Quantcast
Channel: NMH Rugby
Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Aanval in spasie is die wagwoord

$
0
0
Aanval in spasie is die wagwoord

Andrew Poolman - Vince Dreyer beskou hom as ’n meer afgeronde rugby-afrigter ná sy onlangse besoek aan Nieu-Seeland en het reeds op die oefenveld sy filosofie in werking begin stel.
Terwyl sy Windhoek Gimnasium-spanne die afgelope naweek sake by die Trustco United tienmantoernooi oorheers het, was dit opsigtelik hoe dikwels die spelers hul aangeë na beide kante met een hand weggestuur het – in die styl wat die res van die wêreld vir Sonny Bill Williams probeer nadoen.
Dreyer was in Januarie die enigste Namibiër by die Internasionale Rugby-akademie se hoëprestasiekursus in Palmerston North, Nieu-Seeland.
Vir twee weke het ’n string bekende voormalige All Black-spelers soos Mike Brewer, Greg Somerville, Chris Jack, Rodney So’oialo, Murray Mexted, Justin Marshall, Eroni Clarke, Pita Alatini, Jeff Wilson en Christian Cullen insette by die kursus gelewer.
Dit was benewens Graham Henry, Wayne Smith en die 61-jarige skrumdokter Mike Cron uit die All Blacks se hoogs suksesvolle afrigterskorps van die laaste aantal jare.
Dreyer (37) is die direkteur van rugby en hoofafrigter van Windhoek Gimnasium se eerste rugbyspan, wat in 2014 vir die eerste keer die Momentum o.19 Superliga gewen het en die titel verlede jaar met ’n sege teen Tsumeb Gimnasium behou het.
In klubrugby is hy dié seisoen ook die agterlyn-afrigter van Trustco United.
“Dit was nie soos jou tradisionele vlak 1, 2 en 3 kursusse nie.
“Hulle het na die hele proses van afrigting gekyk, insluitend die filosofie en fokuspunte wat veral op die verbetering van vaardighede is. Dáár het ek baie geleer.
“Die Nieu-Seelanders doen dinge nie wesenlik anders as ons nie, maar hul benadering tot afrigting word baie vereenvoudig.”
Oor die Gimnasium-spelers se balhantering sê Dreyer: “Ons verwag altyd ons spelers in skole- of klubwedstryde moet sekere take kan uitvoer, maar ontwikkel ons rêrig daardie vaardigheid?
“Alles wat Nieu-Seelanders in hul wedstryde doen, is dinge wat hulle fisies oefen.
“Hulle neem byvoorbeeld ’n losskrum en trek die hele ding tegnies uitmekaar en oefen elke vaardigheid wat jy nodig kan hê om ’n bal op die grond terug te wen.
“Ons fokus vir die tienmantoernooi was om ons aangeë in die kontak weg te kry en ek glo ons kon dit in wed­strydsituasies lekker begin inoefen.
“Dit is maar net ’n voorbeeld hoe hulle dit in Nieu-Seeland doen. Dit geld nie net vir balhantering nie, maar ook lynstane, hoe jou voorrye beweeg, hoe vinnig jou springer in die lug kom, hoe jou haker ingooi, al daardie goed.”
Volgens Dreyer was nog ’n les hoedat by elke speler ingeoefen word om die groter prentjie te sien sodat hulle die regte besluite kan neem om die spasie aan te val.
“Dit is die eenvoudige vier pilare waarop hul rugby gebou word – spelers moet die vaardighede hê, hulle moet die situasie op die veld kan opsom, die regte besluit kan maak en die aksie dan uitvoer.”
Dreyer sê kundiges in die Kiwi’s se nasionale rugby- en krieketspanne het ook aandag aan geestelike taaiheid gegee.
“Ons was soggens van agtuur tot 21:00 besig. Dit was fantasties. Elke deelnemer moes ook fisies as afrigter optree vir spelersgroepe wat deel van die hoëprestasie-program is en wat in wedstryde betrokke was. Ek kan jou belowe dit was nie ’n vakansie nie.”
Die kursus het vir Dreyer groter duidelikheid gegee hoe om sy jarelange strewe te bereik vir sy spanne om aanvallende rugby te speel waarin die wydte van die veld gebruik word.

OU GEWOONTES
Republikein wou weet of Dreyer enige gevestigde benaderings in Namibiese skole- en klubrugby sien wat hy reken afgeleer behoort te word.
“Ek dink ons raak partykeer so vasgevang om ’n patroon te volg, of in sekere situasies die kontakpunte op te stel. Nieu-Seeland ontwikkel die spelers om die spasie te kan lees en daarvolgens die regte besluite te neem.
“Ons skole- en klubspanne is nie altyd in daardie rigting ingestel nie. Ek dink ons kan meer doen om spelers te leer hoe om die spasie te lees en in die gapings aan te val.
“Daar was een of twee Suid-Afrikaners by die kursus en dit was opsigtelik hoe hul opsomming ook soms was om terug na die kontakpunt te neig, of om ’n baldraer as stampkar te gebruik.
“Ek glo die benadering om die aanvalspunt wyer te skuif, pas ook ons nasionale spanne. Namibië het goed gespeel by verlede jaar se Wêreldbeker en ek glo as ons kan leer om die opponente se verdediging te manipuleer om vir ons spasie te skep, kan ons meer van die groter spanne begin probleme gee.
“Argentinië het byvoorbeeld ook die aanpassing gemaak. Een van hierdie hoëprestasiesentrums is ook in Argentinië opgerig en ’n mens kan sien hoe hul aanvallende spel ontwikkel het. Ons almal kan leer uit die Kiwi’s se sukses.1396986481

Tags: 
Andrew Poolman

Viewing all articles
Browse latest Browse all 263

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!