Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all 263 articles
Browse latest View live

Namibië buiteperd in Nairobi

$
0
0
Namibië buiteperd in Nairobi

Kenia sal op sy tuiswerf beslis die gunsteling wees om die naweek se Safari Sewestoernooi te wen, wat ook as vanjaar se Afrika-kampioenskap in sewesrugby dien.
Afrigter Jurie Booysen se Namibiese span is vasberade om alles in die stryd te werp om teen die verwagtinge in die groot prys in te palm wat die naweek op die spel staan.
Die span wat die toernooi in die hoogste posisie afsluit, sal na die Wêreldrugby Sewesreeks se toernooie in Dubai en Kaapstad genooi word. Dit is met die uitsondering van die een span wat reeds gekwalifiseer is (Kenia), nadat Suid-Afrika op die laaste oomblik sy span aan die Nairobi-toernooi onttrek het.
“Ons oefenveld se oppervlak was baie hard en die dagtemperatuur is maar redelik hoog,” het spanbestuurder Robbie Dickson gister uit Nairobi laat weet.
Volgens hom behoort eers vandag ’n duidelike prentjie verkry te word van hoe naby aan volle sterkte Kenia (die verdedigende Afrika-kampioen en ook ’n kwalifiseerder vir Rio 2016) sal wees.
“Ons weet wel dat Collins Injera hier is,” het hy gesê met verwysing na die Keniaanse spoedvraat wat meer drieë as enigiemand anders in Wêreldreekstoernooie gedruk het.
Namibië het tradisioneel ’n wisselvallige rekord in sewestoernooie en sal dus nie kan bekostig om enige opponent ligtelik op te neem nie. In die 2015 Afrika-toernooi in Gauteng het die Namibiërs goed begin, maar het vyfde klaargemaak.
Behalwe dat dit Booysen self se eerste toernooi as nasionale afrigter is, het hy ook nie naastenby sy droom-twaalftal tot sy beskikking nie. Die Swakopmunder het ook skaars twee weke gehad om die spelers voor te berei wat by die proewe op 11 September opgedaag het.
Meer as 60 spelers (plaaslik en in die buiteland) wat in die land se hoëprestasie-groep is, is ook nie vir sy sewespan beskikbaar gestel nie. Uiteraard is FNB Wanderers op sy huidige veldtog in die Gold Cup klubreeks gefokus, maar dit klink steeds verdag dat geen ander topspelers uit ander geledere die kans sou kon gebruik om hul wedstrydfiksheid of sewesvaardighede te verbeter nie.
Gedane sake het egter geen keer nie en die aangewese Namibiërs sal dus maar die naweek hul oog op die bal moet hou.
Intussen is bekendgemaak dat Tuna Amutenya die Namibiërs op die veld as kaptein sal aanvoer.
• Regstreekse videostroom van die aksie sal glo op zuku.co.ke/live, of ZukuOfficial op Facebook gevolg kan word. Die Namibiërs open hul veldtog vandag met wedstryde teen Tunisië en Botswana (10:00 en 14:30 Namibiese tyd).
Die loting is:
Groep A: Kenia, Senegal, Nigerië.
Groep B: Zimbabwe, Mauritius, Uganda.
Groep C: Marokko, Zambië, Madagaskar.
Groep D: Tunisië, Botswana, Namibië.

Tags: 
Andrew Poolman

Gold Cup: Vriendskap wag tot ná eindfluitjie

$
0
0
Gold Cup: Vriendskap wag tot ná eindfluitjie

Andrew Poolman - Klubrugby op sy hardste, maar lekkerste word môre by die Wanderers-veld in Pionierspark uitgestal in FNB Wanderers se eerste tuiswedstryd in die Gold Cup.
Op die afskoptyd om 15:30 teen Northam Platinum Rhinos (die Limpopo-provinsie se kampioenklub) word geskiedenis gemaak in die gewilde kompetisie vir oop klubs.
Dit is die eerste naweek dat twee wedstryde buite Suid-Afrika se landsgrense gespeel word (Windhoek en Harare).
JP Nel se Wit Hingste het twee ligapunte verseker toe hulle twee naweke gelede in Johannesburg met net 26-28 teen Pirates (die Goue Leeus se verteenwoordiger) die knie moes buig.
Met die gasheerklub wat môre baie naby aan sy sterkste span dié seisoen in die veld stoot, behoort Wanderers die gunsteling te wees om die Rhinos hul derde nederlaag op ’n streep toe te dien.
Die Limpopo-span het reeds twee nederlae gely – met 19-46 teen Rustenburg Impala (Mpumalanga) en daarna 24-51 teen Pirates.
Hierteenoor sal Wanderers nie oor dié vyf ligapunte kan onderhandel indien hy in die wedloop vir die kwarteindrondte wil bly nie.
Die terugkeer van die slot Nico Esterhuyse sal ’n groot hupstoot vir die Windhoekers se lynstaanspel beteken. Spesiale aandag sou glo gisteraand nog gegee word aan die skrumwerk wat in Johannesburg soms onder druk verkeer het.
FNB Wanderers: 1 Nian Berg, 2 Gerhard Lotter, 3 AJ de Klerk, 4 Alberto Engelbrecht (k), 5 Nico Esterhuyse, 6 DG Wiese, 7 Ruan Kitshoff, 8 Stef Botha, 9 Enem Kritzinger, 10 Mahco Prinsloo, 11 Deselvano Beukes, 12 Francois Wiese (o.k), 13 Heinrich Smit, 14 Phillip Nashikaku, 15 Léan Stoop.
Reserwes: Theo Coetzee, Shaun du Preez, Schalk Bergh, Dirk de Meyer, Malcolm Moore, Heico Prinsloo, Zaynor Platt.
Toegang beloop N$20 per persoon vir volwassenes.
In Johannesburg het Pirates en Wanderers se spelersgroepe glo agterna sommer gesamentlik die gebruiklike “fines meeting” in die kleedkamer gehou. ’n Soortgelyke dag van klippe kou op die rugbyveld, maar vriendskap ná die eindfluitjie is dus opnuut in die vooruitsig.

Tags: 
Andrew Poolman

Plek na Hongkong oopgespeel

$
0
0
Plek na Hongkong oopgespeel

Andrew Poolman - ’n Uitnodiging na volgende jaar se Hongkong Sewes is een van die welkome bonusse wat Namibië die naweek met sy tweede plek by die 2016 Afrika seweskampioenskap oopgespeel het.
Nadat afrigter Jurie Booysen skaars twee weke gehad het om sy span vir laas naweek se toernooi in Nairobi, Kenia voor te berei, is die uitslag opnuut ’n positiewe aanduider van die potensiaal wat in Namibiese sewesrugby verskuil lê.
Die Namibiërs het drie oorwinnings behaal voordat hulle in die eindstryd teen die wakker span van Uganda met 38-19 verloor het.
Tuna Amutenya (spankaptein) en sy manne moes met tye diep delf om van hul wedstryde uit die vuur te red. Op die eerste dag het hulle Tunisië met 17-5 geklop (drieë deur Shareave Titus, Nandivatu Karuuombe en Allistor Jacobs) voordat hulle soos verwag die groepwenner geword het deur Botswana met 19-7 te oorskadu.
In laasgenoemde wedstryd het Ngumee Nguaiko (2) en Helarius Kisting in die eerste helfte drieë gedruk en kon Namibië geen punte ná rustyd byvoeg nie.
Saterdagoggend sou ’n senutergende toets in die semifinaal teen Madagaskar voorlê. Rustyd was die Namibiërs met 7-0 agter ná ’n verdoelde drie deur die eilandspan.
Kort voor die pouse het Karuuombe met ’n amateuragtige aanslaan ’n seker drie weggesmyt.
Halfpad deur die tweede hefte het Karuuombe egter met ’n haastige lopie en ’n binne-aangee die eerste drie vir Sunday Haitembu geskep.
Karuuombe was ook die gelukkige een om ná die toeter wat die einde van speeltyd aandui, ’n tikskoppie ná ’n strafskop met ’n drie in die regterhoekie te gaan afrond. Beide doelskoppe was mis, maar die 10-7 uitslag het Namibië laat voortleef.
Die finaal was teen Uganda, wat indrukwekkende spel gelewer het om oorwinnings teen Zimbabwe (19-14), Mauritius (35-7) en Kenia (17-12, semifinaal) in te ryg.
Rustyd was Uganda reeds op 28-12 in beheer van die eindstryd, voordat die eindfluitjie op 38-19 geblaas het. Namibië se drieë deur Shareave Titus en Sunday Haitembu in die eerste helfte, asook Karuuombe was dus tevergeefs. Uganda het die uitnodiging na 2016-’17 se Dubai en Kaapstad sewestoernooie beklink.
Die Namibiërs verwag nou om in April volgende jaar een van die 12 spanne te wees wat as deel van die Hongkong Sewes sake sal uit spook om ’n enkele plek in die Wêreldreeks te verdien.
“Die ouens se dissipline en toewyding was 100 persent. Ons sien ’n goeie toekoms vir dié span. Ons het deur die bank komplimente gekry oor ons spelers, asook ons spelstyl,” het spanbestuurder Robbie Dickson gesê.

