesemoes betrokke geraak het. Die uiteinde was dat elke span hul twee voorste losvoorspelers koelkas toe sien stap het – Rohan Kitshoff (Welwitschias) en Reg Muller (Valke).
Al die Welwitschias se punte is uiteindelik deur skrumskakel Eugene Jantjies aangeteken, wat twee verdoelde drieë gedruk en met twee strafdoele geslaag het.
Die toekenning vir die speler van die wedstryd is aan die Valke se binnesenter Grant Janke oorhandig, wat met sy sterk lopies enige plek op die veld groot gate in die Namibiese verdediging geruk het.
Die kleinerige skare het voor die afskop ’n minuut stilte gehandhaaf ter ere van Doug Jeffery en me. Monica Tromp (moeder van Johann Tromp) wat in die laaste dae oorlede is.
Punte:
Valke: Drieë deur vleuels Charles Mayeza (2) en Etienne Taljaard, agtsteman Reg Muller, skrumskakel Johan Pretorius (2) en die reserwe-skrumskakel Anrich Richter.
Welwitschias: Drieë deur Eugene Jantjies (2). Doelskoppe (2) en strafdoele (2) deur Jantjies.

Tags: 
Andrew Poolman

Plek in Wêreldreeks wink

$
0
0
Plek in Wêreldreeks wink

Die Namibiese sewesrugbyspan het gister na Nairobi vertrek waar Kenia komende naweek die Afrika-toernooi vir 2016 aanbied. Dit staan ook as die Safari Sewes bekend.
Sedert verlede week se nuusberigte het die toernooi aangegroei om nie meer agt spanne nie, maar 12 te bevat.
’n Groot geelwortel wat die naweek op die spel staan, is dat die kampioenspan na die Wêreldrugby Sewesreeks se toernooie later vanjaar in Dubai en Kaapstad genooi sal word. Dit is afgesien van spanne wat reeds vir die Wêreldreeks gekwalifiseer het.
Aan die ander kant sal die twee swakste presteerders (elfde en 12de) gerelegeer word.
Die nuwe groepering is soos volg (met elke span se keuringsposisie tussen hakies):
Groep A: Kenia (1), Senegal (12), Nigerië (8).
Groep B: Zimbabwe (2), Mauritius (11), Uganda (7).
Groep C: Marokko (3), Zambië (10), Madagaskar (6).
Groep D: Tunisië (4), Botswana (9), Namibië (5).
Vir die Namibiërs sal hul toernooi dus Vrydag met wedstryde teen Tunisië en Botswana begin.
Die vier groepwenners sal die volgende dag na die bekerafdeling se semifinaal aanbeweeg.
Tuna Amutenya, Nandivatu Karuuombe en Mbimbo Mbai is van die min spelers wat die land tevore in internasionale sewesrugby verteenwoordig het.
Dié tekort aan ondervinding kan dus heelwat druk plaas op die span se ambisie om ’n goeie eindposisie te beklink – tesame met die feit dat die groep beswaarlik twee weke ter voorbereiding gehad het sedert die proewe op 11 September.
Sover bekend het die nuwe afrigter Jurie Booysen en spanbestuurder Robbie Dickson nog geen kaptein vir die toer aangewys nie.
By die oorhandiging van die Namibiërs se nasionale kleure en uitrusting eergisteraand is bekend gemaak dat Scania hul speeluitrusting geborg het, terwyl GWM ’n stel rugsakke geborg het.