Tags: 
Andrew Poolman

Kitshoff: Impala sal ware toets vir Hingste wees

$
0
0
Kitshoff: Impala sal ware toets vir Hingste wees

Andrew Poolman - Klubrugby is van die hardste rugby wat daar is. Op die hoër vlakke word die spel vinniger, maar die fisieke botsings op klubvlak in Suider-Afrika is dikwels nie minder fisiek nie.

FNB Wanderers vertrek vandag na Rustenburg op ’n gedugte missie teen een van die sterkste oop klubs in die ganse Gold Cup kompetisie.

Platinum Impala het verlede jaar die finaal (toe nog die Gemeenskaps­bekerreeks) gehaal voordat hulle teen die Kaapse klub Durbanville-Bellville (Durbell) verloor het.

Een lid van laasjaar se kampioene, Rohan Kitshoff, het intussen vroeg vanjaar ’n werkaanbod in Windhoek aanvaar. As toetskaptein van Namibië en flank van FNB Wanderers en die Welwitschias het hy min bekendstelling nodig.

Sy ondervinding sal dus opnuut van reusewaarde vir die Windhoekers wees. Kitshoff reken Wanderers kan die naweek sy onbekende faktor in die kompetisie met vrug gebruik.

“Platinum Impala is ’n baie goed afgerigte span en beskik oor sterk en geharde spelers. Ek dink hul agtsteman is laasjaar as die beste voorspeler in die kompetisie aangewys. Voorlangs het hulle baie sterk baldraers.

“Die klub van Mpumalanga beskik ook oor spelers wat tevore professionele rugby gespeel het, soos losskakel Cecil Dumond en vleuel Aubrey McDonald.

“Hulle sal net soos laasjaar onder die gunstelinge tel om die eerste Gold Cup trofee te wen.”

Kitshoff sê Wanderers kan hom regmaak vir een van die hardste wedstryde wat dié klub in jare gespeel het.

“Met die naelskraapse neerlaag (26-28) in Johannesburg teen Pirates toe ek nie gespeel het nie, asook laas naweek se oortuigende oorwinning (60-29) teen die Northam Platinum Rhinos het ons reeds gewys dat ons nie ligtelik opgeneem kan word nie.

“Dit is ’n cliché, maar indien ons die kanse afrond wat na ons kant toe kom, het ons wel ’n kans om ’n oorwinning te behaal. Ons sal nie eens daaraan dink om Impala te onderskat wat vir die eerste keer voor hul tuisskare uitdraf nie. Ons sal op ons beste moet wees, maar ’n verrassing is wel binne ons vermoë.”

Die woelige oopkantflank reken môre se wenner het ’n redelike kans om een van groep B se twee kwalifiseerders vir die kwarteindronde te word.

“Evergreens (SWD) se verrassing teen Pirates (Goue Leeus) wys ook dat die top-twee plekke nog geen uitgemaakte saak is nie.”

WAARDE

Kitshoff, wat tevore ook ’n WP-kaptein was, sê die Gold Cup is van groot waarde vir Namibiese klubs.

“Dit is goed en wel om in die top drie spanne in die Namibiese premierliga te wees, maar dit kan maklik gebeur dat jy uit die bus val wanneer jy teen die sterker Suid-Afrikaanse klubs te staan kom. Sover het Wanderers goed gevaar en dit sal die klub beslis help om te groei.

“Vir spelers wat elke dag van 08:00 tot vyfuur werk, is dit puik blootstelling om te voel hoe dit is om ’n beroepspeler te wees. Die toerwedstryde en hotelle en nuwe uitrusting dra alles by.”

NUWE KOMBINASIES

Die verlies van Enem Kritzinger (knie) en Mahco Prinsloo (werkverpligtinge) ontneem die Wit Hingste van laas naweek se skakelpaar.

Riaan van Zyl in die 9-trui maak egter sy terugkeer, terwyl Heinrich Smit na losskakel verskuif.

Ruan Ludick se terugkeer langs Nico Esterhuyse beteken dat Wanderers weer twee slotte het wat gemaklik langer as twee meter is. Dié twee kan dus enige opponerende lynstaangooier ter wêreld senuagtig maak.

Die gevoelige slag van beserings aan spelers soos Nian Berg (stut) en DG Wiese (flank), asook ander verliese, bring mee dat Wanderers dalk op die reserwebank minder diepte het as wat afrigter JP Nel onder ideale omstandighede sou wou hê.

FNB Wanderers: 1 Schalk Bergh, 2 Gerhard Lotter, 3 AJ de Klerk, 4 Ruan Ludick, 5 Nico Esterhuyse, 6 Rohan Kitshoff, 7 Stef Botha, 8 Alberto Engelbrecht (kapt), 9 Riaan van Zyl, 10 Heinrich Smit, 11 Heico Prinsloo, 12 Francois Wiese, 13 Tershwin Raubenheimer, 14 Malcolm Moore, 15 Léan Stoop.

Reserwes: 16 Petri Burger, 17 Shaun du Preez, 18 Morne Prenn, 19 Willem van Zyl, 20 Tewis Brand, 21 Cody la Cock, 22 Zaynor Platt.

Tags: 
Andrew Poolman

Vegtende Wanderers se stoom raak op

$
0
0
Vegtende Wanderers se stoom raak op

Andrew Poolman - FNB Wanderers van Windhoek het steeds ’n lewendige kans om in sy debuutseisoen die kwarteindstryd van die Gold Cup-reeks te haal, maar dit sal van twee spannende wedstryde komende naweek afhang.

Verbete terugvegpogings aan beide kante het laas Saterdag se wedstryd tussen die tuisspan Rustenburg Impala en die Windhoekers ’n behoorlike skouspel gemaak.

Met sowat elf minute oor was die Windhoekers nog met 39-36 voor, maar nadat die klubkampioen van Mpumalanga ’n paar sterk gekondisioneerde bulle van die reserwebank af opgestuur het, het dinge sommer gou skeef geloop. Die uiteinde was ’n oortuigende pak slae met 62-39.

Die myndorp se span het drieë in die 69ste, 71ste, 74ste en 78ste minute ingeryg om uiteindelik met ’n gemaklike oorwinning te eindig.

Met tien drieë teen ses het Impala gewys dat hy nie verniet verlede jaar in die eindstryd gespeel het, toe dit nog as die Gemeenskapsbeker bekend was nie.

Vir die Wit Hingste het die haker Gerhard Lötter (2), die agtsteman en kaptein Alberto Engelbrecht, vleuel Malcolm Moore, skrumskakel Riaan van Zyl en senter Tershwin Raubenheimer drieë gedruk.

Van Zyl het met drie doelskoppe en ’n strafdoel met nege skoppunte geëindig.

Lötter het ook ’n rol gehad in die drie wat Malcolm Moore gedruk het, toe hy ’n skoppie vorentoe gestuur het vir die vleuel om te jaag.

Met ’n paar tweedespanspelers wat die naweek vir die eerste keer betrek is vanweë beserings wat manne soos Nian Berg, Enem Kritzinger en DG Wiese uitgeskakel het, het Wanderers se diepte in die laaste tien minute ernstig onder skoot gekom.

In komende naweek se finale groepwedstryde speel Wanderers op sy tuisveld teen Evergreens van SWD. Laasgenoemde het Saterdag net-net (36-35) op Thabazimbi teen die Northam Platinum Rhinos gewen.

Afrigter JP Nel se manne (agt ligapunte) kan met ’n oorwinning verby Evergreens (10) skuif. Terselfdertyd hou hulle duim vas dat die onoorwonne Impala (15 punte) op Rustenburg ook te sterk vir Pirates (10) sal wees.

Aan Wanderers-kant bestaan opnuut kommer oor die kwale wat die flank Stef Botha (knie), senters Tershwin Raubenheimer (hou teen kop) en Heinrich Smit (voetspier) asook reserweflank Morné Prenn (enkel) opgedoen het.

SKRIK GEMAAK

“Impala het ’n geweldige sterk reserwebank gehad wat die deurslag gegee het. Voor dit was ons geensins verneder nie en het ons hulle inderdaad nogal skrik gemaak deur laat in die wedstryd die voortou te neem.

“Impala se losvoorspelers is menere wat veral in die laaste minute ons verdedigers eenvoudig uit die pad gehardloop het. Hul afrigter Naas Olivier (gewese losskakel van die WP) het ook agterna gesê dat hy waardevolle taktiese inligting gekry het deur ons eerste wedstryd teen Pirates in Johannesburg te gaan kyk,” sê Wanderers se voorsitter, Flip Louw.

Tags: 
Andrew Poolman

Gold Cup is verby vir Wanderers

$
0
0
Gold Cup is verby vir Wanderers

Andrew Poolman - Die rugbyklub FNB Wanderers kon dit Saterdag nie regkry om in sy debuutseisoen tot die kwarteindronde van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se Gold Cup-reeks deur te dring nie.

Hul uitskakeling beteken die einde van die plaaslike seisoen vir die meeste klubspelers – afgesien van diegene wat in die nasionale oefengroepe vir die internasionale Safland Sewestoernooi op Swakopmund, of vir die November-periode van toetsrugby is.

RSK Evergreens van SWD het in ’n naelbytwedstryd met 35-27 oorleef om seker te maak dat hy in die tweede posisie in die Gold Cup se groep B klaarmaak.

Evergreens (15 ligapunte) en Rustenburg Impala (20) is dus die twee spanne wat ’n aanspraak op die trofee behou, terwyl Pirates (Goue Leeus, 11), Wanderers (9) en die Northam Platinum Rhinos (3) uitgeskakel is.

’n Enkele bonuspunt vir ’n vierde drie was op die ou einde skrale troos op ’n teleurstellende dag vir die Namibiese verteenwoordigers se hoop om verder hul merk in die reeks te maak. Wanderers het net een oorwinning (teen Rhinos) in die kompetisie behaal, maar het in elke wedstryd minstens een of twee bonuspunte behaal.

Die hoogs gedissiplineerde Evergreens was waardige wenners en veral hul dodelike verdediging was opvallend – met laagvatte wat die Japanse span van 2015 goedkeurend sou laat kopknik het.

’n Afname in energie in die tweede helfte, asook verkeerde opsies op deurslaggewende oomblikke – soos toe Edwardo Nell as skrumskakel opgestuur is en te veel op sy eie wou aanpak – het ook die hoop laat verdwyn terwyl die laaste minute weggetik het.

Nietemin kan Wanderers nie gekritiseer word dat daar nie aan genoeg spelers blootstelling in die kompetisie gegee is nie.

Wanderers se beamptes en ondersteuners was agterna min in hul skik met sommige van skeidsregter Danie Koen se beslissings. Hulle verskil veral oor die strafskop wat hy in die doodsnikke op die Hingste se doellyn teen haker Gerhard Lötter se posisionering toegeken het.

Van die gevolglike lynstaandryf het Evergreens se woelige flank Freginald Africa op kort afstand deur Riaan van Zyl se duikslag gebars vir sy tweede drie, wat die SWD-span se voorsprong van 28-27 tot die finale 35-27 laat aangroei het.

Riaan van Zyl se vertoning op skrumskakel het die siening verstewig dat dit ’n fout was om hom in vanjaar se Curriebeker-reeks nie in minstens een wedstryd in dié posisie te beproef nie. Met sy spoed van die merk af moes die verdediging skarrel wanneer die ondersteuning by sy vlymskerp breekslae aangesluit het.

Juis só ’n breekslag het Léan Stoop vir die eerste drie deurgejaag. Die vlugvoetige heelagter moes straks meer gereeld in die aanvalle gebruik gewees het. Stoop het ook minstens twee keer briljante werk op die verdediging gedoen.

Wanderers se kaptein Alberto Engelbrecht het voor rustyd van agter ’n aanvallende skrum vir sy span se tweede drie oorgedryf. Die groot agt­steman het ná die wedstryd aangekondig dat hy sy rugbystewels ophang.

Tershwin Raubenheimer het die Hingste se derde drie gedruk. ­Blitsvinnige besit ná een van sy sentermaat Francois Wiese se stormlope was die sleutel, met net een verdediger voor wat nie vir Raubenheimer op die voorvoet kon keer nie.

Die plaasvervangerstut Schalk Bergh het net soos in die Rhinos-wedstryd vanaf ’n dryfbeweging ’n drie gaan druk.

Op ’n winderige dag vir skoppers het losskakel Mahco Prinsloo twee doelskoppe en ’n strafdoel bygevoeg, maar Wanderers kon uiteindelik net nie die agterstand ingehaal kry nie.

Evergreens se hardwerkende flanke Freginald Africa (2) en Buran Parks, asook vleuel Clint Miller het hul drieë gaan druk. Heelagter Leegan Moos het drie strafdoele en drie doelskoppe oorgeklits.

Tags: 
Andrew Poolman

Crusaders kan Van der Berg raaksien

$
0
0
Crusaders kan Van der Berg raaksien

Andrew Poolman - Drie maande by die Canterbury Crusaders se rugby-akademie in Nieu-Seeland is die opwindende voorland vir een van die veelsydige staatmakers van die Namibiese skolespan van die laaste twee jaar.

André van der Berg sal hom in Januarie by die Canterbury Crusaders aanmeld. In 2015 en 2016 se o.18 Cravenweektoernooie het hy sy vernuf op die rugbyveld uitgestal en dit was juis vanjaar se vertoning wat die saadjie vir die volgende geleentheid geplant het.

Toe die koerant hom opspoor, het die beskeie matriekseun van Windhoek Hoërskool uit die staanspoor geskerm dat hy nog geen kontrak in Nieu-Seeland onderteken het nie en dat dit ’n blote proeftydperk vir drie maande is.

“Ek sal in Wellington by ’n klub geplaas word, met ’n deeltydse werk soggens om myself te onderhou. Die voordeel is dat ek ook by die Crusaders se rugby-akademie saam met al die bekende professionele spelers van die franchise sal oefen, insluitend hul All Blacks.

“Hulle benadering is om ’n speler oor ’n langer tydperk te monitor om jou in oefeninge én wedstryde dop te hou. Hulle hou nie net een naweek proewe om te oordeel hoe goed jy rêrig is nie.”

Van der Berg se kop het lankal in die rigting gestaan om ná sy skoolloopbaan óf in Engeland óf Nieu-Seeland te gaan rugby speel. Hy is bly dat hy op die internet dié program van die Crusaders raakgesien het.

Sy afrigter by beide Samsung WHS en die Cravenweekspan, Henry Kemp, het hoë lof vir een van sy staatmakers.

“André is een van die beste jong talente wat Namibië in ’n lang tyd opgelewer het. Hy het twee jaar o.16 Grant Khomo en twee jaar Cravenweek gespeel. Vanjaar was hy kaptein van die Cravenweekspan en het met voorbeeld gelei.

“Hy het twee drieë gedruk waarvan die drie teen die Griekwas ’n mens hoendervleis gegee het. Hy het ’n swak aangee op sy voete raakgevat en van sy eie 10-meterlyn deur die verdediging gevleg om langs die pale te druk.

“André is baie fisiek in die kontak en word nie maklik gestop nie. Hy is ’n speler wat die span altyd eerste stel en die geleenthede skep vir spelers rondom hom. In die o.19 Superliga finaal kon hy self twee keer gaan druk het, maar het spelers aan sy buitekant weggestuur om te druk. André was ook die onderkaptein van WHS se eerste span en het by geleentheid die kapteinskap oorgeneem wanneer Rainer Augustyn nie daar was nie.

“Met sy 50ste eerstespanwedstryd teen Windhoek Gimnasium 1 was hy die kaptein en ons het die wedstryd gewen.

“André was ook vroeër vanjaar as die WHS eerste span afsluitingsfunksie as die spelers se speler van die jaar verkies. Ek hoop die ervaring wat hy in Nieu-Seeland gaan opdoen, sal in die toekoms goud werd wees vir Namibiese rugby.”

LOSSKAKEL OF HEELAGTER

Die gebore Windhoeker vertel dat hy maar nog altyd rugby gespeel het. “Om een of ander rede” onthou hy die laerskooljaar by Windhoek Affies waarin hul spannetjie nie ’n enkele wedstryd kon wen nie. Die volgende jaar het hulle egter selfvertroue begin kry en vir die volgende drie jaar onoorwonne gebly.

In sy laerskooldae het hy flank of agtsteman gespeel, of later skrumskakel.

Vandag staan hy 1.80 meter lank en weeg 84 kilogram. Losskakel is sy gunsteling posisie, maar heelagter is nie ver agter nie. Hy is ook al as senter ingespan en het daar gewis ook nie onbeholpe gelyk nie.

Tags: 
Andrew Poolman

Curriebeker: afrigter sal buitelander wees

$
0
0
Curriebeker: afrigter sal buitelander wees

Andrew Poolman - Geen Namibiërs het aansoek gedoen om volgende jaar die Welwitschias se nuwe afrigter in die Curriebeker te wees nie.

’n Aanstelling kan na verwagting reeds teen aanstaande week gedoen word, het die NRU se waarnemende uitvoerende hoof, me. Elizma Theron, gister aan die koerant gesê.

Nadat die posisie in die media geadverteer is, is aansoeke uit onder meer Suid-Afrika, Kenia en Europa ontvang. Uit die aanvanklike vyf aansoekers het een egter intussen uit die wedloop onttrek.

Dit het intussen ook bekend geword dat John Williams, die NRU se hoofbestuurder van rugbysake, sy bedanking ingedien het en aan die einde van November uit diens by die Rugby-unie tree. Hy beplan glo om na sy geboorteland Suid-Afrika terug te keer en sal dus ook nie voortgaan in sy bestaande amp, soos aanvanklik die beplanning was nie.

Vroeg vanjaar het Williams ingestem om as afrigter vir Namibië se terugkeer tot die Curriebeker-kompetisie op te tree. Hoewel dit vooraf duidelik soos daglig was dat die Welwitschias ’n opdraande stryd sou voer, was dit steeds teleurstellend dat Namibië nie een van sy 18 wedstryde kon wen nie en in die proses twee honderdtalle afgestaan het.