Tags: 
Andrew Poolman

Blou Bulle gaps die Prince van flanke

$
0
0
Blou Bulle gaps die Prince van flanke

Andrew Poolman - Die Blou Bulle Maatskappy het nog ’n goeie aankoop uit Namibië gedoen deur die jong flank Prince !Gaoseb vir die volgende twee jaar te kontrakteer.
Die matriekseun het vir die laaste twee jaar die Namibiese o.18-span by die Cravenweektoernooie op Stellenbosch en in Durban verteenwoordig.
Sy inklimspel met sy gespierde 98 kilogram en 1.89 meter was ook ’n kenmerk van Samsung Windhoek Hoërskool se triomf om die Momentum onder 19 Superliga-trofee te herower.
Op die harde, stowwerige rugbyvelde van die droogtegeteisterde Namibië het die vuil gesmeerde blou 6-trui breed in die pad van enige opponent gestaan – ongeag of die aanslag voorlangs of in die wyer kanale was.
Henry Kemp, sy afrigter by WHS en die Cravenweekspan, het nog nooit sy bewondering vir die jong speler se talent en ingesteldheid weggesteek nie.
“Prince is ’n ‘legend’. Almal hier by WHS is baie erg oor hom. Hy is ’n ideale voorbeeld vir enige jong rugbyspeler deur die manier waarop hy speel en oefen, asook hoe hy voor en ná die tyd optree. ’n Meer nederige persoon kry jy nie maklik nie. Altyd vriendelik en hy gee net sy beste as hy die blou trui oor sy kop trek.
“Prince was ’n integrale deel van die suksesse wat WHS en die Cravenweekspan vanjaar behaal het. Sy fisieke invloed was enorm. Hy steek nie lyf weg nie en as hy jou raak duik, dan weet jy dit.
“Ek sien met afwagting uit om sy vordering volgende jaar en die jare daarna dop te hou.”
!Gaoseb het aan die koerant gesê hy was in graad sewe toe hy in die Laerskool Emma Hoogenhout begin rugby speel het.
’n Mens kan seker sê rugby is in sy bloed – met naby familielede soos Denver Murorua (vleuel) en Joe Murorua (flank) wat reeds op die nasionale keurders se radar was. Denver het die Namibiese o.19-span verteenwoordig, terwyl Joe drie jaar gelede sy kans in ’n vriendskaplike wedstryd teen die SA Universiteitespan gekry het. Prince se ouer broer Glenn //Khoeseb speel ook by United-rugbyklub.
Prince, wat op Omaruru gebore is, het in die Hoër Tegniese Skool se o.14- en o.15-spanne gespeel voordat hy in graad 10 dié skool se eerste span gehaal het.
Dit was voordat Windhoek Hoërskool hom vir sy laaste twee skooljare ’n beurs aangebied het. Sy skuif na die Koedoebulle was ’n groot sukses vir beide partye.
Reeds verlede jaar het sy spel by die Cravenweek navrae van die talentjagters uitgelok, maar as graad 11-seun was hy nog te jonk.
Vanjaar het hy weer uitstaande spel by die Cravenweek gelewer en dit is waar sy eerste beroepskontrak aangebied is. Die Bulle het uiteindelik sy dienste beklink nadat daar ook belangstelling van die Goue Leeus en die Sharks was.
“Om deel van die Cravenweek te wees, is ’n ongelooflike ervaring. Die entoesiasme van al die spelers is uit ’n ander wêreld. Die uitdaging om jou teen die bestes te meet en te wys wat jy kan doen, is ’n baie goeie geleentheid. As jy ’n visie het en genoeg selfvertroue het om jou drome na te jaag, kan jy enigiets bereik,” sê hy.

LIGATRIOMF
In vanjaar se Momentum-liga het WHS ’n oorheersende seisoen beleef, afgesien van ’n enkele naelskraapse nederlaag (18-17) in ’n wegwedstryd teen die Walvisbaai Privaat Hoërskool en ’n gelykopwedstryd op Stampriet teen Elnatan.
“Vroeg in die jaar kon ons reeds sien dat ons ’n baie goeie span het. Feitlik die helfte van die eerste span het van die vorige jaar oorgebly. Die feit dat ons mekaar reeds goed geken het, was die eerste faktor wat in ons guns getel het.
“Die spangees is verder gebou by ’n oefenkamp voor die seisoen. Toe wen ons die ATKV rugbyfees van HTS en toe gaan toer ons in die Kaap en wen twee van ons vier wedstryde.
“Drie keer hierdie jaar het ons teen Windhoek Gimnasium, die vorige jaar se kampioene, gewen. Die eerste keer in die vriendskaplike wedstryd op Gimmies se veld het ek en ons kaptein (die slot Rainer Augustyn) nie gespeel nie, maar die reserwes het hul kant gebring. Van daardie oomblik af het ons geweet dat as ons net aanhou hard werk en die intensiteit hoog hou, kan ons dié liga deur vat.”
!Gaoseb sê WHS het geweet dat hy nooit Gimnasium se terugvegpoging kan onderskat nie. “Ons moes net aanhou glo en aanhou hard werk.”
Harde werk sal ook sy resep bly om ’n sukses van sy tyd in Pretoria te maak.
“My doelwit is om seker te maak dat my kontrak ná twee jaar verleng moet word om nog lank by die Bulle te speel, of dat ek raakgesien word met ander goeie aanbiedinge vir my rugbyloopbaan te verseker.”
!Gaoseb sê hy wil sy waardering uitspreek teenoor elkeen wat hom deur sy loopbaan in skolerugby ondersteun het – spesifiek die afrigterspanne by Windhoek Hoërskool en HTS; mnre. Albert Arries en Eduard Mouton, sy ouers en familie.

Tags: 
Andrew Poolman
Viewing all 263 articles
Browse latest View live