Desondanks is daar geen sprake dat Namibië se plek in die 2017-reeks in die gedrang is nie.

Inteendeel, die klem is eerder dat Namibië sy spelers deur ’n behoorlike voorseisoense krag- en kondisioneringsprogram veel deegliker voorberei as wat in die huidige seisoen die geval was.

Die senior Namibiese nasionale afrigter, Phil Davies, het glo reeds die aansoekers vir die Curriebeker-pos geëvalueer. ’n Aanstelling behoort binne die komende dae deur die NRU-raad gedoen te word, ten einde ’n meer produktiewe voorseisoen as in die verlede in te lui.

NOVEMBER

’n Oefenkamp vir die nasionale oefengroep word van 10 tot 22 November in Windhoek gehou.

Phil Davies asook die kondisioneringsafrigter Wayne Proctor het reeds die afgelope weke heelwat beplanning gedoen om die kamp propvol opbouende, leersame en energieke inhoud te maak.

Een aspek van die kamp sal die besoek deur ’n Britse kenner op die gebied van voedingsaanvullings wees. Met minstens twee gevalle in 2016 van Namibiese spelers wat stelle met verbode middels afgetrap het, sal dié sessies reeds van waarde vir plaaslike spelers wees.

By die Namibiese rugby-akademie is die Crossfit-instrukteur PD Stoman ook in noue kontak met Proctor om plaaslik die spelers se krag- en kondisioneringsprogram op ’n daaglikse grondslag te monitor.

Die nasionale o.19- en o.21-oefengroepe sal ook by die Akademie ingesluit word. Onderhandelinge was glo suksesvol met ’n bekende plaaslike afrigter om aan die stuur van die Akademie te staan.

Tags: 
Andrew Poolman

Theuns 'n aanwins vir Curriebeker 2017

$
0
0
Theuns 'n aanwins vir Curriebeker 2017

Die rugbyspeler Theuns Kotzé begin reeds oor ''n week of wat ''n nuwe hoofstuk in sy loopbaan wanneer hy en sy vrou Ané na Windhoek verhuis.

Sedert verlede jaar is hy die nasionale rekordhouer wat tans reeds 403 punte in sy 34 toetse vir Namibië opgestapel het.

Hy het ook meer toetse as losskakel vir Namibië begin (33) as enige ander speler.

By verlede jaar se Wêreldbeker in Engeland was hy ook die enigste stelskopper wat die toernooi met ''n trefpersentasie van meer as 90 afgesluit het.

Op 29-jarige ouderdom en met twee Wêreldbekertoernooie agter die blad, kom vestig Kotzé hom aanstaande maand in Windhoek.

Die voormalige student van die Pukke het glo reeds werk in ''n logistieke rigting by ''n plaaslike maatskappy gekry.

Sy laaste werkgewer as professionele rugbyspeler, die Boland Kavaliers, het hom opnuut ''n kontrak vir 2017 ­aangebied, maar met die oog op die toekoms het hy besluit dit is tyd om sy voet in die deur van die korporatiewe wêreld te kry.

Sedert 2010 het hy ook spanne soos die SWD Arende, die Luiperds en twee verskillende Franse klubs verteenwoordig.

Kotzé het bevestig dat hy beskikbaar sal wees om vir die Welwitschias in aanstaande jaar se Curriebeker uit te draf.

“Ek het nog nie so ver gedink nie,” was sy antwoord op die vraag by watter klub in Windhoek hy sal aansluit.

Met soveel van sy jarelange vriende in die nasionale span wat by Wanderers speel, sal dit waarskynlik ''n verrassing wees as hy by enige ander klub registreer.

Tags: 
Andrew Poolman

37 Spieler zum Lehrgang eingeladen

$
0
0
37 Spieler zum Lehrgang eingeladen

Von Olaf Mueller, Windhoek

Beim namibischen Rugby Verband (NRU) laufen bereits die Vorbereitungen auf den Currie Cup 2017. Laut einer Pressemitteilung der NRU wurden 37 Spieler benannt, die an einem Vorbereitungslehrgang unter dem neuen Trainer Roger Thompson teilnehmen.

Der 33-jährige Übungsleiter agiert, wie auch sein Vorgänger John Williams, unter dem Chef-Trainer Phil Davies. Der Namibier war aus den Nachwuchsriegen der NRU gekommen und hatte zuvor mit der U19 und U20 gearbeitet.

Das sogenannte Pre-Season Training Camp ist Teil des Entwicklungs-Programms des Verbands. Weiterhin will die NRU die bisherigen Strukturen innerhalb der Organisation weiter verfeinern. Dabei wird Thompson die Rolle des Chef-Trainers des nationalen Rugby Programms und der hierfür ins Leben gerufenen Akademie übernehmen.

Unterstützt wird der Windhoeker dabei vom Konditions-Trainer Wayne Proctor. Die Aufgabe der beiden in Abstimmung mit Davies ist, den Nachwuchs speziell zu fördern und auch für den Sport zu interessieren. Der Verband strebt zu dem Zweck die Zusammenarbeit mit Schulen an, um das 7er Rugby im Schulsport zu etablieren.

Die Herausforderung, die der Verband an die beiden stellt, ist es, die jungen Spieler im Land zu halten und die Basis für die Nationalmannschaft zu bilden. Kein leichtes Unterfangen, bedenkt man, dass die guten Spieler ins Ausland abwandern, da dort ein Vielfaches mehr gezahlt wird.

Der Präsident der NRU, Bradley Basson, betonte bei der Verkündung des vorläufigen Kaders, dass es „unsere Strategie ist, uns bereits zu diesem Zeitpunkt auf die Weltmeisterschaft 2019 zu konzentrieren.“

Laut Basson möchte man mehr internationale Vergleiche mit den Top 20 Nationen, und sich ebenfalls im Ranking verbessern. Derzeit rangieren die Welwitschias auf Platz 20 der Weltrangliste. Bereits im nächsten Jahr beginnt die Qualifikationsphase zum Weltcup.

Für das einwöchige Trainings-Camp hat die NRU Ernährungswissenschaftler und einen Anti-Doping-Spezialisten aus Südafrika eingeladen. Dieser wird während des Lehrgangs beraten und auch Test mit den Spielern machen.

Das sollte Thompson noch in dunkler Erinnerung sein. Der 33-Jährige war 2007 als Spieler für zwei Jahre vom internationalen Wettbewerb gesperrt worden, da er verbotene Substanzen eingenommen hatte.

Davies ist davon überzeugt, dass die Welwitschias im nächsten Jahr viel wettbewerbsfähiger sein werden, als noch in diesem Jahr, als vor allem im zweiten Halbjahr ein Leistungsabfall beim Currie Cup Team deutlich wurde. Dieser hatte allerdings auch damit zu tun, dass ein Teil der Stammspieler zu internationalen Spielen abberufen wurde.

„Das ist jetzt die Gelegenheit Talente zu sichten und in die Nationalmannschaft zu integrieren“, sagte der Chef-Trainer. Zu dem Lehrgang werden einige der Spieler vertreten sein die bereits beim Weltcup 2015 unter namibischer Flagge aufliefen. Unter ihnen sind Spieler wie Rohan Kitshoff und Leneve Damens. Hinzu kommen Spieler aus dem Team der Currie Cup Mannschaft 2016.

Zu dem Lehrgang eingeladen wurden: Aurelio Plato (Kudus),Leneve Damens, Cameron Klassen, Muniovita Kasiringua, Thomas Kali, Cliven Loubser (alle UNAM),Collen Smith (United),A J De Klerk, Quinton Esterhuizen, Gerhard Lotter, Ruan Ludick, Tinus du Plessis, Shaun du Preez, Heinrich Smit, Rohan Kitshoff, Nian Berg, M P Pretorius, Marco Prinsloo, Francois Wiese, J C Greyling, Malcolm Moore (alle Wanderers),Justin Nel, Gino Wilson, Darryl de la Harpe, Russel van Wyk, Eugene Jantjies, J C Winckler, Thomasau Forbes, Rodriques Victor (Western Subburbs),Theuns Kotze (Bowland/SA),Cameron Langenhoven (Golden Lions/SA),Louis van der Westhuisen, Hans Breedt (Leopards/SA),Justin Newman, Johan Retief (Sharks/SA),Christopher van der Merwe (Western Province/SA).

Olaf Mueller

Südafrikas „Blitzbokke“ treten als „Springbok-Academy“ an

$
0
0
Südafrikas „Blitzbokke“ treten als „Springbok-Academy“ an

Windhoek (ap) - Der südafrikanische Verband (NRU) hat einen Warnschuss in Richtung Konkurenz für das Safland-Turnier im Siebener-Rugby an diesem Wochenende abgegeben. Wie die Verantwortlichen in dieser Wochen mitteilten, haben alle 14 nominierten Spieler ihre Heimat bereits auf internationalem Parkett vertreten. Ganze neun dieser Profi gehörten zum Kader, der bei den Olympischen Sommerspielen im August in Rio den Janeiro die Bronzemedaille gewannen. Einziger Haken: Da der Wettkampf in Swakopmund nicht in den Rahmen der Siebener-Weltserie fällt, wird die Mannschaft unter dem Namen „Springbok-Academy“ und nicht unter ihrem eigentlichen Titel „Blitzbokke“ an den Start gehen.

Angeführt werden die Favoriten aus der Kap-Republik von Kyle Brown. Der 29-Jährige, der beim südafrikanischen Traditionsverein Western Province unter Vertrag steht, gehört ist seit 2008 als fester Bestandteil zu der Truppe und hat seit dem 46 Länderspiele absolviert. Bereits bei den Spielen am Zuckerhut führte der in Kapstadt geborne Spieler die Auswahl als Kapitän aufs Feld. Auch Cecil Afrika, Tim Agaba, Justin Geduld, Dylan Sage, Philip Snyman, Rosko Specman und Chris Dry feierten in der brasilianischen Millionenmetropole den dritten Rang im Gesamtklassement. Das Team wird heute in Namibia erwartet.

Unterdessen hat der Cheforganisator des Turniers, Willem Strauss, das Programm bekannt gegeben. Demnach bekommt es die „Springbok-Academy“ in der Gruppe X mit Gastgeber Namibia, einer All-Star-Auswahl aus Südafrika, Kenia und Deutschland zu tun. Die Gruppe Y setzt sich Sambia, Botswana, einer Legenden Auswahl, Eye of the Tiger und einer namibischen Nachwuchstruppe zusammen. Die Endspiele werden allesamt am Sonntag über die Bühne gehen.

Olaf Mueller

Groen-en-Goud tref Swakop

$
0
0
Groen-en-Goud tref Swakop

Die verdedigende kampioen Suid-Afrika met sy sterbelaaide span poseer vir ''n groepfoto gister by The Dome op Swakopmund, wat as die basis vir komende naweek se internasionale Safland Sewestoernooi sal dien
Selfs sonder Kwagga Smith, wat eergisteraand twee drieë vir die Barbarians teen die Tjeggiese Republiek gedruk het en ook na Namibië op pad is, bring die Olimpiese bronsmedaljewenners sommer ''n groot klomp skietgoed.
Twee van hul mees prominente uitdagers, Kenia en Duitsland, het ook reeds gister litte losgemaak op die veld waar die aksie komende Saterdag en Sondag gaan woed.
Duitsland se span, was vanjaar in die topdrie van ongelukkige spanne wat Olimpiese kwalifikasie met die kleinste verskil misgeloop het. Met die Namibiese kusdorp se Duitse wortels behoort dié besoekers ook baie belangstelling gaande te maak.
Namibië, Zambië en nog drie Suid-Afrikaanse kombinasies word as die buiteperde gereken om in die internasionale kompetisie hul merk te maak. Die eerste wedstryde in die klub- en skole-afdelings begin reeds môre vanaf 15:00 op die A- en B-velde. Foto verskaf

Tags: 
Andrew Poolman

Harlequins se mond water oor Renaldo Bothma

$
0
0
Harlequins se mond water oor Renaldo Bothma

Die Engelse premierliga-klub Harlequins het gister baie opgewonde aangekondig dat die Namibiese kaptein Renaldo Bothma vir die 2017-''18 seisoen by hom sal aansluit.

Bothma, ''n kragtige baldraer-agtsteman, sal eers die komende Superrugby-seisoen met sy huidige werkgewer die Blou Bulle voltooi, voordat hy vir die volgende drie seisoene na die Londense klub aanbeweeg wie se tuisstadion The Stoop genoem word.

Harlequins is tans ná sewe rondes van die huidige seisoen in die sesde plek uit 12 spanne.

Hul direkteur van rugby, John Kingston, het die nuus gister soos volg op die klub se webblad bevestig: “Renaldo is een van die mees vernietigende baldraers in wêreldrugby en dus is ek absoluut verheug dat ons sy dienste met ''n langtermynkontrak kon verseker.

“As kaptein van sy land (en ook sy vorige provinsiale unie, die Pumas), bring hy ook sterk leierseienskappe.

“Hy het Harlequins bo ander opsies elders ter wêreld gekies en sy handtekening maak ''n belangrike punt oor waar ons hierdie groot klub in die komende jaar wil neem.”

As ''n produk van die Sharks Akademie, het hy 78 Curriebeker-wedstryde gespeel, waarvan sy mees prominente vertonings vir die Pumas was.

In 2015 het hy sy Superrugby-buiging vir die Sharks gemaak en nadat hy in die 2015 afseisoen by die Japanse span Toyota Verblitz was, het hy hom vanjaar by die Bulls aangesluit.

Die 27-jarige blondekop kwalifiseer deur sy ma se geboorteplek om vir Namibië te speel en het sy internasionale debuut in 2014 teen Kenia gemaak.

Bothma het ''n sleutelrol gespeel om sy land te help kwalifiseer vir die 2015 Wêreldbeker-toernooi en het in die toernooi drie verskynings (teen Nieu-Seeland, Tonga en Georgië) gemaak.

In Junie vanjaar het afrigter Phil Davies hom as die nuwe kaptein van Namibië in die plek van die uitgetrede Jacques Burger aangestel.

Tot op hede het Bothma 13 toetse gespeel en agt drieë gedruk (40 punte).

Bothma – 1.87 meter lank en 110 kg op die skaal – het oor sy komende skuif gesê: “Ek is baie opgewonde om na Engeland vir die volgende somer te skuif en ''n positiewe impak by Harlequins te maak.

“Ek het ''n langtermyn ooreenkoms onderteken (drie jaar) en ek wil bydra om die klub te help groei en dit tot nog hoër hoogtes te bring.

“Ek glo sterk dat ''n positiewe omgewing vir spelers belangrik is. Uit my gesprekke met John Kingston kon ek baie duidelik aflei dat dit is hoe Harlequins ook sy sake bedryf. Die klub het ''n aangename atmosfeer en hul aard is baie familievriendelik.

“Ek het nog ''n Superrugby-seisoen saam met die Bulls om op te konsentreer en dáár sal ek my alles gee voor my skuif na Engeland.”

Die uitgetrede flank Jacques Burger, wat meer as 100 wedstryde vir Saracens gespeel het, heelagter Chrysander Botha (Exeter) en flank Tinus du Plessis (Wasps) is ander Namibiërs wat al tevore in die Engelse premierliga in aksie was.

Tags: 
Andrew Poolman

Booysen-hulle reg vir die groot kanonne

$
0
0
Booysen-hulle reg vir die groot kanonne

Andrew Poolman - Die Namibiese sewesrugby­span is vasberade om ''n paar spanne wat in ''n hoër gewigsklas gereken word, grond toe te bring wanneer die internasionale Safland Sewes môre in erns op Swakopmund begin.

Wedstryde in die afdelings vir klubs, hoërskole en laerskole begin reeds vandag vanaf 15:00 by die rugbyveld langs The Dome, maar dit is van môre af dat die internasionale spanne bykom om die poppe behoorlik te laat dans.

Die Namibiërs begin môre met ''n veeleisende vier groepwedstryde kort ná mekaar. Dit is naamlik teen die SA All Stars (11:40), die kragtige Kenia (13:00), Duitsland (14:40) en laastens Neil Powell se Suid-Afrikaanse span, die huidige titelhouers, om 16:00.

Die skrale troos is dat hulle dan Sondagoggend ''n loslootjie het terwyl die ander spanne in groep X nog in een ronde uitspeel, voordat die uitklopfase begin.

In die ander groep Y sal die Namibiese Akademiespan môre teen die SA Living Legends (12:20), daarna die SA span Eye of the Tiger (13:40) en Botswana (15:20) opgeweeg word. Hul laaste opponent is Sondagoggend teen Botswana om 10:20.

Vir afrigter Jurie Booysen sal hierdie toernooi sy eerste groot toets op tuisbodem wees. Enkele maande gelede het hy bo verwagting goed gevaar toe die Namibiërs die silwermedalje by die Afrika-seweskampioenskap in Nairobi ingepalm het. Net Uganda het hulle in die finaal geklop, nadat Booysen by die proewe nie geweldig baie gehad het om uit te kies nie.

Sedertdien het Booysen meer tyd gehad om spelers wat destyds nog verpligtinge in vyftienmanrugby gehad het, in sy oefengroep te integreer. Die afrigter het die afgelope weke klem gelê dat enige speler met sewes-aspirasies bereid moes wees om van die onderpunt af, soos enige ander kandidaat, sy plek in die oefengroep te verdien.

Drie spelers is bygevoeg tot die laaste toergroep na Kenia, naamlik Lesley Klim, Quinton Fielding en Riaan van Zyl wat almal uit hul nate sal bars om hul merk op die speelveld te maak.

Hierteenoor moes Tuna Amutenya plek maak om in die Akademiespan leiding te verskaf, terwyl Sunday Haitembu deur ''n enkelbesering en studieverpligtinge buite rekening is.

“Ek glo ons is so voorbereid as wat ons kan wees. Met tien spanne in die toernooi, gevolg deur agt in die kwarteindstryd, is daar geen verskoning hoekom ons nie minstens die semifinaal kan haal nie.

“Ons is deeglik bewus dat Suid-Afrika, Kenia en Duitsland niemand se speelmaat is nie en dat jy inderdaad geen span mag onderskat nie,” sê Booysen.

Namibië: Ngumee Nguaiko (Kudus), Handré Bezuidenhout (Trustco United), Mbimbo Mbai (FNB Unam), Phillip Nashikaku (Trustco United), JR Jacobs (Kudus), Ricardo Swartz (FNB Western Suburbs), Quinton Fielding (Dolphin), Lesley Klim (FNB Unam), Riaan van Zyl (FNB Wanderers), Helarius Kisting (FNB Unam), Nandivatu Karuuombe (Trustco United), Shareave Titus (FNB Unam)

Namibiese Akademiespan: Allistor Jacobs (FNB Western Suburbs), Tuna Amutenya (Trustco United), Heathlin Cloete (FNB Unam), Maurice Kotzee (Dolphin), Elmo van der Byl (Kudus), Johannes Namene (FNB Western Suburbs), Casio Schoombe (Kudus), Naudé Neethling (Trustco United), Cameron Stevens (Kudus), Lovelle Delie (Kudus), Carlton Stevens (Kudus), Jean-Louis Grobler (West Coast Sharks), André Jordaan (Pro-Ed Akademie).

Kaartjies vir die naweek kos N$40 vir kinders (6-17) en N$150 vir volwassenes.

Tags: 
Andrew Poolman

Kondisionering in lewende lywe ervaar

$
0
0
Kondisionering in lewende lywe ervaar

Andrew Poolman - Die vlak van kondisionering waarop die topspanne in Wêreldrugby se sewesreeks verkeer, was een van die duidelikste aspekte wat as ''n rigtingwyser vir die Namibiese spel uitgewys is tydens laas naweek se Safland Sewes op Swakopmund.

Die patroon van opwarm, speel, rus, herhaal, soos wat spanne in sulke toernooie met drie of vier wedstryde op ''n dag deurmaak, sal uiteraard teen die einde van die tweede dag vir uitputting sorg.

In die oorblywende maande voordat Namibië vir sy volgende grote (die Hongkong Sewes, vroeg in April) aantree, lê harde werk dus voor in afrigters Jurie Booysen en Robbie Dickson se opbou om die uiteindelike uitsoekgroep van 12 spelers deeglik voor te berei.

Met die groot oop spasies van sewesrugby is dit feitlik onafwendbaar dat ''n verdedigingslinie binne die bestek van twee dae oomblikke sal ondervind waar die opposisie (of die spring van die bal) hulle belaglik laat lyk.

Die prestasie van die Blitsbokke se kampioenspan om net twee drieë (in die finaal teen Kenia) af te staan, wil dus gedoen wees. Toeskouers was bevoorreg om die Suid-Afrikaners se fiksheidsvlak eerstehands te beleef, soos in die HSBC Wêreldreeks.

Die Blitse se afrigter Neil Powell het ná die finaal aan Republikein vertel hoe hy die negatiewe gedagtes hanteer wat enige perfeksionis ''n slapelose nag sal gee.

“Dit gebeur soms in ''n toernooi dat jou span ''n baie deurslaggewende wedstryd verloor wat hulle kanse vir die finaal beëindig. Dit kos nogal baie om hulle dan weer te motiveer om dalk minder as ''n uur later weer op die veld te moet draf.

“Om ná die eerste aand die videomateriaal te moet ontleed en planne vir die volgende dag uit te werk, sal jou ook ''n slapelose nag gee, veral as dinge nie na wense verloop het nie. Sulke tye sal ek liewer vroegaand ''n slaappil drink en die volgende oggend vieruur opstaan om dié taak af te handel.”

Powell was in sy skik dat die Suid-Afrikaners so ''n suksesvolle oefenlopie vir volgende maand se Dubai Sewes kon hê. In twee oorwinnings op die laaste dag teen Kenia moes hulle op hul beste wees.

Om sonder noemenswaardige beserings uit die stryd te tree, is vir hom verder verblydend.

JONGER GESLAG

''n Totaal van 1 079 rugbyspelers was die naweek in aksie met die klubkategorie, asook laer- en hoërskole wat terselfdertyd op die A- en B-velde in aksie was. Die skole-afdelings is deur Realgood Chicken geborg.

Kudus het die klubkompetisie gewen deur die eindstryd teen hul Walvisbaaise buurklub die West Coast Sharks met 24-5 te beklink.

• Windhoek Gimnasium het albei die beskikbare hoërskoolafdelings ingepalm. Hul onder 17-span het naelskraap met 17-12 teen ''n ewe gedugte spannetjie van Windhoek Hoërskool oorleef. Met dieselfde telling het Walvisbaai die derde plek teen Moria van Outjo beklink.

Gimnasium se onder 15-span het in sy eindstryd teen Tsumeb Gimnasium met 17-14 die knoop deurgehaak.

Die o.13-kampioene was Walvisbaai Laerskool danksy hul oorwinning met 14-10 teen Elnatan van Stampriet.

Tags: 
Andrew Poolman

Talent uit Namibië bly gesog

$
0
0
Talent uit Namibië bly gesog

Andrew Poolman - Namibiese rugbytalent op junior vlak bly uiters gesog, met heelwat van die o.18 Cravenweek-spelers wat opnuut met geleenthede by beroepsunies in die buiteland opgeraap is.

Die Blou Bulle Rugbymaatskappy lyk na die grootste enkele invoerder van Namibiese spelers, met vier wat Pretoria hul rugbytuiste maak.

Hulle is die skrumskakel Jay-C Olivier (Officeconomix Windhoek Affies), die twee flanke Prince !Gaoseb (Windhoek Hoërskool) en Peter Diergaardt (Ricoh Windhoek Gimnasium) asook die heelagter Chad Plato (Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool).

Die stut André Rademeyer (Affies) het ''n kontrak by die Westelike Provinsie rugby-akademie losgeslaan.

Dit is ook reeds bekend dat WHS se heelagter André van der Berg sy eerste jaar ná skool by ''n rugbyklub in Canterbury, Nieu-Seeland gaan deurbring wat gewis ''n sterk invloed op sy loopbaan kan hê. Nog twee van sy WHS-maats gaan ook Kiwi-land toe, naamlik die senter Handre Klazinga (Wellington) en skrumskakel Duan Fourie (Canterbury).

Twee staatmakers van Supersand Elnatan het ook o.19-kontrakte van die Goue Leeus gekry, naamlik PW Steenkamp (losskakel) en Jacques Snyman (flank). Die Walvisbaaiers Luke Jansen (vleuel) en Riaan de Klerk (agtsteman) gaan sluit by die Tuks rugby-akademie aan.

Talle rugbyspelende skoolverlaters sal die nuwe jaar ook suid van die Oranjerivier begin – hoewel meer gefokus op hul studierigtings as dat hulle as rugbyspelers gekontrakteer is. Voorbeelde is die stut Jano Rieckert en senter Frederick van Zyl (beide Stellenbosch), Chrischen Olivier (Stellenbosch of Pretoria), die hakers Darius von Solms en Christo Pienaar (Pukke), almal van Gimnasium; en die WHS-slot Rainer Augustyn (Stellenbosch). Elnatan se senter Danco Burger en flank Pikkie van Niekerk gaan studeer by Pukke en agtsteman Gerbus van Wyk in Bloemfontein. Uit Walvisbaai gaan studeer die losskakel (en krieketspeler) Francois Rautenbach by Maties.

Niko Davin, skrumskakel van Gimnasium, het as belowende krieketspeler ''n beurs aanvaar om in 2017 bemarking op Potchefstroom te gaan studeer.

Prominente skoolverlaters wat hulle volgens beskikbare inligting volgende jaar wel in Namibië sal bevind, sluit in Rudi Pretorius (vleuel), Armand Kotze (slot) en Sam Kuvare (stut), almal van Gimnasium; agtsteman Stefan Hattingh van Affies; WHS se flank JD Nel en slot Loandro Erasmus.

Ongeag of die spelers op tuisbodem of elders presteer, kan Namibië hulle steeds vir volgende April se Wêreldrugby Junior Trofee-toernooi vir onder 20''s in aanmerking neem.

VINCE DREYER GAAN WEG

Die hoog gerekende Vince Dreyer het gister ook aan die koerant bevestig dat hy reeds sy bedanking as hoofafrigter by Windhoek Gimnasium ingedien het.

Dreyer sê hy sal in middel-Januarie uit diens tree by die skool wie se eerste span hy in 2014 en 2015 na die eerste Momentum o.19 Superliga-titels in hul bestaan gelei het. Hy was vanjaar ook mede-afrigter van die o.18 Cravenweekspan.

Hy het nog nie sekerheid watter van die aanbiedinge wat hy uit Nieu-Seeland gekry het, hy sal aanvaar nie.

Twee van die aanbiedinge uit Wellington en Auckland kom van klubs wat afrigters vir hul onder 20-spanne soek.

“Die ander moontlikheid is by ''n groter unie wat nog met onderhoude besig is en daaroor kan ek nog nie uitpraat nie,” sê hy. “Dit is geleenthede wat ek nie deur die vingers wil laat glip nie. ''n Mens kan altyd later terugkom na jou wortels.”

NRU BESPREEK TOEKOMS

Die Namibië Rugby-unie (NRU) nooi alle klubbestuurslede, afrigters en spelers om vanaand ''n aanbieding deur die nasionale afrigter, Phil Davies, by te woon.

Davies sal die vier sleutelgebiede uitwys waarop fokus geplaas sal word in terme van die hoëprestasie vierjaarplan wat Namibië aan Wêreldrugby voorgelê het.

Die plan is daarop gemik om Namibiese rugby se vordering op die wêreldverhoog verder te ontwikkel.

Een sleutelaspek van die plan is hoe die plaaslike spel op klubvlak ondersteun kan word, in ''n omgewing waarin groei en samewerking aangemoedig word. Die ontwikkeling van toekomstige geslagte afrigters, spelers en skeidsregters is uiteraard ook belangrike pilare vir sukses.

Vanaand se verrigtinge begin deurdat genooides en belangstellendes die nasionale groep se oefensessie vanaf 18:00 kan aanskou. Hierna volg ''n ete saam met die nasionale span, voordat Davies se hoëprestasie voorlegging om 19:15 begin. Vir belangstellendes sal die aand afgesluit word met ''n eerstehandse toer deur die nasionale hoëprestasiesentrum.

Belangstellendes word versoek om hul bywoning by info@nru.com.na of telefonies by 083 251 7750 te bevestig.

Tags: 
Andrew Poolman

Nalatigheid kos Bouwer vier jaar skorsing

$
0
0
Nalatigheid kos Bouwer vier jaar skorsing

Andrew Poolman - Hy het vrede gemaak met die beslissing en aanvaar dat dit net deur sy eie growwe nalatigheid gebeur het. Hy sal sy deel doen om die boodskap by ander jong spelers tuis te bring om nooit hul waaksaamheid teenoor verbode middels te laat verslap nie.

Só het die Namibiese skrumskakel Arthur Bouwer (26) gister gereageer op Wêreldrugby se aankondiging dat hy vir vier jaar uit enige rugbybedrywighede geskors is. Dit beteken dat hy tot 11 Julie 2020 nie mag speel, afrig of in enige ander hoedanigheid by georganiseerde rugby betrokke mag wees, behalwe om te oefen nie.

Bouwer het in middel-Junie vanjaar as lid van die Namibiese span by die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi in Roemenië ''n positiewe toets gelewer vir ''n steroïed wat farmaseuties as Turinabol bekend is en wat beide gedurende én buite die rugbyseisoen op WADA se verbode lys is.

Sy tugverhoor met regslui van Wêreldrugby is op 7 Oktober deur middel van Skype gehou, met die Namibië Rugby-unie se waarnemende uitvoerende hoof, me. Elizma Theron, ook teenwoordig. Die uitslag is vandeesweek op Wêreldrugby se webblad teen opkikkers (keeprugbyclean.com) gepubliseer.

Bouwer is ''n semi-professionele rugbyspeler wat sedert 2012 die nasionale span verteenwoordig het. Hy het in 15 toetse gespeel (agt as plaasvervanger) en een drie gedruk, benewens talle wedstryde op provinsiale vlak.

Voldoende bewyse is ingedien dat hy sedertdien genoegsame opleiding oor die onderwerp ontvang het om te weet dat hy persoonlik verantwoordelik is dat hy geen verbode middels inneem nie. Twee keer tevore is hy getoets en hy het ook in 2013 ''n 100% slaagsyfer vir Wêreldrugby se aanlyn toets oor verbode middels behaal.

''ANTONIO''

Volgens Bouwer se getuienis het hy in Oktober 2015 ''n Contiki-toer deur Europa onderneem. Sielkundig was hy in ''n baie teneergedrukte stadium nadat hy nie die Namibiese span vir die Wêreldbeker gehaal het nie.

Gedurende sy reis het hy glo ''n jong Amerikaner genaamd Antonio raakgeloop wat ook Amerikaanse voetbal speel en gevolglik hard oefen. Hy het opgemerk dat Antonio aanvullings gebruik en het as ''n “eksperiment” twee van sy tablette gebruik en later nog twee na Namibië saamgebring. Hy het glo Antonio se woord aanvaar dat dit geen verbode bestanddele het nie.

Tydens die tugverhoor het Bouwer erken dat indien hy behoorlike navorsing oor die produk sou gedoen het, hy heel moontlik van die klassifikasie van die anaboliese steroïed bewus sou geword het en dat hy dus die risiko van ''n positiewe toets sou loop.

Bouwer het sy verskoning aan Wêreldrugby, die NRU, sy medespelers en afrigters aangebied vir sy roekelose optrede en het verklaar dat hy sterk glo in skoon, regverdige sport.

In die tugverhoor kon geen rede gevind word om Wêreldrugby se bepaling van ''n vier jaar skorsing vir ''n eerste oortreder te versag nie.

Geen van die handelsname wat hy na bewering by Antonio ontvang het (Superdrol of Super-Anadrol) bevat die verbode middel Turinabol nie en gevolglik is die speler se verduideliking nie aanvaar van hoe hy die middel ingekry het nie.

Hoewel Bouwer onder kruisondervraging ''n indruk gelewer het as ''n eerlike jong man wat sy foute openhartig erken en berou getoon het, het dit hom nie kwytgeskeld van die verantwoordelikheid wat op hom gerus het nie.

“Ek is vir niemand kwaad nie. Die Rugby-unie het regtig alles in hul vermoë gedoen om ons oor verbode middels bewus te maak. Ek sal graag ''n bydrae wil jong spelers op te voed om ''n les uit my skorsing te leer. Dit gebeur so gou dat ''n man gevang word as jy nie wakker is nie, of omdat jou vertroue in iemand stel.

“Ek is bewus dat Wêreldrugby nie vir sulke goeie gedrag afslag op die vier jaar skorsing sal gee nie.

“''n Vier jaar skorsing is ''n groot hap uit jou loopbaan en vir ''n jong speler kan dit dalk die einde van sy loopbaan beteken,” het Bouwer gister gesê.

Tags: 
Andrew Poolman

NRU setzt auf mehr Professionalität

$
0
0
NRU setzt auf mehr Professionalität

Von Olaf Mueller, Windhoek

Der namibische Rugby-Verband (NRU) steckt mitten in den Vorbereitungen auf den World Cup 2019. Zu diesem Zweck hatten die Verantwortlichen vor einigen Tagen bereits eine Liste von Spielern an die Medien weitergegeben, die im vorläufigen Aufgebot getestet und beobachtet werden sollen. Das wird in einem Trainingslager stattfinden (AZ berichtete).

Am Mittwoch stellte die Führungsriege der NRU einen, wie man auf neudeutsch sagt, Masterplan vor. Anwesend waren unter anderem Cheftrainer Phil Davies und der Präsident Bradley Basson. Während sich der Übungsleiter mehr auf den sport-technischen Teil konzentrierte, erläuterte Basson die organisatorischen Einzelheiten des Konzepts.

Der Präsident betonte, wie engagiert alle an der Qualifikation für Japan arbeiten. „Die NRU hat das Planpapier bei der Organisationsleitung des Cups 2019 eingereicht und uns wurde eine Unterstützung von 250000 Pfund (rund 4,4 Millionen Namibia-Dollar) angeboten. Dieses Investment werden wir in die gesamte Vorbereitungsphase für die Weltmeisterschaft stecken“, so Basson.

Ein Teil des Geldes wird die NRU wohl in den Aufbau einer Rugby-Akademie, die sich zum Teil auch auf die Nachwuchs-Sichtung und auf Förderprogramme fokussiert investieren. Basson fuhr fort, dass „man sich in dem Prozess befinde, die nötigen Ressourcen mit den richtigen Kompetenzen zu installieren, welche die Vorgaben und Ziele der NRU realisieren und umsetzten.“

Bei der Vorstellung wurde auch erläutert, dass der aus dem Amt geschiedene Cheftrainer der Currie-Cup-Mannschaft John Williams, sich für eine Rückkehr in die Heimat entschieden hatte. Dabei hatte die NRU mit Roger Thompson bereits Anfang November einen Nachfolger definiert. Aber auch im Fitnessbereich, bei den Physiotherapeuten und Taktiktrainern werden in den nächsten Tagen wohl noch Ernennungen folgen.

Im sportlichen Bereich stehen Pläne im Raum, die nationale Liga von acht auf zwölf Mannschaften zu erweitern. Zusätzlich ist die Installierung eines Leistungszentrums vorgesehen. Wichtig ist auch die Zusammenarbeit der NRU mit anderen Nationen und die Ausweitung der Anzahl von internationalen Vergleichen.

Davies gibt für den Cup in Japan auch schon ein erstes Ziel für die Welwitschias vor. „Für uns ist es extrem wichtig die Qualifikation zu schaffen und bei der Weltmeisterschaft das erste Mal ein Spiel zu gewinnen“, so der Waliser.

Fitnesstrainer Wayne Proctor fügte hinzu, dass die Nationalmannschaft dafür zwölf Monate im Jahr trainieren muss, um die gesetzten Ziele zu erreichen. Gerade zwischen September und März trainieren die Akteure wenig oder gar nicht, was zu einem Leistungsstillstand führt „Die Spieler müssen umdenken und konstant arbeiten um die Nummer 18 in der Weltrangliste zu werden. Das ist eine große Herausforderung an alle“, sagte Proctor.

In der sportlichen Abteilung wurde auch noch der Ernährungswissenschaftler Jack Like verpflichtet. Neben dem Schotten wird der Physiotherapeut Mark Beggs aus Irland das Team erweitern.

Außerdem werden die Stimmen von Seiten der NRU immer lauter, dass das Klub-Rugby professioneller werden muss. Nach Thompson bläst nun auch Davis in dieses Horn. Der frühere Namibische Nationalspieler hatte vor rund einer Woche die Forderung gestellt, die Rugby-Liga zu professionalisieren. Das würde eine breitere Basis für die Welwitschias schaffen.

Eher störend ist da der Bericht der Welt-Rugby-Anti-Doping-Agentur (WRADA), die der Welt-Anti-Doping-Agentur (WADA) unterliegt. Dort taucht der Spieler Arthur Bouwer auf und hat demnach verbotene Substanzen genommen. Er hatte sich bereits für sein Ungeschick bei der NRU entschuldigt.

Nichts desto trotz muss Bouwer, der sein Unwissen bekundet einer vierjährigen Sperre als Sanktion ins Auge sehen. Zur Verhandlung vorgeladen wurde die Geschäftsführerin der NRU, Elizma Theron.

Trainer Thompson weiß was dem Nationalspieler droht, er selbst musste dies 2007 am eigenen Leib erfahren. Dennoch hilft Unwissenheit vor Strafe nicht. Die der WADA unterstehenden Organisationen veröffentlichen in regelmässigen Abständen Listen mit verbotenen Substanzen.

Bouwer war beim Nations Cup in Rumänien positiv aufgefallen. Es wurde die Einnahme von Steroiden nachgewiesen. Bouwer bestätigte die Einnahme und gab zugleich an, sich nicht genügend über das Präparat erkundigt zu haben. Ein fataler Fehler, wie es der Vorfall mit der prominenten Tennisspielerin Maria Sharapowa zeigte.

Bei der Vorbereitung auf Japan setzt die NRU als Teil des Konzepts, auf Dopingtest durch Spezialisten. Dennoch ist die Affäre um Bouwer gerade in dieser Phase sehr ungünstig für die Erfüllung der Mission World Cup 2019, und die damit verbundene Pressearbeit. Den ein oder anderen potenziellen Geldgeber könnte der Vorfall abschrecken. Dennoch bleibt zu erwähnen, sollte die NRU das Konzept wie angekündigt umsetzen, dann ist das namibische Rugby auf einem exzellenten Weg.

Olaf Mueller

Waliser Jones neuer Trainer der NRU

$
0
0
Waliser Jones neuer Trainer der NRU

Von Olaf Mueller

Die Umstrukturierungsmaßnahmen des namibischen Rugby Verbands nehmen Formen an. Mit der Verpflichtung von Lyn Jones hat die Currie Cup Mannschaft der Welwitschias einen neuen Chef-Trainer. Der Verband setzt auch im Jahr 2017 auf Zweigleisigkeit. So wird es eine A-Mannschaft geben, die von dem bisherigen Coach Phil Davis angeleitet wird.

Der walisische Landsmann von Davis, Jones übernimmt das Amt von John Williams, der bisher als Trainer für das Currie Cup Team verantwortlich war. Dieser hatte sich entschieden zurück in die Heimat Südafrika zu kehren und steht dem Verband somit nicht mehr zur Verfügung

Laut der Geschäftsführerin der NRU, Elizma Theron, hat Jones einen beachtlichen Lebenslauf mit Stationen in Abu Dhabi und bei Vereinen in Europa vorzuweisen. „Das war der Ausschlag für die Entscheidung gewesen“, so Theron. Jones war zudem Spieler der walisischen Nationalmannschaft.

Der 52-Jährige freut sich auf die Herausforderung. „Eine Mannschaft zu trainieren, die an einem der renommiertesten Wettbewerben wie dem Currie Cup teilnimmt, ist eine tolle Gelegenheit. Diese Möglichkeit kann man sich einfach nicht entgehen lassen.“ Der neue am Spielfeldrand führte weiter aus, dass „Phil Davies Pläne mit der NRU sehr beeindruckend und sehr detailliert sind.“ Ich werde alles aus mir herausholen, um diese Vision zu realisieren“, so Jones weiter.

„In 22 Jahren Trainertätigkeit, war es für mich immer wichtig, den jungen Spielern aufzuzeigen, was für ein Potential in ihnen steckt. Davies hat mir eine solche junge und talentierte Mannschaft an die Hand gegeben.“ Jones bestätigte weiter, dass er es gar nicht mehr abwarten könne, endlich anzufangen.

Die beiden Waliser kennen sich gut. Sie Spielten sowohl für das Klub-Team Llanelli als auch die National-Mannschaft zusammen. Jones hat mehrere nationale Titel und trainierte in England den Squad von London Welsh. Laut Davies wird der neue Übungsleiter „viel Erfahrung“ mitbringen von dem die NRU profitieren wird.

Der Cheftrainer und Direktor der NRU lobte außerdem das taktische und technische Fachwissen von Jones. „Wir glauben daran, dass Jones sein Verständnis an die Organisation und die Spieler weitergeben kann, um die Weiterentwicklung des Rugbysports in Namibia voranzutreiben.“

Laut Theron wird der Trainer ab nächsten Februar wahrnehmen. Die Welwitschias befinden sich schon in der Vorbereitungsphase. Das ist auch ein Teil der Umstrukturierung des Verbands, der kürzlich an die Spieler appellierte und ein Umdenken gefordert hatte. Der Fitness-Trainer der NRU Wayne Proctor hatte eingefordert, dass die Spieler der National-Mannschaft sich zwölf Monate im Jahr ganz ihrem Sport widmen.

Obwohl die Termine für den Cup 2017 noch nicht feststehen, setzt der Verband darauf bereits vor dem Saisonbeginn die volle Fitness zu besitzen. Dabei werden die Welwitschias wahrscheinlich wieder in der Vorrunde auf 14 Mannschaften treffen. Danach spielen die ersten neun Teams der Tabelle in der Premier Division um den Titel. Die unteren sechs Mannschaften spielen ebenfalls in einer Art Trostrunde um den Sieg in der „Zweiten Division“.

Neben der Neuverpflichtung setzt der Verband jetzt auf ein Leistungszentrum. Die sogenannte Rugby Akademie soll den Nachwuchstalenten den Weg in den professionellen Leistungssport. Außerdem will die NRU mit der Etablierung des Rugbysports in den Schulen eine breitere Masse ansprechen. Zusätzlich will man das 7er Rugby viel mehr fördern Theron und ihre Mannen haben also alle Hände voll zu tun.

Olaf Mueller

Phil Davies help Worcester as konsultant

$
0
0
Phil Davies help Worcester as konsultant

Die rugbyklub Worcester Warriors het Namibië se nasionale afrigter Phil Davies op ’n kort termyn leenooreenkoms betrek.

Die voormalige slot en agtsteman van Wallis was op Tweede Kersdag op die kantlyn toe Worcester sy wegwedstryd teen Bristol met 20-28 verloor het.

Bristol is onderaan die puntelys van die Engelse premierliga, maar is nou danksy sy eerste oorwinning hierdie seisoen net twee punte agter Worcester. Die wenspan moes met 14 spelers oor die weg kom toe hul Samoaanse senter Tusi Pisi ná net 14 minute afgestuur is.

Beide klubs sal in hul oorblywende wedstryde desperaat wees om relegasie af te weer.

Davies het reeds tussen 2010 en 2012 as the Warriors se voorspeler-afrigter opgetree.

“Phil het aan boord gekom as ’n konsultant vir ons afrigtingspan,” het die hoofafrigter Carl Hogg vandeeswqeek aan die Worcester News gesê.

“Phil is iemand vir wie ek reeds lank ken en met wie ek tevore gewerk het. Ek vertrou hom volkome en hy ondersteun my met ’n onafhanklike oogpunt. Hy sal op ’n tydelike leenbasis aan ons verbonde wees.”

Davies is die afgelope 18 maande die hoofafrigter van Namibië se nasionale span. Hy was onder meer aan die stuur vir die 2015 Wêreldbeker-veldtog in Engeland waar Namibië vir die eerste keer ’n ligapunt verdien het deur met 16-17 teen Georgië te verloor.

Die 53-jarige Davies het tevore ook by Leeds Tykes, die Scarlets en Cardiff Blues.

Tags: 
Andrew Poolman
Viewing all 263 articles
Browse latest View live